Taxi’s veroorsaak chaos in Durban

Verkeer Woensdag in Durban. Foto: Rescue Care Paramedics

Nooddienste in Durban het Woensdag hul hande vol gehad om by ongelukstonele uit te kom, motoriste moes erge verkeer verduur en duisende pendelaars is gestrand gelaat weens ʼn taxi-staking in die stad.

Lede van die taxi-organisasie Santaco het vroeg Woensdagoggend die strate ingevaar en versperrings op snelweë en hoofroetes veroorsaak. Honderde Santaco-lede het met hul taxi’s in konvooie gery na die Prospecton- industriële gebied, waar die voertuigvervaardiger Toyota se aanleg geleë is, om by die aanleg te betoog en ʼn griefstaat te oorhandig.

Santaco het Toyota in ʼn verklaring daarvan beskuldig dat die vervaardiger voertuie wat vir taxi’s gebruik word, se pryse opstoot. Volgens berigte is die industrie ontevrede omdat die Toyota Quantum 10 jaar gelede teen R220 000 ingevoer is en nou plaaslik teen R450 000, sonder rente, vervaardig word.

Intussen moes ʼn man wat die oggend kritieke beserings tydens ʼn voertuigongeluk opgedoen het, met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem word.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Crisis Medical Paramedics, het gesê die ongeluk het omstreeks 07:00 op die N2-snelweg naby Umdloti plaasgevind.

“ʼn Nissan 1400-bakkie het vermoedelik teen ʼn hoë spoed teen die agterkant van ʼn swaarvoertuig vasgery en die drie insittendes moes uit die wrak gesny word. Twee van die mans is met ernstige beserings in ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem.”

Hy het gesê weens die swaar verkeer in die omgewing en paaie wat versper was, is daar besluit om die man wat kritiek beseer is met ʼn helikopter van die departement van gesondheid na die Inkosi Albert Luthuli-hospitaal te neem.

Teen 09:20 kon Rescue Care Paramedics nie by ʼn ongelukstoneel in Prospecton uitkom nie weens paaie wat versper was. Hulle het bystand ontbied nadat ʼn bakkie en vragmotor op die N2 naby die Joynerweg-afrit gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van dié nooddienste het omstreeks 09:30 op dié toneel aangekom.

“ʼn Vrou wat die bakkie bestuur het, het vermoedelik vir ʼn betoger uitgeswaai wat glo in die pad gestaan het. Sy het beheer oor die bakkie verloor en teen die vragmotor gebots.”

Die vrou is met matige beserings na die Prince Mysheni-hospitaal geneem. Die presiese omstandighede rakende die botsing word ondersoek.

Die polisie en metropolisie is na probleemgebiede ontplooi om die situasie te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Hendrik ·

Wat is die probleem? Verwyder hierdie voertuie met panservoertuie en sluit die skuldiges toe?\!

Alet ·

Die regering is te bang vir hulle die dat hulle maak wat hulle wil

Jerome ·

Hierdie mense wat in die ongelukkig betrokke was moet sommer Santaco persoonlik dagvaar

vermeende ·

Hierdie behoort nie n probleem te wees nie, le beslag op dit wat gebruik word om n misdaad mee te pleeg en verkoop dit op n openbareveiling.
Daai ronde taxi bestuurder sal net een keer huis toe loop!

Alet ·

Hemel hulle is buite beheer. Hoe moet mens saam aan hierdie pragtige land van ons bou as hulle als afbreek verwoes en moor. Hoe kan mens saam hulle herenig?

William ·

Jy sien, hulle verstaan nie dat hulle die waarde van die rand verwoes het nie..
Dit is hoekom voertuie so duur is.
Die grootse probleem is nie-denkedes in die land.
Doen wat hulle wil, dan kla hulle dat als duurder is.

Kry lekker groot trok met stoomtrein ploeg voor, maak skoon.
Wie gee hulle die reg om paaie te versper?.
Genoeg is genoeg!..

Robert ·

Goeie voorstelle. Doen dit net. Moenie wag vir iemand anders nie…….

Arie ·

Ek stem 100% met van julle voorstelle saam.
Hierdie is gewoon KRIMINELE oortreding in stryd met bepalings van ons Grondwet waarvan ek en dan ook hulle gehoor MOET gee.

