TB Joshua ontken versuim om saam te werk

Die vliegtuig wat glo vier keer laag oor die gebou gevlieg voor hy verdwyn het en die gebou ineengestort het Foto: TB Joshua Ministeries, Facebook

Die vliegtuig wat glo vier keer laag oor die gebou gevlieg voor hy verdwyn het en die gebou ineengestort het Foto: TB Joshua Ministeries, Facebook

Die Nigeriese prediker TB Joshua het Donderdag sy stilswye verbreek ná 80 mense by sy reusekerk in Lagos in ʼn ineenstorting oorlede is.

Joshua ontken dat sy personeellede nie hul samewerking wil gee nie en hou vol ʼn vliegtuig wat vier keer laag oor die gebou gevlieg voor hy verdwyn het, is verantwoordelik vir die ineenstorting.

Die bekende televangelis, ook bekend as “Die Profeet” aan sy duisende volgelinge in Nigerië en dwarsoor die wêreld, het aangedui die slagoffers was van Nigerië, Suid-Afrika en ander lande afkomstig.

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê 67 Suid-Afrikaners is in die tragedie oorlede toe ʼn gastehuis vir buitelandse besoekers aan die Synagogue Church of All Nations Vrydag ineengestort het.

Die dodetal van die tragedie het gestyg tot nog 10 liggame onder die puin uitgehaal is.

Joshua het nie direk kommentaar gelewer oor die sterftes nie, en het slegs teksverse uit die Bybel op sy Facebook-blad en Twitter-profiel gelaai. Hy het in ʼn verklaring sy medelye met die slagoffers se families betoon en gesê hulle is as “martelaars in die koninkryk van God” oorlede.

Lulu Mnguni, die Suid-Afrikaanse hoëkommissaris in Nigerië, het gesê 17 Suid-Afrikaners word nog vermis en die kerk het ʼn spesiale telefoonlyn in Johannesburg beskikbaar gestel vir besorgde naasbestaandes. “Dit [die dodetal] kan nie almal Suid-Afrikaners wees nie,” het hy aan AFP gesê. “Daar was ook Nigeriërs wat daar gewerk het.”

Twee kinders is lewendig onder die puin uitgehaal, maar hul ouers word nog vermis. “Hulle was saam met hul pa onder die puin begrawe,” het Mnguni gesê. “Die pa het verseker dat hulle die heeltyd met mekaar bly praat.”

Reddingswerkers het Donderdag gesê Joshua en die bestuur van die kerk versuim om hul samewerking te gee en wil die nooddienste verhoed om die perseel te betree tot Sondag.

Lees ook:
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: SA-noodwerkers weggejaag
Joost het nie met Nigeriese prediker ontmoet nie
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: Dodetal nog onduidelik
67 SA’ners sterf in Nigerië by TB Joshua-gebou
SA’ners dalk geraak deur ineenstortings in Nigerië

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marlene ·

Kyk hy kan nou ma se hoeveel vliegtuie daar oor gevlieg het. Hulle het gebou en daai fondasie kon nie daai 6 verdiepings hou nie. En hulle het temin sement gebruik en glo ook nie daar is genoeg staal om dit solid tehou nie. Hy wou die cheap way gaan. Dis dieselfde soos met die huis is Meyersdal. Gaan die cheap way en worry nie oor die res. Hy steel onskuldige mense se geld. Marr God slap nie. Hy sal sy dag kry vinniger as wat hy besef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.