Taxistaking Maandag in die Wes-Kaap

Argieffoto

Verskeie eenhede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Wes-Kaap staal hulself vir die beplande taxibetoging wat Maandag, 18 September 2017, begin.

Beamptes van die openbareorde-eenheid, blitspatrollie, honde-eenheid en ander eenhede sal op verskeie plekke en by taxistaanplekke ontplooi word om die veiligheid van pendelaars en motoriste te verseker, het brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, gesê. Die polisie se lugvleuel sal ook op bystand wees.

“Die polisie werk nou saam met ander wetstoepassingsbeamptes van die metropolisie en verkeersdienste om te voorkom dat paaie gesluit word en die verkeer ontwrig word,” het Potelwa verduidelik. “Ons maan diegene wat aan die staking deelneem, om ander padgebruikers te respekteer wat nie aan die staking deelneem nie. Ons sal nie huiwer om op te tree teen diegene wat die wet oortree of die regte van ander skend nie.

Op grond van kennisgewings wat op sosiale media versprei word, sal geen taxidienste Maandag in die provinsie beskikbaar wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Cherokee ·

Wanneer ons in Durbs waaroor die stilte en die kalmte in die strate hoor ons as laat-nuus van ‘n taxi-staking. Waarom kry die Kapenaars die goeie nuus vooruit en òns hoor dit net na navraag?

Patricia ·

Vir enigiets wat hul nie aanstaan nie. Ek weet bv dat van die taxi’s ongelukkig is dat ander gebiede se taxi’s in hul gebied ry. So as ‘n taxi van Wellington mense aanry Paarl toe, is Paarl se taxi’s ongelukkig daaroor. Wellington se taxi’s moet nou hierdie mense bring tot ‘n seker punt en dan sal Paarl se taxi’s hul verder neem. Belaglik. Hul gun vir niemand iets op aarde nie.

Tina Buys ·

Pretoria ook? Personeel by n kleuterskool waar ek uithelp, het verlede week vertel dat taxidrywers hierdie week ook beplan om noord van Pretoria mense te probeer verhoed om werk toe te gaan. Ons personeel kla ook dat die “21” busse wat vroeër die jaar aan die brand gesteek en vernietig is in die Mamelodi-omgewing, nie vervang is nie en veel minder busse nou beskikbaar is wat geweldige ontwrigting veroorsaak, m.a.w. laatkommery.

??? ·

Salig. Doen inkopies solank taxis staak. Strate behoortvandag aan nie taxi afhanlike mens

Patricia ·

Ons Kaap se paaie is chaoties. Busse brand mense word aangerand. Paaie word afgesper. Het geen respek vir enige padverbruiker of mens nie. Waar is hierdie mense se selfrespek teenoor ander landsburgers? As jy probleme het oor iets wees soos ‘n opgevoede mens en gaan praat dit uit en LUISTER wat daar gesê word. Jul kan nie altyd jul sin in alles en vir alles kry nie. My innige simpatie aan Besighede en Werkers wat vandag deur hierdie mense beïnvloed word om diens te lewer.

erika ·

Die bruin mense in die Kaap sê hulle wil aangaan met hulle werk as Taxi bestuurders,
maar dit is die Khoza mense wat hulle verhoed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.