Taxigeweld eis vyf

misdaadtoneel

Argieffoto

Vyf mense is Donderdag in Windmillpark in Boksburg, Gauteng in ʼn vermeende voorval van taxigeweld dood.

“Vier mense is op die toneel dood verklaar,” het William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, gesê. “ʼn Beseerde vrou is na ʼn hospitaal geneem en is met haar aankoms dood verklaar.”

Ntladi het gesê die eerste vier mense is doodgeskiet, terwyl die vrou beseer is nadat sy deur ʼn taxi getref is wat weggejaag het om van die skote te vlug.

Twee mense is ook geskiet en na die Natalspruit-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.