Te koop: Nege SAL-vliegtuie

(Foto: Suid-Afrikaanse Lugdiens)

Die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het nege vliegtuie in sy vloot op tender te koop aangebied.

Volgens ʼn advertensie op die nasionale tesourie se webblad het voornemende kopers tot 30 Januarie om aan te dui dat hulle in die vier Airbus A340-600-vliegtuie en vyf Airbus A340-300-vliegtuie belangstel.

Die SAL is in Desember in sakeredding geplaas ná die lugdiens die afgelope 13 jaar sowat R28 miljard verloor het.

Sakeredders Les Matuson en Siviwe Dongwana het in Desember versoek dat die sperdatum van 13 Januarie uitgestel moet word om die sakereddingsplan te publiseer om hulle kans te gee om hul voorkeur scenario aan alle belanghebbendes bekend te maak.

Matuson het gevra dat die sperdatum tot minstens 28 Februarie 2020 uitgestel word om die plan te publiseer, maar hulle het onderneem om dit so vinnig as moontlik bekend te maak.

Die advertensie vir die verkoop van die vliegtuie is op 10 Januarie op die nasionale tesourie se webblad vrygestel. Die tydsberekening het vrae laat ontstaan oor óf die verkoop van die vliegtuie deel vorm van die omkeerplan.

“Die sakereddingsplan is nog nie op ʼn punt waar van bates ontslae geraak kan word nie. Ek twyfel baie sterk dat dit deel vorm van dié plan en dit laat die vraag ontstaan oor waar die opdrag vandaan kom,” het Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, gesê.

Solidariteit en verskeie ander vakbonde het Donderdag met die sakereddingspraktisyns vergader om terugvoer te kry oor verwikkelinge by die beleërde lugdiens.

Voornemende kopers het tot die einde van die maand om aan te dui dat hulle in die vliegtuie belangstel. (Skermgreep: Nasionale Tesourie)

Mulder het gesê Matuson het onderneem om op die laatste teen môre breedvoeriger antwoorde te hê oor die besluit om die vliegtuie op tender beskikbaar te stel.

Solidariteit se bestuurshoof, Dirk Hermann, het gesê die vakbond is bekommerd dat dit lyk of daar nie ʼn gekoördineerde plan is om die SAL te red nie. “Dít is ʼn resep vir mislukking,” het hy gesê.

Volgens inligting oor die SAL se vloot wat op die webwerf planespotter.net beskikbaar is, lyk dit of agt van die nege vliegtuie steeds vir SAL-vlugte gebruik word. Een van die A340-300’s word oënskynlik in dié stadium nie gebruik nie.

Buiten die vliegtuie, verkoop die SAL ook vyftien enjins en heelwat onderdele.

Alf Lees, ʼn DA-lid van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor), het intussen gesê die eindelose reddingsboeie aan die SAL kan nie voortduur nie en dat die SAL gelos moet word om met sy hulpbronne en pogings te floreer of in die hek te duik.

Lees sê dit is duidelik dat die SAL nie die mas gaan opkom tensy daar die heeltyd by die belastingbetaler bakhand gestaan word nie.

“Matuson moet eerlik met die publiek wees dat die SAL nie ʼn lewensvatbare onderneming is nie. Dit kan nie gered word nie en moet gelikwideer word voor enige verdere belastinggeld in die swart gat wat SAL is, gestort word.”

Ten spyte van ʼn versoek dat die parlement by die sakereddingsproses betrek word en op hoogte gehou word van verwikkelinge, het Lees gesê daar het nog niks van gekom nie.

“Die oënskynlike huiwering van die nasionale tesourie om nóg R2 miljard aan die SAL te gee is ʼn duidelike aanduiding dat die tesourie en die minister van finansies, Tito Mboweni, nie glo dat die Les Matuson-sakereddingsplan werkbaar is nie.

“Dit lyk of Mboweni vra vir die likwidasie van die SAL. Hy is waarskynlik onder enorme druk van diegene soos die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, om vol te hou om reddingsboeie uit te deel. [Gordhan] klou steeds aan die verouderde kommunistiese opvatting van staatsbesit en ingryping in die mark,” het Lees gesê.

Maroela Media het ʼn navraag oor die verkoop van die vliegtuie aan die SAL gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Wilhelm ·

Maak tog nou asb toe die deure en sit af die ligte. SAL moes lankal gesluit gewees het. Wie is in elk geval mal genoeg om deesdae met SAL te vlieg?

Gertrude ·

Ek was mal genoeg om Desember vanaf Frankfurt al die pad Johannesburg toe te kom via Lufthansa met SAL.
Van al die lugrederye wat ons Desember gevlieg het was hulle glad nie die slegste een nie en ons het met ‘n hele spul konneksies gevlieg van verskillende rederye.
Ek het nou wel nie die inligting wat seker mense hier het om te se hoe sleg hulle is nie maar ek gee hulle personeel graag ‘n pluimpie. Jammer SAL julle personeel is nogsteeds puik jammer dit het so uitgewerk en miskien as julle kan ophou drank verniet gee, sal die verlieste dalk minder gewees het siende party mense hierdie heeltemal misbruik.

Bridget ·

Hulle kon nie wag om lughawens – dorp name en wat nog alles te verander nie o behalwe Eskom en nou is alles een groot gemors vou stadig maar seker in een ironies ne

Ellisras ·

Dankie vir die aanbod. Maar el wil SAL nie persent hê nie. Dit is nie ‘n winskoop teen R1 nie.

