Taxi’s moet ‘herbesin oor wetteloosheid’ – Mbalula

‘n Taxi-staanplek in Durban word afgespuit. (Foto: Bongani Mbatha/AP)

Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, het ʼn beroep op taxi’s gedoen om hul besluit om taxi’s heeltemal vol passasiers te laai, te heroorweeg.

Dit nadat die Suid-Afrikaanse taxi-vereniging Santaco Sondag gesê het taxibestuurders gaan van Maandag weer 100% van hul vervoerkapasiteit benut. Die vereniging het ook taxibestuurders wat passasiers oor lang afstande vervoer, aangesê om dié bedrywighede te hervat sonder die nodige permitte.

“Ek doen ʼn beroep op die leierskap van die bedryf om te besin oor die aanhitsing tot wetteloosheid wat op ʼn botsing tussen hul bestuurders en passasiers en wetstoepassingsowerhede gaan afstuur,” het Mbalula gesê.

“Ons het ons steun gegee vir ʼn hersiening van die laaikapasiteit tot 100%, maar tot die huidige bepalings hersien word, is die wettige kapasiteit 70% en kan dit deur wetstoepassers afgedwing word.”

Vlak 3 van die afsonderingsregulasies bepaal dat taxibestuurders tans tot 70% van die voertuie se kapasiteit beperk word.

Volgens Mbalula is die regering verbind tot verdere besprekings met die bedryf, maar dat enige ontevredenheid binne die wettige raamwerk te kenne gegee moet word. “Ons veroordeel enige oproep wat taxioperateurs aanmoedig om die wet te oortree en wetteloosheid te bevorder ten sterkste.”

Nadat Mbalula aanvanklik verlede week met die ontevrede taxibedryf vergader het, kon ʼn vergadering oor hul griewe weens “onvoorsiene omstandighede” Donderdag nie voortgaan nie.

‘n Polisiebeampte gaan ‘n motoris in Kaapstad se besonderhede na. (Foto: Nardus Engelbrecht/AP)

“Dit is ongelukkig en betreurenswaardig dat die leiers van die taxibedryf gekies het om die wet te oortree, taxi’s vol passasiers te laai en interprovinsiale bedrywighede sonder die nodige permitte te hervat, eerder as om te wag vir ʼn besluit oor die kwessies wat hulle geopper het.”

Volgens Mbalula het die regering ʼn verantwoordelikheid om te verseker alle maatreëls is ingestel om die verspreiding van Covid-19 te verminder, menselewens te red en ʼn onbeheerste verspreiding van die virus te voorkom.

Hy het gesê ʼn besluit oor die laaikapasiteit van taxi’s en interprovinsiale reise moet dus gesamentlik geneem word.

Philip Taaibosch, Santaco se president, hou egter voet by stuk taxi’s op langafstandroetes gaan hul bedrywighede sonder permitte hervat.

Hy het ook gewaarsku as enige taxi deur wetstoepassers voorgekeer en geskut word, alle taxi’s landwyd gaan stilhou net waar hulle is totdat die taxi wat geskut is, vrygestel word.

Taaibosch het gesê taxibestuurders sal steeds die nodige veiligheidsmaatreëls soos die dra van maskers en die ontsmetting van taxi’s toepas om die veiligheid van pendelaars te verseker.

Maroela Media het vroeër berig Mbalula het voorheen aangekondig dat ʼn reddingspakket van R1,3 miljard vir die taxibedryf bewillig is. Dit is verreweg een van die grootste hulppakkette aan enige Suid-Afrikaanse bedryf om die uitwerking van die Covid-19-pandemie en gevolglike afsonderingstydperk te verlig.

Santaco het egter gesê die hulppakket is onvoldoende. Duisende pendelaars is verlede Maandag gestrand gelaat nadat taxibestuurders oor die pakket gestaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter ·

Ons rokers moet maak soos die taxis die regering dink hulle kan maak soos hulle wil. Ons moet standpunt in neem en se genoeg is nou genoeg.

Snowball ·

Mbalula is onbevoeg. Dáár lê die oorsprong van die probleem. Vergadering op vergadering word uitgestel. Mens sou dink dié saak is prioriteit vir hom. Groot praat maar weinig wol, soos gewoonlik.

JohanR ·

Snowball…..dink in Cyril se volgende kabinets skommeling gaan Mbalulu minister van samewerkende regering en tradisionele sake word, en Dr Nkosazana Dlamini-Zuma minister van vervoer. En daar val ek van my stoel af van die lag!

