Taxi’s gaan staak oor ‘gebrekkige’ Covid-19-hulp

(Foto: Courtney Africa/ANA)

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het Sondag gesê hy het met kommer kennis geneem van die South African National Taxi Council (Santaco) se voorneme om Maandag te staak weens hul ontevredenheid met die reddingspakket wat vandeesweek vir die bedryf bekend gemaak is.

Mbalula het Vrydag aankondig dat ʼn reddingspakket van R1,3 miljard vir die taxibedryf bewillig is. Dit is verreweg een van die grooste hulppakkette aan enige Suid-Afrikaanse bedryf vir hulp om die gevolge van die Covid-19-pandemie en gevolglike afsonderingstydperk te help dra.

Streng maatreëls geld egter vir die uitbetaling van die geld en die proses word terselfdertyd gebruik om die taxibedryf te formaliseer. Voorwaardes sluit in dat ʼn taxionderneming wat wil kwalifiseer formeel as ʼn sakeonderneming geregistreer moet wees; dat die onderneming ʼn sakebankrekening moet hê waarin die geld betaal kan word en dat die onderneming vir inkomste- en ander verwante belasting geregistreer moet wees. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) behartig die uitbetalings.

Mbalula het ook gesê ʼn moratorium word op voertuigterugnemings geplaas en taxioperateurs se aanvanklike betalingsvakansie van een maand is met nog twee maande verleng.

Santaco het in reaksie op die aankondiging oor die hulppakket gesê hy gaan Maandag staak omdat die pakket hopeloos onvoldoende is. Volgens die vereniging word die geld verdeel tussen sowat 60 000 metertaxi’s, e-taxidienste en oorgrenstaxioperateurs. Die balans word dan aan ander taxi’s betaal en kom volgens Santaco neer op sowat R3 800 per taxi.

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, tydens Sondag se mediakonferensie. (Foto: Dept. van vervoer/Twitter)

Taxi’s eis ook dat hulle voortaan toegelaat moet word om 100% van hul passasierskapasiteit te vervoer. Hulle is ook ontevrede omdat die SAID die uitbetalingsproses bestuur.

Volgens Mbalula is die beoogde staking “ongelukkig en teenproduktief” en doen dit niks om die bedryf te help nie. “ʼn Staking gaan nie net die werkersklas negatief raak nie, maar ook die verwoesting van die ekonomie vererger.”

Die minister het gesê die besluit om die meer as ʼn miljard rand beskikbaar te stel, was nie ʼn maklike een nie. “Ons moes die bodem skraap om by dié bedrag uit te kom omdat ons glo die taxibedryf, wat die meeste van ons mense vervoer, verdien dit.

“Die werklikheid is dat daar geen geld meer beskikbaar is as dít wat die regering aangebied het nie.”

Hy het gesê watter steun ook al beskikbaar gestel word moet ten bate van die hele bedryf wees, insluitende die eienaar-operateur in ʼn landelike gebied wat ʼn enkele taxi het.

Mbalula het gesê hy neem kennis van die bedryf se besware oor die manier waarop die geld (deur die SAID) uitbetaal gaan word en dat hy teen Woensdag terugvoer oor die kwessie sal gee.

(Foto: Themba Hadebe/AP)

Die EFF het Sondag sy steun vir die beoogde staking gegee en gesê R5 000 [volgens die EFF se berekening] per taxi is nie naastenby genoeg nie. Die EFF sê elke taxi moet minstens R20 000 ontvang.

“In die land se hele vervoerstelsel is die taxibedryf in die beste posisie om welvaart te versprei. Dit is die naaste aan die laagste range van ons ekonomiese stelsel.”

Die EFF sê geld in die hande van taxibestuurders beteken dit gaan bestee word in die taxibedryf se onmiddellike omgewing, wat straatsmouse rondom taxistaanplekke insluit. “Dit gaan miljoene gesinne bevoordeel wat regte koopkrag gaan hê. Dit gaan aanvraag verhoog en tot meer handel in die ekonomie lei.”

Die party het ook ander klein sakeondernemings gevra om Maandag by die staking aan te sluit. “Die geld uit die Solidarity Fund moet afgewentel word en die vertrapte ondernemings heel onder help – veral dié in swart gemeenskappe wat nooit enige hulp kry van banke wat deur wit mense oorheers en besit word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

RB ·

En intussen dra hul nie n pennie by tot staatskoffers nie!!

Dis ook net vir hulle wat hierdie ding sin maak want hòè jy dit ookal redeneer, daar is geen logika aan hierdie hulp ten koste van ander, soos boere!!
Hulle kry die horries wanneer hulle met diere vergelyk word.
Moenie asb nie intelligensie weer so beledig nie!

SomeOne ·

hoe gaan taxi dienste se inkomste bereken word, taxi eienaars het nog nooit belasting betaal nie en sal dit nooit doen nie

Nie Verbaas ·

Ag nou toe nou, in plaas van dankie skryf hulle alweer aan regering voor hoe dinge moet gebeur. ANC, julle is regtig slap en pateties.

Eerlik ·

Dis absoluut belaglik, as ek aan die stuur van sulke besluite was het hulle nie n sent gekry nie! Hulle veroorsaak die meeste ongelukke, het geen respek vir reels nie, put die pad ongelukke fonds uit, betaal geen belasting, kry petrol/diesel voordele en so kan ek aangaan!

