Tazné-saak: Man is 11 keer tevore vrygelaat

Tazné van Wyk (8).

Die minister van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap sê die plaaslike regering wil weet hoe die verdagte in Tazné van Wyk se moordsaak altesaam elf keer vantevore skuldig bevind en weer vrygelaat is.

“Dit is die werk van ons regstelsel om misdadigers agter tralies te hou,” het minister Albert Fritz gesê. “As dit waar is dat hierdie verdagte, wat vantevore skuldig bevind en 11 keer vrygelaat is, in staat was om parool te kry en dié gewelddadige misdaad te pleeg, dan het ons strafregstelsel ons inwoners versaak. Verdere ondersoek moet ingestel word na die kwessies in ons paroolstelsel.”

Moehydien Pangaker, moordverdagte, is vroeër aangekla van die besit van ʼn gesteelde voertuig, aanranding, moord, diefstal en huisbraak. Hy is in 2008 gevonnis op aanklag van ontvoering, kindermishandeling en strafbare manslag en is 10 jaar tronkstraf opgelê.

Moehydien Pangaker (Foto verskaf)

“Pangaker is in 2015 vrygelaat op parool ná hy slegs sewe jaar uitgedien en vroeër korrektiewe toesig verbreek het. Hy is tussen Oktober 2016 en Mei 2019 onder parooltoesig geplaas. Hy het weer uit die toesig ontsnap en ʼn saak is aanhangig gemaak. Daar moet antwoorde gegee word waarom Pangaker nie in hegtenis geneem is toe hy gedros het nie. Ek sal die Wes-Kaapse polisie-ombudsman, mnr. JJ Brand, vra om dringend ondersoek in te stel,” het Fritz bygevoeg.

Hy het ook die hofwaarnemingseenheid ontplooi om die saak dop te hou en seker te maak dat dit nie van die rol geskrap word weens ondoeltreffende werk van die polisie nie. “Die verdagte het in die Goodwood-landdroshof verskyn ná hy van Cradock in die Oos-Kaap na Kaapstad teruggekeer het. Die hofwaarnemingseenheid het bevestig die saak is tot 17 April uitgestel vir verdere ondersoek. Die verdagte sal nie aansoek doen om borgtog nie en sal dus in aanhouding bly tot hy weer in die hof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Te min, te laat, wil graag politieke punte aanteken. Dank die verantwoordelike persoon af. Toemaar, ek weet dit sit nie in julle kader broeke nie. Wees gerus. Die onskuldiges se bloed in hierdie land roep om wraak. Sit maar veilig met julle groot salarisse en lyfwagte.

Amatambo ·

Gangsters Paradise/ganster state… Dankie, ANC- nee, mag julle vir ewig vervloek bly deur julle sothede en die land sedert 1995 in ‘n stinkende moeras van bandeloosheid en ongekende misdaad op alle vlakke ent en alle vredeliewende inwoners toe toelaat.

Leon ·

Dit is maklik om te verstaan hoe hy vrygelaat is. Jy kan die stelsel verneuk. Jy moet net die regte antwoorde op die vrae hê. Jy moet net op die regte manier optree en hulle laat jou uit.

Soekie ·

Ek dink dat die regstelsel die mense van hierdie land versaak het. Hulle word aan hulle neuse rondgelei deur politici en misdadigers met baie geld.

RyanSA ·

Nee rêgtig, dis erg – ‘n gewoontemisdadeiger alweer uit om te moor.. Gaan hy weer na ‘n jaar of wat uitwees?

antieke antie ·

die meeste kriminele wat aangekla was het voorheen ook kriminele rekords en was verkeerdelik losgelaat….kyk na Jesse Hess se moordenaar… hy was al hoeveel keer skuldig bevind.. en die families wat kriminele beskerm moet ook gestraf word

AH ·

Dit is so bitter hartseer dat die regstelsel ons land en sy mense faal. Dit is by verre nie die eerse keer wat moordenaars op parool weer moor nie en ongelukkig ook nie die laaste keer nie. Solank as wat misdadigers in ons land regte het sal dit nooit verander nie. Ek voel dat sodra iemand moor, verkrag, kinders mishandel die persoon al sy regte prysgee. Hy ontneem iemand van die grootste reg wat ons almal het – ‘n reg om te lewe totdat jy sterf van natuurlike oorsake. Die feit dat die kriminele self, volgens ons regstelsel, die reg om te lewe behou is genoeg. Hulle behoort nie eens die reg te hê om borg te kry nie. Hulle behoort vir die res van hul lewens nie parool te kry nie en beslis ook nie die reg om te stem nie. Eers dan sal tronkstraf wél as ‘n straf beskou kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.