Taxi’s versper pad in Kaapstad

Taxibestuurders het vir ‘n tweede keer paaie in Groenpunt in Kaapstad tydens ‘n onwettige betoging versper. (Foto: Arrive Alive via Twitter)

Die Stad Kaapstad sê hy voer samesprekings met taxibestuurders wat vanoggend ʼn tweede onwettige betoging by die lisensiekantoor by Gallows Hill in Groenpunt gehou het.

Die stad se verkeersdiens het 47 minibustaxi’s geskut van taxi-operateurs wat by die onwettige versperring betrokke was. Die polisie het drie mense in hegtenis geneem vir oproerige gedrag, het die Stad Kaapstad in ʼn verklaring gesê.

Die stad gaan ook vra dat die bedryflisensies van die eienaars van die taxi’s wat geskut is, opgeskort word.

“Hierdie is die tweede onwettige padversperring in soveel dae en die stad kan dit nie verder duld nie. Die optrede beteken daar kan nie te goeder trou samesprekings oor die taxi-operateurs se griewe gevoer word nie.

“Dit veroorsaak groot frustrasie onder motoriste en doen skade aan die ekonomie, iets wat ons kwalik kan bekostig,” het JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, gesê.

Stadsamptenare van die vervoerdepartement sou na verwagting vanmiddag met die betrokke taxiverenigings vergader.

“Die doel van die vergadering is om hulle griewe te bespreek, aangesien ons teenstrydige boodskappe kry oor die rede vir die betoging. Sodra ons meer besonderhede het, kan ons op die pad vorentoe besluit.

“Die besprekings moet gegrond wees op die vooropstelling dat die operateurs nie verdere onwettige betogings sal hou nie. Ek doen ʼn beroep op taxiverenigings om met hulle lede te praat, sodat ons hierdie dooiepunt so gou moontlik kan besleg,” het Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Nettie ·

Vat hulle, Flaffie!!!

Wys hulle: in dié provinsie maak julle nie soos julle lus het nie. Verbreek die wet, en julle agterente word gelooi.

Jannie ·

ONWETTIGE betogings is in die goeie, beskaafde ou dae met knuppels en/of skerppunt-ammunisie hanteer!! Die onbeheernare CHAOS in ons land sou baie maande gelede reeds op ‘n einde gewees het!!!

Cherokee ·

Dit is eenvoudig. Konfiskeer hul toeters en hulle sal hulpeloos wees.

Paaries ·

So midde in die verkiesingstyd? mmm laat mens nogal dink wie sit daar agter. Gaap! Benoude katte gee hoë spronge. Goed om te sien dat daar nog wet en orde iewers in ons ou droewige landjie is.

moedeloos ·

Laat hulle na hul provinsies teruggaan en vat sommer jul mense saam wat agter dit sit.
Hulle wil die Wes-Kaap ook opmors soos ander provinsies…Gaan terug waar jy vandaan kom, jy is onwelkom hier!!

CHAPPIES ·

MOOÍ SOOOO..!!!
Ja,konfiskeer hulle voertuie en lisensies en leer hulle wat is wet en orde!!

Akademi Buktu ·

Stuur hulle terug Oos-Kaap (Transkei & Ciskei) toe.

Welkom ·

Welkom in ‘n land waar TAXI’S die vervoerstelsel KAAP.
Daar is ‘n verkeersreël vir normale padgebruikers en daar is ‘n stel vir TAXI’S

Mnr. JP Smith,

erken tog maar julle weet nie hoe om TAXI’S te kan hanteer nie.

Hulle ry net soos hulle wil

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.