Taxi’s uitgebrand tydens geweld in Jhb-middestad

Geweld het Saterdag tussen twee taxiverenigings in die Johannesburgse middestad uitgebreek en daartoe gelei dat minstens vier minibustaxi’s uitgebrand is.

Die voorval het naby die Carlton-sentrum plaasgevind en minstens ses ander taxi’s is ook beskadig.

Die geweld het gevolg nadat taxibestuurders van die Witwatersrand African Taxi Association (WATA) en die Nancefield Dube West Association (Nanduwe) slaags geraak het. Geen beserings is aangemeld nie.

Die polisie het nog geen verdagtes in hegtenis geneem nie en die provinsiale ondersoekeenheid ondersoek die voorval. Sake van kwaadwillige saakbeskadiging is aanhangig gemaak.

Jacob Mamabolo, Gautengse LUR vir vervoer, het die voorval van taxigeweld ten sterkste veroordeel.

“Dit ondermyn die werk wat die departement saam met die taxibedryf gedoen het om die situasie in die provinsie te stabiliseer. Ons doen ʼn beroep op wetstoepassers om spoedig diegene wat agter die geweld is, aan die pen te laat ry.”

Die spanning tussen die twee taxiverenigings hou glo verband met spesifieke roetes. Volgens die polisie is twee taxibestuurders Vrydag aangerand.

“Ons doen ʼn beroep op die taxibedryf om van geweld af te sien. Hulle leierskap moet verantwoordelikheid neem en dit beëindig,” het Mamabolo bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Magda ·

Brand af en kry klaar. Dit raak ook nou afgesaag. Regtig. Bou n brug en kom oor dit of word groot.

Duck ·

Bla bla bla, PE, Eastern Cape, Western Cape en nou J’burg, dit is nou soos die bendes hier in die Kaap, as jy maar lees is daar ‘n paar wat mekaar uithaal oor drugs en so voort. So verminder hul mekaar, selfde met die Taxi’s. Net jammer daar is altyd ‘n dwaal koeèl wat ‘n onskuldige siel tref

Hennie ·

Ek dink nie meer daar is onskuldige siele in Johannesburg se middestad nie!

Hondjie ·

More strike dit weer dat alle taxies vervang moet word of hulle bring n stad weer tot stilstand.hulle worry net oor hul self

Dries ·

Dit is die ongeskrewe reël. As jy ongelukkig is gryp die vuurhoutjies

AW ·

Sulke geweld, onluste, en wat nog meer is n Wonderlike getuienis van die mens in Suid Afrika.

Welgedaan , hou so aan !!

Hoekom ·

Geen wet en orde onder die ANCartel nie, hulle enigste prioriteit is om meer geld vanaf Suid Afrika te steel…
ANC moet uit!!

Blikke ·

Darem is daar nou n paar taxis minder om oor te worry op die paaie!!

annie ·

… sê… sê… sê… Word versekeringsgeld telkens uitbetaal vir al die skade? En dan word alles rondom ook beskadig. En môre ry meneer weer almal in sy pad plat op sy pad na rykdom. Miljoene taxis op ons paaie…vir miljoene der miljoene reisigers van hot na haar… Waar in die wêreld gaan dit nog so lekker en dan kla Suid-Afrikaders dat hul so ly…

Pietertjie ·

Hoekom mor almal so? Dis mos waarvoor hulle gestem het!

Di ·

Hierdie kan slegs voor die ANC Kaders se deur gele word. Hulle het hierdie monster geskep so hulle moet met die gevolge saamleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.