Vendusie ·

Wat van ek maak die aanbod vir jou meer aantreklik met n “airforce one” styl boeing en n insittende kompatent presadent

Gemaskerde Sopbeen ·

O aaRde Tambo? Nou wat nou? Julle moes hom verkoop het aan die UNIES wat hom so in die grond in gestaak het…………of aan die top bestuur, wie se bonusse se groot was hulle kan hom uit hulle gatsakke koop?? Hoekom het julle nie? My pa het altyd gesê “Ontnugtering is die wreedste leermeester!!” Is die stakers nou ontnugter? En wat het julle geleer? As hopeloos teveel mense hopeloos teveel geld kry vir hopeloos te min produktiwiteit……..dan raak die situasie hopeloos.

Strandloper ·

Dalk….net dalk sal hulle oor so 1000 jaar kliek..imagine…

Niklaas ·

Ek wil dit ook nie eers koop teen R 5000 nie. Sterkte met jul transaksies , maar dis een firma met nul/geen /zero/zulch/boggerall hoop om weer op te staan nie.

Kaspaas ·

Die spoeg en plak metode saam met bloudraad, knyptang en hamer dienste word dan nie verklaar in die advertensies nie!!! Beteken dit dan dat die vliegtuie behoorlik gediens was?

Victor ·

Dit in nou baie interesant, hoe kan hulle verkoop wat op ons behoort en wat ons belastings orr all die jare voor betaal het, ek het gedog dit is nie moontlik om staat eindomme to verkoop. Dit behoort nie aan SAL nie en nie die regering nie, dit behort an elke Suid Afrikaaner wat belasting betaal en as hulle hierdie vliegtuie verkoop dan behort ons die geld terug te kry.

Johan Venter ·

Hierdie land is in ‘n groter gemors as wat ons gedink het, hierdie jaar gaan ons ‘n rekord instansies sien wat die noodlanding nie gaan maak nie, dit nou buiten vir die staat se entiteite.

Ek het idee die ANC regering sal erns vir hulp moet aanklop om sakeredding vir hulself, Cyril en kie het nie die kundigheid om die wa deur die drif te trek nie.

toy ·

Gelukkig kan hulle nie ons gewone ou die skuld gee vir iets wat op ‘n ramp uitgeloop het nie. Weereens is dit nie reg betuur nie. Dit word gestaak en reis rond so multimiljoeners met belasting geld en kry lekkerrr bonusse so wat verwag hulle dan.

Alida ·

Gee die duiwel wat hom toekom. Sover ek kennis dra het SAL n goeie vliegrekord. Wie se daar is nie diensrekords nie Alexz?

pieter ·

Verkoop hulle aan die lugmag, hulle is nou vars uit vragvliegtuie uit:)

Bert ·

Ja wel, ons vlieg na die staking mos nie meer saa nie, het dus die vliegtuie nie meer nodig nie.
Soek nog steeds al die biljoene om aan te hou die salarisse te betaal, nie vir lank meer nie hoop ek.

Foxi ·

Wat van taxi eienaars…..stel hulle nie miskien belang nie?

Thomas ·

Ek wou eers krediet gee, en dalk moet ek. Hul raak ontslae van die vliegtuie omdat hul dit wil omdraai. Hul doen temniste iets anders. Ek verstaan hul wil nuwe vliegtuie koop wat minder brandstof gebruik. Dit maak ook sin. So kom ons almal haal net asem?

JohanR ·

Die ANC net 25 jaar gevat om die SAL HEL toe te stuur. Wat is volgende? Daar is soe baie. Eskom, Transnet, Prasa, Denel, plase, grond, gesondheid ens. Lees iewers anders al val die SAL sal ons ministers nog hulle vry vlugte op ander rederye kry. Asseblief moenie aan ons ministers se vry vlugte vat nie. Die land kan inmekaar stort en ‘n woestyn word, maar moenie aan on ministers se vry vlugte wat nie! As daar nie meer vliegtuie is wat vlieg nie, sal hulle seker die draak Drogon uit Game of Thrones vra om hulle rond te rits!

Michael P ·

Wanneer jy die woord tender hoor in die staatsdiens moet jy weet daar is n gelukkie vir KURUPSIE.

Jannie van Niekerk ·

Die Apartheidregering het die SAL in die laat 60er jare tot stand gebring.
Dis vir my onverstaanbaar dat die ANC so verbete bly klou aan iets wat ‘n nalatenskap van apartheid is.

Cherokee ·

Toe ek in die voorlaaste paragraaf die beskrywing van Gordhan lees, het ek met ‘n glimlag gedink aan die kommentators wat hom tye gelede op die hande gedra het en sommer wou nomineer as SP.

John ·

Was die president van wie-weet-waar nie op die 8 Januarie-flop nie? Die een wat die Nobelprys gewen het… jul weet mos? Is dit nie glinsterende land wat Egipte nou op sy plek wil sit nie wat glo ons SAL sou wou koop nie? Binnekort sit die ANC met rooi gesigte… as hulle nog kan bloos…

Strandloper ·

Mmmmm….het hulle darem roof carriers…dan is dit n bargain!

TC ·

Sou dit prakties wees ? Ek sien een van hulle land hom’ by n taxi rank

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.