Elsa ·

sigbare weermag en polisie op alle paaie en arrestasies van onwettige taxi optredes….paaie is oral gevaarlik deur taxis wat padreëls nie nakom nie. operasie VASVAT moet begin

LOSGEMAAL ·

Al wat vasgevat gaan word is die wittes wat ‘n bietjie vinnig ry of wie se lisensies verval het, of wie se reverse ligte dalk nie brand nie. Die taxis gaan weereens niks oorkom nie. Dit is hoekom daar so baie taxi ongelukke is, hulle word nie vasgevat nie, en hulle gaan ook nie vasgevat word nie. Baie van die mense het nie eers ‘n vaste adres nie, so kry hulle’ n boete, gooi hulle hom net in die asdrom, hulle word nooit vervolg nie. Dit is nou ‘n LOOSING battle. Die bedryf word NIE gereguleer nie, elke Tom Dick and Harry het ‘n taxi, daar is nie veel vereistes daaraan nie .. jy kan sonder ‘n lisensie ook bestuur met ‘n onpadwaardige taxi met ‘n vice-grip as stuurwiel!

Belaglik ·

DIE STAKERS hou SA gevange, en NIE een polisiehoof of Weermaghoof of Minister het die GUTS om hierdie stakende brandende spul aan te vat nie. Hulle word heeltyd gepaai, al vernietig hulle alles om hulle en moet onskuldige mense daaronder ly, hulle voel ‘n veer. Die polisie staan terug dat die stakers oorneem, want hulle word ook gedreig sou hulle dalk net ‘n bietjie meer geweld gebruik as wat nodig is. Die STAKERS in SA RULE die land en die regering en die ekonomie, lekker vir ‘n ROMMELSTATUS! Koop dan ander bussies as die TOYOTA bussies nie meer vir jou werk nie. As ek ‘n ou Pajero gery het en die prys het so opgegaan dat ek nie ‘n nuwe een kan bekostig nie, verander ek van BRAND, ek gaan steek nie die plek aan die brand of betoog omdat ek nie meer ‘n nuwe een kan bekostig nie.

Chris Noordkus ·

Moenie vergeet nie, in hierdie land swaai die stert die hond!!

Nettie ·

Ja, Chris Noordkus, in hierdie land swaai die stert die hond – inderdaad! Maar onthou net: die land is ‘n Chihuahua met ‘n Rottweiler se stert – verwysende na die oormag anderskleurige inkomelinge, wat die minderheid blanke werksmag wat die land dra, rondfoeter.

Sam ·

En as jy hom vra wat was sy taxi fooi vir lokaal 10 jaar terug en hoekom is dit nou dubbel? Eish…. Kan regtig nie meer die redinasie van die tipe intelligensie hanteer nie.

jan van riebeeck ·

dit is verseker , hulle veroorsaak die probleem en dan moet die witmense weer pa staan vir dit

marous ·

Kry asb vir ons ‘n Zambier vir president , dan kan hulle die hele spul toesluit vir hoogverraad of sedisie. Stem ook vir ‘n Chinese minister van justisie , dan kan die ” laat staan hulle teen ‘n muur” strafstelsel teen verkragters , moordenaars , rowers en belasting geld stelers ingestel word. Orde sal nooit in die land geskied nie , want die heersers en hul lakeie se standaarde en integriteit is verrot.

Justice ·

Nou wat wil Santaco in elk geval met Toyota bereik? – `n Mors van goeie tyd en taxi eienaars se inkomstes vir die dag. `n Quantum taxi was 10 jaar gelede nie R220k maar R 214 600 btw inklusief. Pleks dat hulle iets aan die oorwerkte taxi bestuurders se salaris strukture doen. Die kommissie konsep gebasseer op die aantal ritte per dag is een van die bronne van spoed, roekeloosheid, wetteloosheid en ongelukke.

Mielie ·

Hulle moet hulle huiswerk deeglik doen….wie kry hoeveel kickbacks? Dis n kontrak met die regering en mens weet hoe hulle operate….