Pieter J ·

Die taxis kom mos al jare weg met al hul onwettighede terwyl die regering anderpad kyk so hul gaan hulle nie nou aan die minister steur nie. Ek sal graag wil sien of die regering gaan probeer om hierdie monster te keer wat hy self geskep het.

Mallie ·

Die taxi’s volg in elk geval net hulle eie kop en maak soos hulle wil. Hier kom groot drama.

Daleen ·

Maar hulle was nog ALTYD toegelaat om wetteloos te wees en te maak wat hulle wil wat is julle nou so ontsteld ou Fikile? Hulle het nog nooit iets vir die wet of die mense wat in die taxi’s ry se lewens gevoel nie. Hopenlik het die passasiers meer verstand en weier om ‘n taxi 100% vol te maak.

Wikus ·

Ek twyfel…passasiers van taxi’s is juis deel vd probleem, hulle sit baie keer agter die wettelose gedrag van taxi bestuurders.

Fedup ·

Why fikile? Never has anything been done about these death traps. Now you want to hoopla about capacity? They are above any law, thanx to you.
Honestly.

Jandup ·

Huidiglik doen die taxis in elk geval net wat hulle wil. Geen verkeersreels is op hulle van toepassing. In ons dorp parkeer hulle binne ‘n verkeer sirkel. Hulle parkeer twee lane vol voor die mall. Stopstrate word net eenvodig geignoreer. Rooi robotte ook. Sperstrepe word ook net geminag.
Wat doen die plaaslike wetstoepassing beamptes? Kyk ander pad. SAPS verwys jou na verkeer en andersom. Nie een is bereid om standpunt in te neem om iets omtrent die probleem te doen.
Dit is tyd dat ons saamstaan en die verkeer afdeling vasvat om hulle werk te doen. Ons betaal immers hulle salarisse.

Michael 1 ·

Ek wens afrikaans sprekende mense kon so saamstaan oor plaasmoorde “julle stop dit en erken die probleem of ons le die land lam”

Trotse Boervrou ·

Moet “kan dit deur wetstoepassers afgedwing word” nie eerder lui SAL dit deur wetstoepassers afgedwing word nie? M.a.w. daar is ‘n grys area. My voorspelling is dat die taxibedryf net sal voortgaan (soos hul self te kenne gegee het) sonder enige gevolge. Indien dit wel die geval gaan wees is my mening die volgende: wat vir een mens of bedryf goed is is vir alle mense of bedrywe goed.

Genis ·

Niks nuuts nie, die taxi’s is nog altyd toegelaat om te doen wat hulle wil.. word ook kwytgeskel op sekere goed, soos e-tol..

MakersMark ·

Ek is seker tussen mbaks en hoed sal hulle al die wetsoortreders arresteer en die wetsoortreding onmiddelik stopsit.

Pieter ·

“kan dit deur wetstoepassers afgedwing word.” Asseblief, verkeerspolisie is te bang vir taxi’s, hulle teiken eerder die wetsgehoorsame wittes. Geen taxi gaan beboet word vir te veel mense nie, en wanneer een weer verongeluk en baie mense sterf, asook die onskuldiges in die ander voertuig, gaan die anc weer sy “skok” uitspreek.

Jaco ·

SANTACO, AND Mbalula. Almal our people. Maar daar is onmin tussen hulle. Vreemd. Ek sou wel Mbalula se optrede amper verwag het as SANTACO wit was.

Tino ·

Dalk moet jy net eers vir die vergadering opdaag Fikile!

Laat die bloed vloei, julle reguleer en doen nog nooit genoeg wetstoepassing op die Taxis nie. Hoe gaan julle nou begin? Hulle maak nog altyd soos hulle wil, al verskil is dat hulle julle nou se hulle gaan maak soos hul wil en nie soos jy se nie

Gemaskerde Sopbeen ·

HAHAHA. Mnr Mbalula van watter planeet is jy? Dink jy regtig hulle gaan saamwerk omdat jy mooi vra?

Estelle ·

Wat nou van BLM? So die passasiers se lewens is nie belangrik vir die taxi bestuurders nie?? Hul mag hul eie mense se dood veroorsaak en dis aanvaarbaar!!

Sakkie ·

Ons moet almal maak soos die taxis todat die belaglike reels end kry

daniel ·

Maar net nog n bewys van die probleme wat onaanwendbaar is waar oorbevolking hoogty vier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.