Magda ·

MEESTE ONGELUKKE ASOOK DIE MEESTE PAD STERFTES – KLOMP MOORDENAARS OP WIELE EN KOM NIKS OOR NIE. EIENAARS SOWEL AS DIE BESTUURDERS – WONDER REGTIG HOEVEEL POLITIEKE AMPTENARE IS TAXI EIENAARS – KOM MAROELA WEES NOU REGVERDIG EN WYS WIE IS ALMAL DIE TAXI EIENAARS!!!!!!!

Johann ·

Betaal nie belasting nie…vrygestel van tolgelde…lewensgevaarlike pad misbruikers… ANC in die sak…lekker man lekker.

Anel ·

Kan mense so ondankbaar wees? Daar is mense wat nie mag werk nie, wat geen inkomste het nie, maar die padmoordenaars kla met die witbrood onder die arm. Moet sommer nie vir hulle die geld gee nie. En die eff moet ook maar ophou om sy vrot eier te lê. Hoeveel het hulle al bygedra, dan kan hulle dalk weer iets sê!!!!

Jaco ·

daars skielik darem baie pakkette vir taxis, vir die toerismebedryf, vir werkloses wat nie ander grants kry nie en selfs vir immigrante uit res van Afrika. hoe lank gaan hierdie uitbetalings aanhou? weet die regering dat dit nie onbepaald kan aanhou nie maar dat dit op n dag gaan op wees? En weet die ontvangers van hierdie geld dieselfde? Dit mag nou wel our people wees wat dit gee vir our people, maar as alles daaroor nie duidelik uitgespel word nie, dan gaan our people dalk nog in opstand kom teen our people.

Mariana ·

Ag genade die ewige swart en wit van die EFF. Altyd dieselfde storie en nou is dit maar weer die verontregdes…….

Piet ·

Daars geld vir Taxis maar GEEN hulp, vir Die BOER wat sorg vir kos op die rakke nie,,,

Sarel ·

My goeie Blik….. daar is hoeveel mense wat hullw werk verloor het en nog gaan verloor.. Klein Besighede wat deure toegemaak het. Taxi’s het nog deurentyd inkomste verdien en so pas R1,3 Miljard ontvang.

Eish ·

Ek verstaan nou nie lekker nie….. die EFF vra dat die grendeltydperk verleng word sodat meer besighede kan toemaak en minder belasting ontvang kan word, en meer mense hulle werk verloor… en nou lees ek die EFF eis die taxi’s moet meer geld kry? Van waar gehasie?

Dals ·

My magtig – wat het geword van die treine??? – as die regering wakker skrik en die treine laat loop sal daar baie minder ontwrigting wees. Die Taxi’s word toegelaat om die oorhand te kry as gevolg van die gebrekkige openbare vervoerstelsel.

TRP ·

Ek dink werklik dit is redelik, jy kan hulp as jy ‘n belastingbetaler is PUNT.

Scalla ·

Alle dokumentere bewys moet eers voorgele word voordat daar in aanmerking gekom kan word soos bewys van belastigpligtige met rekords op datum, geen uitstaande boetes, padwaardigheidsetrifikaat ens.

Francois ·

Taxi eienaars soek meer geld. Hulle betaal geen tax soos ons wettig verplig word. Waarom word my tax geld gebruik om hulle te help. Die regering wil my nie eens help met my eie tax geld wat ek moes betaal so ek stem laat hulle registreer vir n besigheid en gee hulle eers n tax nr

Fedup ·

So? Why don’t we get support for maintenance and gas on our vehicles? Why should those death traps be helped?
This circus is inherently incompetent, and no matter what task it is assigned, it will do it in the most expensive and inefficient way possible.

Piet parys ·

Aangesien soveel mense hulle werk verloor oor die 50 % een van die dae werkloos . So dan beteken dit mos daar is 50 % te veel taxi s . So waar wil die mense heen ry sonder geld . N Taxi is mos veronderstel om heeldag deur mense te vervoer . Gaan kyk hoe baie taxi s wag by staanplekke vir kliente . SO WERK DIE PRENTJIE UIT . ……………. BELAGLIK NÊ

Eragrostis ·

Ek dog dan alle landsburgers word in die grondwet as gelyk beskou. Hoekom was die taxibedryf (swartes, om meer spesifiek te wees) al die jare vrygestel van belasting? Dis dan ń besigheid soos enige ander een. Kan daar nie terugwerkend belasting van hulle verhaal word nie. Dis die regte ding om te doen. Ek moet belasting betaal om hulle te onderhou, en dan het hulle die vermetelheid om daarteen te betoog! Arrogant.

Selfs in die Bybel word daar oor hierdie kwessie gepraat – Hoe kan jy oes waar jy nie gesaai het nie? Weereens ń tipiese Afrika-mentaliteit dat alles gratis moet wees. Dis maar net weereens die ANC se kommunistiese bestel wat hier uitgebeeld word in George Orwell se boek Animal Farm – “All animals are equal, but some animals are more equal than other animals.”.

Yolandie ·

I demand, I demand, I want……give it to me for free please. Ja snaaks hoe belastingbetalers se geld gegee word aan ‘n bedryf wat nie ‘n sent belastinggeld betaal nie. En die EFF het ook ‘n eier te lê oor absoluut alles. Niks konstruktief nie, hulle soek net maniere om die land verder in die “gutter” te kry en so gou moontlik. Ou Malema’tjie lewe in weelde op die geld wat partylede aan hom betaal om te sit en NIKS doen nie. Lekker in SA ou Malema’tjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.