Lee ·

Is dit toelaatbaar dat die snelweë sommer so tot stilstand gebring en geblokeer kan word ??

boet van heerden ·

Shoe was vanoggend 3 ure in die verkeersknoop Daar is nou n gerug dat 600 Taxis vanmiddag by Prospecton gaan protesteer Kan iemand help om dit te bevestig asb

Snoefels ·

Moenie wag vir bevestiging nie, se vir jou baas jy is siek en ry vroeer, hoes en nies as jy moet, andersins wag maar soos sommige van ons tot hier na 18:00 voor jy huiswaarts keer.. jy mors in elk geval liters petrol en slytasie aan jou kar om so te sit en wag vir verkeer.

Mariette ·

Ek bly by die Joyner offramp het vanoggend 2 ure in verkeerd gesit moes omdraai en huis toe kom. Het die situasie vanaf my agterplaas dop gehou. Betogers het tussen die voertuie deur geloop en gesing en geskree. Daar was nie so baie polisie sigbaar nie Metro wel en die polisie helikopter wat in die lug was. Ek was verstom om te sien how babaars dit kan wees. Hoofpad is oop maar nou ons wat moes omdraai het n dag se salaris verloor. Mense het seer gekry hoeveel voertuie het gebreek danksy die lang wag.

Eish ·

Ai toggle, ek het lanklaas so lekker uit die maag kon lag! Ons is verby banana Republic. Die laaste 6000 jaar het die liewe Hemelse Vader die Homo Sapiens gelos want hy wil homself mos regeer. Hy kan eenvoudig nie. ” Man, proud man. Dressed in a little brief authority plays such fantastic tricks before high heaven as to make the angels weep”

JS ·

Mens wonder nogal hoe vêr die storie sal gaan voordat gewone mense, wat normaalweg wetsgehoorsaam is, net eenvoudig keelvol raak en self met geweld sulke padblokades opbreek en begin taxi’s uitbrand. Ons word geleer dat dit verkeerd is om die reg in eie hande te neem, maar as die polisie of weermag niks doen nie gaan mense self plan maak en dit gaan lelik eindig.

Theresa ·

Daardie gedagtes kom so nou en dan op van wat dan! maar, dis wat so onregverdig is (dalk ook maar iets om ironies genoeg dankbaar oor te wees) daar is nie oorlog verklaar nie. Indien wel, kan almal hulself verdedig. Nou kom dit so van eenkant af – die heeltyd – aanhoudend. Almal aan die huidige verloorkant moet baie sterk bly.

Eischhh! ·

Ja ai afrika wat n lekker wettelose land waar die leiers korrup is en net na hul eie belange omsien en die poliese lam gele word deur clueless leiers……
ARRESTEER DIE HELLE, HUL IS SOOS DIE MAFIA! Gee my hoop Johanna…

Basson ·

Hoop nie hulle trek ‘n Cape Cycle Tour op die Comrades Sondag nie :(

Ansie Geldenhuys ·

Ai , ons is bejaardes wat met die pad moet huis toe – na ‘n ontspanne vakansie by die see – Stresvlak nou hoog – alles pure verniet?

mari ·

Snaaks dat hulle Nooit staak as die petrol pryse opgaan nie!!! Dalk kry hulle petrol verniet??

Lukas vd Merwe ·

LUKAS VD MERWE. HALLOOOOOO! !!!! GOEIIEE MÔRE!!!!! Kom ek help julle net reg asseblief! !! Dis wet in SA wat verhoed dat wet en orde gehandhaaf word! !! Die polisie MAG nie inmeng nie, dit wys so op die TV, want sou die polisie inmeng en optree teen misdadigers sal die misdadigers optree teen die polisie, Die TV wys duidelik hoe speel die misdadigers woer-woer met die polisie. Moet nie eers n weermag optrede verwag nie. Daar is nie brandstof nie. Die misdadigers het nog elke keer gewen en skotvry uitgeloop. Dit wys so op die TV. Daar is nie meer enige veiligheids magte in SA oor nie. Almal wat iets nog kon doen en werklik optree teen misdadigers is direk na 1994 die trekpas geggee. En jammer, moet om die Groot Naam nie praat van mense nie. Die misdadigers klas nie onder mense nie. Praat eerder van die of daai. Noem die misdadigers enige iets wat jy wil, maar net nie mense. DIT VAL MY AS MENS ERNSTIG AAN. Sê dan eerder “human”, want dis pas by misdadigers en is n baie laer klas van die gemeenskap as mense! ! Dankie! !! ps. MOET NIE MEER WET EN ORDE VERWAG IN SA NIE, DAN MORS JY JOU KOSBARE TYD MY VRIEND! !!!

