TB Joshua stuur kos, “gesalfde water” vir SA-families

TB Joshua. Foto: TB Joshua Ministries/Facebook

TB Joshua. Foto: TB Joshua Ministries/Facebook

Die Nigeriese prediker TB Joshua het ʼn span mense na Suid-Afrika gestuur om geld, “gesalfde water” en mieliemeel te vat vir die gesinne van die slagoffers van die ineenstorting in Lagos, het die Sunday Times berig.

“Hulle het met my familie ontmoet en vir hulle R5 000 gegee. Ek het aan hulle gesê: ‘Wat ook al julle aanbied kan nooit vergelyk met my suster se lewe nie’,” het Thanduxolo Doro gesê. Sy suster, Vathiswa Madikiza, is een van die 84 Suid-Afrikaners wat dood is toe die hostelgebou van Joshua se Synagogue Church of All Nations ineengestort het. ʼn Totaal van 116 mense is dood.

Kirsten Nematandani, ‘n voormalige president van die Suid-Afrikaanse sokkervereniging en ʼn “volgeling” van Joshua se kerk, het gesê dat verskeie spanne die families wat geraak word, besoek het.

“Dit is die tweede besoeke. Ons staan die families by met wat ook al hulle nodig het, insluitend skoolfondse, huur, kruideniers- en toiletware,” het hy gesê. “Die families is so dankbaar vir die hulp. Ons bring vir hulle ʼn boodskap van die man van God dat hulle saam met hom moet bid oor die verlies van hulle geliefdes. Ons het vir hulle die ‘gesalfde water’ gegee om hulle sterk te maak.”

Nemetandani het gesê die kerk sal voortgaan om die families te ondersteun.

Kliek hier vir vorige berigte oor die Nigerië-ineenstorting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Koos ·

Ek wonder waar kry hy dit? Ek lees nerens in die Bybel van gesalfde water nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.