‘Te min geld om Life Esidimeni-eise te betaal’

Barbara Creecy, die Gautengse LUR vir finansies. Foto: ANA

Jack Bloom, DA-lid van die Johannesburgse wetgewer, sê daar is meer as R100 miljoen te min begroot om die skadevergoedingseise te betaal van die families van pasiënte wat deur die Life Esidimeni-tragedie geraak is.

Barbara Creecy, LUR vir finansies in Gauteng, het R118 miljoen in die aanpassingsbegroting vir dié eise opsy gesit. Bloom sê die bedrag is egter heeltemal onvoldoende.

“Volgens die premier se kantoor het hulle 200 nuwe eise ontvang, waarvan die meeste reeds geverifieer is dat dit gedek word deur die arbitrasiebeslissing van regter Dikgang Moseneke,” sê Bloom.

Moseneke het beslis daar moet R1 miljoen aan elke eiser as grondwetlike skadevergoeding betaal word, R180 000 vir emosionele trauma en R20 000 vir die begrafnisonkoste van dié wat gesterf het. Dit beteken R1,2 miljoen moet betaal word aan die naasbestaandes van die pasiënte wat dood is, en R1 180 000 aan die families van pasiënte wat oorleef het, sê hy.

“Uitbetalings aan 200 eisers sal ongeveer R236 miljoen kos, so die huidige allokering is meer as R100 miljoen te min. Die premier se kantoor het onderneem dat al die eisers teen die einde van die jaar hul geld sal ontvang, maar dit is onwaarskynlik vir minstens helfte van die eisers weens die begrotingstekort.”

Bloom sê David Makhura, premier van Gauteng, se rekord is reeds geskaad deur die dood van die 144 psigiatriese pasiënte en daarom sal hy moet seker maak dat al die eise betaal is voor sy ampstermyn in Mei 2019 tot ʼn einde kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

zoom zoom ·

Almal moet geld kry maar die wat verantwoordelik was vir die Gemors loop vry rond en ontvang lekker vet salarise en bonuse.

Johann ·

En die wat verandwoordelik is vir die massamoord???? Waars hulle? Wat van hulle aanspreeklik hou? Vervolg? Toe sluit? Maar nee… ANC KADER ONAANTASBAARHEID STATUS. Bloot eenvoudig her ontplooide mag status!!!!

Fryingfrog ·

Ek kan nie insien waarom mense in dié geval vergoed moet word nie. Baie van hierdie arme siele het nie eens besoek ontvang nie, maar nou wil hul families skielik baat. Wat van daardie mense wat hul geliefdes deur moorde verloor. Het hulle nie ook begrafniskoste en erge trauma nie???? Dis ná alles belastingbetalers se geld. Dis nié die belastingbetalers wat soiets gedoen het nie!!!!

Von ·

Ek het die ding sien kom was in elkgeval n belaglike besluit….dit draai alles om geld wat hulle mahala kan kry en bittermin oor die persoon wat daardeur gely het…..so lyk dit in ons land deesdae…swak besluitnemings

1+1 ·

Die vermorsing van belastingbetalers se geld sal alleen deur ‘n hofbevel gestop kan word. Die kanse vir so’n oorwinning word al hoe beter, namate die aanstelling van onbevoegde karakters op die lappe kom.

Hanna Hoekom ·

Hoe belaglik: ewe skielik het al hierdie pasiente “geliefdes” wat nou geld eis. Ek weet uit ondervinding uit dat baie van hierdie pasiente NOOIT besoekers kry nie (hul welsyngeld word aan die sentrums betaal) omrede hulle nie n finansiele inkomste vir die families is nie. Nou wil almal geld eis… Betaal eeder ons swaarverdiende belastinggeld aan die kinders en weduwees van vermoorde boere uit. Die boere het darem n bydrae gelewer!

Johann M van Heerden ·

Ek weet nie hoekom ons as belastingbetalers vir die gemors moet betaal nie. Hoekom kan Afriforum nie ‘n saak maak dat die ANC aanspreeklik moet wees nie. Dit is belaglik hoe die ANC ons geld mors. Dit is net weer om stemme te koop. Ons is magloos en magteloos uitgelewer aan die mense. Dankie FW en Roelf en die hele spul verraaiers.

Gemaskerde Sopbeen ·

Wag, wag…..die ANC regering se se departement van Gesondheid maak ‘n gemors hiervan wat 200 eise tot gevolg het? Niemand word hieroor skuldig bevind, vervolg en gevonnis nie…………en die “wasn’t me” brigade, wat besluit hoeveel ek van my hard verdiende inkomste moet oorhandig om hierdie eise te dek, kan nou ook nie die eise uitbetaal nie, want hulle kan nie ‘n begroting reg opstel nie? Waarom moet ek hulle aanhou betaal met my hard verdiende inkomste? Ek kan AL die “dienste” wat die sogenaamde regering tans verskaf met my belastinggeld, op ‘n ander plek ook nie gaan kry nie, vir baie minder………….GEE MY BELASTING TERUG!! Ek weier om verder hieraan mee te doen…

Johanna Botha ·

En die vrou met die bril wat alles veroorsaak het loop nog lekker rond ! !

LM ·

Mense is dood. Hoekom is die mense wat die mense se dood veroorsaak nie vir moord aangekla nie. Glo almal nog op vry voet. Hoekom ?????? Is die wet nie daar vir almal van ons nie.

Michelle ·

Die wat verantwoordelik was vir die mense se lewens moet gestraf word. Die staat moet hul begrawe want die staat is verantwoordelik. Die mense het reeds daar gesit omdat familie hul afgeskryf het waarom nou geld soek. Dit is weereens korrupsie wat kop uit steek .

Vicky ·

VAT DIT VAN DIE SALARISSE EN BONUSSE VAN DIEGENE WAT DAARVOOR VERANTWORODELIK WAS . HOEKOM MOET DIE BELASTINGBETALER WEER OPDOK? Wie het hierdie besluite geneem??

jannie ·

nonsense man…..vat daai mense se selarissie wat alles veroorsaak het…..

yolandi ·

HOEKOM moet daar skadevergoeding betaal word aan die familielede as sommige van hulle dan nie eers besoek afgele het nie en ander eers maande na die tyd navraag gedoen het oor familie lede wat alreeds afgesterf het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.