Taxi’s sper strate in Centurion af

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Minibustaxi’s het Vrydagmiddag strate in Centurion versper nadat ʼn dispuut oor roetes tussen die onderskeie taxi-eienaars glo ontstaan het.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê die taxi’s het gedeeltes van Lenchenlaan, Hendrik Verwoerd-rylaan en South-straat afgesper.

“Die polisie het baie vinnig gereageer en daar was dadelik ʼn groot polisieteenwoordigheid in die area. Daarom is alles baie kalm en onder beheer. Gerugte van geweld in die gebied is glad nie waar nie. Niemand is in hegtenis geneem nie,” het sy gesê.

Volgens Weilbach is die polisie tans besig om met die taxi-eienaars te onderhandel en sal die polisie eers onttrek sodra die situasie opgelos is.

“Motoriste word aanbeveel om eerder van alternatiewe roetes gebruik te maak en die gebied te vermy aangesien daar nou druk verkeer in die area is,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pierre Celliers ·

Help my asb reg. Taxis versper die strate onwettig. Wat is daar om te onderhandel???
Hulle oortree die wet, arresteer hulle! Waarom moet motoriste ompaaie ry oor die taxis se hardkoppigheid????!! Sinneloos!!! Is die polisie bang vir hulle of wat???!

Stef ·

Die taxis IS die wet. Konfronteer een van hulle en hy trek pistool. Die polisie is bang vir hulle. Leef daarmee, dis ons lot in die nuwe SA.

Hettie ·

Ja, ek stem saam Pierre Celliers en Stef! Ja defentief polisie is bang vir hulle! Taxis maak soos hulle wil waar hulle mag ry! Ons ry en is gehoorsaam aan wet en padreels! Taxis se lisensie moet afsny word en moet gaan leer om wet en padreels te ken! Ongeluk Taxis is baie ongeduldig!

Inkz ·

Waar kan ons sulke tipe gedrag raporteer? Hul vermy eenvoudig die rooiligte en dit veroorsaak dat mens tot 20min stilstaan en toekyk hoe verkeersligte verander van rooi na groen en niemamd kan beweeg nie. Later maak alle bestuurders soos hul wil en vermy links en regs verskeersreëls. Ek verstaan soms waar padwoede en geweld vandaan kom. Ons bly ook in Centurion area maar ervaar dit elke dag in Midrand/Jhb ook.

Edwards Strick ·

Onderhandel, wys my ń land waar mense die wet mag ootree en dan mag jy onderhandel? Taxis mag mos in enige laan ry, robots skip, mense uit die pad druk om in ń ander laan te kom. O, ja en onthou ń Taxi en Busse is nie deel van die E Tol skema nie. Nou vra ek jou hoe kan iemand wat op die pad besigheid doen bevoordeel word? Ja nee, net in Suid Afrika kan ń Taxi maak nes hulle wil.

J ·

Ek het gister in Centurion in daai verkeer gesit. Daar was geen SAP teenwoordig nie. Daar was sekuriteits maatskappye. Hulle het tussen die verkeer deur beweeg om seker te maak dat motoriste veilig is en ook aangedui waar om te ry.

AB ·

ek was in daai verkeer. Daar was nerens n polisieman tersprake nie, slegs sekuriteits maatskappye!! En die taxis moet regtig bykom….

CHRISTA ·

Hulle sal NIKS aan hierdie onwettige optrede van die taxi’s doen nie! Gaan doen net navorsing en julle sal sien hoeveel van die ANC se stadsraadslede is SELF eienaars van hierdie taxi’s!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.