Taxistaking: Veiligheid opgeskerp by Uniegebou

Taxibestuurders betoog by die Uniegebou (8 November 2017) Foto: ANA

Veiligheid is Woensdag by die Uniegebou in Pretoria opgeskerp toe ʼn groot groep taxibestuurders en -operateurs verbonde aan die National Taxi Alliance (NTA) na die perseel opgeruk het.

Die betogers is omstreeks 14:00 op die gras toegelaat, maar die ingange na die res van die perseel, waar onder andere pres. Jacob Zuma se kantoor geleë is, is afgesper en deur polisiebeamptes beman.

Lede van die polisiediens en die Tshwane-metropolisie het die betogers van Marabastad, wes van Pretoria, na die middestad en daarna na die Uniegebou gelei. Sommige SAPD-voertuie was agter die hoë veiligheidsheinings te sien.

ʼn Militêre helikopter het ook by die toneel opgedaag en oor die perseel gesirkel.

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het gesê vervoerdienste oor die stad heen is Woensdag lamgelê. “Die optog het omstreeks 11:00 by die ou Putco-depot in Marabastad begin en hulle het omstreeks 12:00 die eerste memorandum by die departement van vervoer oorhandig. Hulle het omstreeks 14:00 die laaste memorandum by die Uniegebou oorhandig.”

Hy het gesê hulle kan in hierdie stadium een voorval bevestig waar ʼn lid van die Tshwane-metropolisie in Cullinan aangerand is. “Ons kon twee verdagtes op die toneel in hegtenis neem.”

Talle van die betogende taxibestuurders was gewapen met sambokke en stokke en ander het bakstene vasgehou.

Pendelaars moes van Metrorail-treine gebruik maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MANIE ·

Die lekkerste dag in Pretoria vir my die laaste twintig jaar.Plesier om in die strate ry. Die mense kan maar permanent staak

dries du toit ·

Manie,jys reg. Ek kon gister die eerste keer in JARE van Stormvoel afrit tot by die M1 M2 wissellaar ry teen 120 km/h.Geen verpeste taxi in sig nie. Het gevoel soos 1985.Asb taxis,staak weer gougou

dries du toit ·

Manie,jys reg. Ek kon gister die eerste keer in JARE van Stormvoel afrit tot by die M1 M2 wissellaar ry teen 120 km/h.Geen verpeste taxi in sig nie. Het gevoel soos 1985.Asb taxis,staak weer gougou

Christelle ·

Ons rit huistoe was net so ‘n plesier dit was so lekker om vroeër by die huis te kon wees. En hulle staak nog oor twak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.