Taxi’s verhoed 5 000 kinders om skool te gaan

David Maynier (Foto: David Maynier/Twitter)

Die Wes-Kaapse departement van onderwys sê dit is onaanvaarbaar dat ʼn onwettige padblokkade deur minibustaxi-verenigings Maandag tot só mate verskerp is dat meer as 5 000 leerders verhoed is om skool toe te gaan in Khayelitsha en ander buurte.

“Lede van taxi-verenigings het gekontrakteerde bestuurders gedreig en geteister om hulle te verhoed om die leerders te vervoer,” het minister David Maynier in ʼn verklaring gesê. “Dit is ʼn poging om vervoerkontrakte te bekom en geld te buit uit die Wes-Kaapse departement van onderwys.”

Maynier sê die “taxi-mafia” het nou hul optrede verskerp deur te dreig om leerders van enige vervoer “af te haal” wat nie deur dié verenigings bedryf word nie, insluitend ouers in motors wat alles in hul vermoë doen om hul kinders veilig by die skool te kry.

“Ouers moet nou die verskriklike keuse maak om hul kinders veilig te hou of om seker te maak dat hulle opvoeding kan voortgaan. Hulle moet nooit tussen dié twee hoef te kies nie,” sê Maynier.

“Ons skole spook ook om seker te maak dat die leerders nie te ver agter raak nie en ons bedank hulle vir hul pogings om werkspakkette saam te stel en in kontak te bly met die ouers. Wat die taxi-verenigings doen is ʼn misdaad en dit kan nie geregverdig word deur enige van die valse bewerings wat hulle aan die media gemaak het nie.”

Maynier sê die departement het Maandag ʼn produktiewe vergadering gehad met die provinsiale leierskap van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ʼn plan van aksie is aanvaar wat insluit dat die SAPD sal seker maak dat die misdadigheid tot ʼn einde kom.

“Ons is ook besig om ʼn strafregtelike klag in te dien teen die taxi-verenigings by die SAPD. Ons ondersoek ook die moontlikheid van ʼn dringende interdik om die blokkade te beëindig. Ons sal nie met enige taxi-vereniging vergader tensy die blokkade beëindig is en hulle ophou om ons ouers en ons kinders te terroriseer nie. Ons regering is verenig: ons onderhandel nie met ʼn vuurwapen teen die kop nie.”

Maynier sê die hoogste prioriteit bly die beste belange van die kinders in die provinsie en die taxi-verenigings tree direk teen die leerders se belange op.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Harley Davidson ·

Net nog ‘n onregverdige rasistiese reëling die regering subsideer vervoerkoste om voorheen benaadeelde kinders na skole te vervoer maar dit is nie beskore vir huidige benaadeelde kinders nie,en die wat hiervan kennis dra vra nie hoekom.

CHRISTINE ·

Die ANC is die voorbeeld.
Rassisties, jaloers en mafia-like.

Robert ·

Ek stem Flip. Ons weet wat die oplossing is maar moet dit vir onsself hou.

Jr ·

‘n Land van anarkie. Elke jan rap wat niemand is kan doen wat hulle wil en govt en polisie laat dit toe

Francois ·

Kaapstad, dis julle eie skuld. Julle het nie ag geslaan op hoe die taxis gauteng verwoes nie. Nou gebeur dit in die Kaap. Julle is gedoem. Julle het te laat geslaap. Dit moes al jare in die kiem gesmoor word. Dis juis hulle wat die oorsaak is dat daar nie meer busse ry en treine loop nie

Mallie ·

Verwyder al die taxis van die paaie af. Het enige yaxi bestuurder n wettige sertifikaat om passsiers te vervoer en mie net n rybewys nie.

christo ·

Die huidige chaotiese toestand is almal die ANC se maaksels. Die konstruksiebedryf mafia, die taxi mafia en noem maar op. Suid-Afrika is besig om soos Suid- Amerikaanse state word waar die mafia regeer.
Maynier is reg in die opsig dat mens die onderhandel met ‘n vuurwapen teen die kop nie. Ek wonder net waar is Ramaphosa se minister van vervoer…

Republikein in die Wes Kaap ·

In 2029 gaan die ANC die Wes Kaap oorneem. En in 2031 is die ANC in beheer van Kaapstad en die Tuinroete.

Papsak ·

Raak ontslae van al hierdie taxis want daar is baie wat seker nie eers licence het nie daarom gebeur sulke goed hulle oe mos dollars sien net geld geld

CHRISTINE ·

Dis nou ware ANC en Bheki Cele styl. Die son mag oor niemand skyn nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.