Ashlee ·

Lukas, dit pyn ouboet. Net om te sien, probeer verstaan, niks maak meer sin nie. Bid vir julle. Moet se, hier in die US of the A, hoop ons nog steeds met n branewyn links, n tjoppie regs.

Lukas vd Merwe ·

Ja daai kontant strokie wat jy nooit aanvra a jy petrol ingooi. Word verkoop aan pendel waens en dan eis julle daai rabbat terug wat Maneul ingestel het. Dis miljarde wat na die pendel waens toe gaan.

Johan. H. ·

Jy gaan eendag n outjie kry wat hierdie petalje aan die brand gaan steek,,, Wil jy daaie gaaos sien, Ek lag my dood,, wag dit kom… dan moet hulle nie huil nie!!

Walter ·

Is daar niemand nie wat hier die dom redenerings vermoe van bekrimte breinselle kan wys hoe die wereld werk??? Here staan my by asb!!

Jakobus ·

Wat ek wil weet is of die Quantum as Taxi gebruik mag word. Van wat ek ‘n klomp jaar gelede bewus was, is dat die voertuie se onderstelle was nie as passasiersvoertuie of dan as Taxis ontwerp nie, maar as paneelwa, wat toe daarna omskep is in Taxis. Dus is die sitplekke net aan die vloer vasgesit, terwyl daar ook nog gate vir vensters in die panele gesny is. Vandaar die goedkoop pryse. (Ek was destyds in die versekeringsbedryf betrokke en ons het toe al kennis daarvan gehad). Al die goed gaan oor veiligheid van die voertuig. Ek weet hier was so twee jaar gelede nog mense wat hieroor gegrom het.

Kan een van julle ouens wat werklik weet wat hier aangaan, enige lig op die saak werp? Kan Maroela dalk help?

Grieta ·

En terwyl julle daarmee besig is. Kry asb ook vir ons statistieke van ander voertuigpryse oor die afgelope 10 jaar. Maak n lekker grafiek sodat ons stygings per jaar kan sien. Dankie

Wilma ·

Wat ‘n onvolwasse kinderagtige redenasie. Hulle staak omdat Toyota hulle verneuk, maar Zuma verneuk die hele land en dis reg met hulle. Met die inflasiekoers raak dit alle voertuie nie net taxis nie. En wie moet hulle bedank, hulle President. Motors is oor die algemeen duur. Toyota is ook in elkgeval ‘n uitvloeisel van Jan van Riebeeck, hoekom bou hul nie hul eie fabriek en hul eie taxis nie- hulle is mos nou so slim. Of koop bloot net ‘n goedkoper alternatief. En wie de dinges is hulle om paaie en snelwee te blok. Dis omdat mense nie gestraf word vir hul dade nie dis hoekom dit so gaan en ja ons President Zuma stel mos die voorbeeld- Viva ANC. Ek bars sommer ‘n aar as ek sulke goed sien of lees. Dis erg genoeg dat mens elke dag op jou pad werk toe ook deur taxis verpes word in die verkeer. Toyota moet sommer ophou vervaardig want die mense wat die taxis bestuur is in elkgeval onbevoeg en ‘n gevaar op die pad en vir die samelewing.

SARIE VAN HEERDEN ·

Geen haan sal kraai oor die taxichaos nie en geen polisieman sal hulp verleen nie. Ek is verlede week DRIE keer gestop oor beuselagtighede want my voertuig is in puik toestand. Eerste was om te toets of al my ligte werk. Tweede was omdat jy voorste nommerplaat ontbreek want dis sonder my medewete deur iemand verwyder. Derde was om te sien of my ruitveers in werkende toestand is. Die enigste keer wat ek “skuldig” is is die nommerplaat waarvan ek onbewus was. Hoekom spits hul nie hul aandag toe op gevaarlike situasies nie?

Jan ·

Glo nie mense verstaan bose kringloop van stakings. Eers word gestaak vir meer geld en dan kry hulle dit. Dan verhoog verskaffer se pryse om die verhoging te kan gee. Nou word weer gestaak omdat pryse te hoog is. Nou wat nou ?????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.