Taxistaanplekke dalk in Kaapstad gesluit oor voortgesette geweld

Bellville-taxistaanplek in Kaapstad (Foto: ANA/Henk Kruger)

Sekere taxistaanplekke in Kaapstad kan moontlik gesluit word as ʼn laaste uitweg in ʼn poging om die voortgesette geweld tussen opposisie-operateurs te stuit.

Bonginkosi Madikizela, LUR vir vervoer en openbare werke in die Wes-Kaap, het Sondag die skietery by Bellville-taxistaanplek die afgelope week veroordeel. Een passasier is dood en twee is ernstig beseer. Hy het sy meegevoel betuig met die families en die SAPD gemaan om die skieters so vinnig as moontlik aan te keer.

Die voorval Vrydagmiddag volg ná weke lange toenemende spanning en gewelddadige konflik tussen verenigings van die Cape Amalgamated Taxi Association (Cata) en die Congress of Democratic Taxi Associations (Codeta).

Madikizela vergader Maandag met leiers in die taxibedryf om die konflik tussen lede te bespreek. “Ek het ook ʼn dringende vergadering met beamptes van my departement en Stad Kaapstad belê om maatreëls te bespreek wat ingestel kan word om die veiligheid van pendelaars by die Bellville- en ander taxistaanplekke te verseker waar Cata en Codeta baklei oor kontrole oor roetes.”

Maatreëls sluit in dat sekere taxistaanplekke en roetes gesluit kan word indien die lewens van passasiers of lede van die publiek in gevaar is.

Sewe verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die skietery by Bellville. “Ek loof die polisie vir die goeie vordering wat gemaak word met ondersoeke oor taxi-verwante misdade en verskeie inhegtenisnemings in verband met ʼn skietery vroeër by die Bellville-taxistaanplek, versoek ek die polisie om die ‘meesterbreine’ te vervolg wat gewelddadige misdade beplan en orkestreer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elsa ·

Sien, die drank en sigarette se verbanning het niks te doen gehad met geweld nie. Als n pot twak.

Pieter ·

Dit sal nie gesluit word nie, want taxi unies het nie toestemming gegee nie.

JohanR ·

Verstaan daar is 300000 taxis in Suid Afrika, en grooi seker by die dag. Verby tyd dat taxi reels na gekyk word want hulle maak net soos hulle wil. Nie eers boetes skrik hulle meer af. Hy kry nou die boete en 2km verder doen hy maar die selfde ding vir wat hy die boete voor gekry het. Miskien ook tyd dat elke ou wat ‘n taxi bestuurder wil wees, deur ‘n Gevorderde Bestuurs Kursus moet gaan voordat hy of sy ‘n taxi straat toe kan vat.

Elsabe ·

Die bestuurder van die taxi is beslis nie die eienaar van die taxi. Vra hom sy besonderhede en jy kry ‘n bol tjol. Vervals m.a.w. Die registrasie-nommer van die voertuig is langs die pad opgetel of erens van ‘n ander voertuig afgehaal of dis vervals. Selde dat jy ‘n ten volle legit voertuig en bestuurder kry.

Snowball ·

Regeringsondersteunde mafia bendes wat bo vervolging en wet en orde, toegelaat word om te maak soos hulle wil. Nie eers ‘n pandemie kon hulle by reëls laat hou nie.

Gerrie ·

Voor die 1994 verkiesing is duisende van die Oos-Kaap af met busse aangery Wes-Kaap toe om ANC se stemgetalle aan te vul. Ek kyk na al die opstande en vernielsug en kan nie anders as om te dink daardie Oos-Kaapse migrante staan in die midde daarvan nie. Hulle is met beloftes van ‘n ANC hemel en aarde gebring en weet nou dis vals. Nou “demand” hulle en verniel voor die voet. Die Taxibedryf daar se omvang is deel van dit alles.

Snowball ·

Inderdaad. Gaan kyk na die misdaadstatistieke van Pearly Beach, so 25 km uit Gansbaai – ‘n plakkerskamp is hier begin wat nou afgetredes en vakansiegangers terroriseer, want daar is nie werk daar nie, maar hulle is daarnatoe gevat om te kom plak. Perlemoenstropery word helder oordag gepleeg.

Hendrik ·

Die klomp Taxis is ‘n probleem van vroeer dae af. Weereens korrupsie….want net ‘n paar wil die roetes beheer. Taxis moet in sy geheel verban word!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.