Taxistaking: Skade beloop meer as R4 miljoen

ʼn Groep taxibestuurders het Donderdagoggend moles gemaak in Kaapstad (Foto: Verskaf)

Meer as R4 miljoen se skade is aangerig toe taxibestuurders Donderdag in Kaapstad opgeruk het.

En dié geraamde bedrag is net gegrond op die skade aan infrastruktuur waarvan die metro bewus is, sê JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid.

Die Golden Arrow-busdiens se skade beloop na raming R3,5 miljoen, terwyl R R275 000 se skade aan die Stad Kaapstad se infrastruktuur aangerig is. Sowat R380 000 se skade is tydens die staking aan private voertuie aangerig.

Dié bedrag sluit egter nie al die skade aan private voertuie in nie aangesien die Stad Kaapstad nog nie met al die eienaars in verbinding kon tree nie.

“Dit neem ook nie die ekonomiese verliese in ag wat individue en ondernemings gely het weens die verkeersopeenhopings wat beteken het dat mense nie betyds by die werk kon kom, betyds aflewerings kon doen of hul verpligtinge teenoor kliënte kon nakom nie.

“Om nie eers te praat van die onskuldige omstanders wat beseer is toe hulle probeer wegkom het van aanvalle op hul voertuie en die geld wat hulle moes bestee het om vir mediese sorg te betaal nie; wat dalk nie kan werk nie as gevolg van fisieke of emosionele trauma,” sê Smith.

Chaos het Donderdag in Kaapstad geheers nadat stakende taxibestuurders, gelei deur die taxiverenigings Cape Amalgamated Taxi Association (Cata) en Congress of Democratic Taxi Associations (Codeta), van die beplande roetes afgewyk het.

Voertuie, waaronder taxi’s en passasiersbusse, is aan die brand gesteek terwyl die N2 tot stilstand gedwing is. Sommige voertuie is met klippe en petrolbomme bestook terwyl ander gekaap en geplunder is.

Drie verkeersbeamptes moes mediese behandeling ontvang nadat hulle op die N2 naby die Raapenberg-afrit aangeval is.

Smith sê nou die metroraad het ’n skadebepalingsverslag opgestel en dit vir oorweging by sy regsdienste-tak ingedien.

“Die Stad het in die verlede siviele eise teen die organiseerders van stakings ingestel en ons sal alles moontlik doen om dieselfde in hierdie geval te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

lollapot ·

Nasionale sport in Suid Afrika! Terwyl kriminele soos kroonwild behandel word, sal hierdie gedrag seevier.

Blomme ·

Nuwe ding in die ‘nuwe Suid Afrika’… brand uit as dinge nie na jou sin is nie!

Misky ·

Stuur maar die rekening aan die taxiverenigings. Al hoe hulle sal leer is as hul sakke so bietjie geruk word. Hulle is die “instigators” en moet hul lede onder beheer hê.

Maritza ·

Net jammer daar sal niks van kom nie. Hulle kom weg met alles

marius ·

Daar is niks in die hool wat meer kan skok nie . Misdadigers regeer . Punt

Kokkies ·

Wat gaan met die mense gebeur…..NIKS!! Andre Pienaar van Senekal het geregtigheid gesoek vir die moordenaars van Brendin Horner. Hy is aangekla vir brandstigting, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, maar is uiteindelik net op een aanklag, openbare geweld, skuldig bevind. Vir dit kry hy 5 jaar tronkstraf.
Hierdie mense het hulle skuldig gemaak aan; Brandstigting, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer en openbare geweld. NOU WAT NOU???
Ons regstelsel is ‘n grap.

Frank John ·

Hey ANC, julle slaag die toets, julle veroorsaak chaos, vewoesting, moord en doodslag, afbreek en nie opbou nie. Armoede is mos ook deel van jul plan.

Catherina ·

Hoekom? Hoekom word dit toegelaat? Drives one insane….

MAGRIETHA ·

Belasting betalers sal weer moet opdok hierdie ouens sal niks oorkom nie , munisipale dienste sal weer hoogte inskiet om skade te herstel, wa di kamaras in di area s

JohanR ·

Soe wie betaal nou, en hoe word dit verhoed dat die weer in April gebeur?

Suzette ·

Om te breek en brand is pure plesier vir “our people”. Dan brand en breek hulle more weer iets anders omdat dit wat vandag vernietig is more nie beskikbaar is nie. Kan hierdie spul nie net bykom nie??????

Maritza ·

Die nuwe standaard in Suid Afrika. Brand en breek as jy nie jou sin kry nie

Blikkies ·

Ek neem aan die Taxi bedryf is ook skuldig aan die uitbrand en vernietiging van die treine in die Kaap! Net hulle kan baat daaruit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.