Te min wittes sluit by die weermag aan, sê minister

Argieffoto

Argieffoto

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediding, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aangesê om meer witmense by die weermag te laat aansluit.

“As ek na die intreevlakke in die leër kyk, as mens in ʼn saal instap, dan kan jy letterlik tel hoeveel jong witmense by die mag aansluit,” het Mapisa-Nqakula Dinsdag gesê. “Dit is ʼn saak van kommer, want ons wil die weermag hê wat oor vyf jaar nog steeds die demografie van ons samelewing sal reflekteer.”

Mapisa-Nqakula het die SANW aangesê om ʼn aanstellingstrategie te ontwikkel wat groepe sal teiken wat onderverteenwoordig is. Sy het gesê die land moet nooit in ʼn situasie wees waar die weermag ongebalanseerd is nie.

Sy het terselfdertyd aangekondig dat die aftreeouderdom vir SANW-lede van 60 na 65 verhoog word. “Ek weet nie hoe ons ooit ʼn maatreël ontwikkel het waarvolgens persone in die ouderdom van 60 aftree nie,” het sy bygevoeg. Sy het gesê die wet hoef nie te verander nie, maar sy sal die maatreëls wysig wat die nuwe aftreeouderdom reflekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
scalla

hulle moet mos self daarvoor blameer word, eens magtige weermag beteken nou niks, doen die regte aanstellings met kundigheid/dissipline in die regte range wat verdien is en nie gratis en politiesverkry is nie, n vis vrot van sy kop af. nog n bewys van onbevoegdheid.

Stefan

Wel, ek het 4 jaar lank by elke tak van die weermag probeer aansoek en is ‘n jong wit suid afrikaanse man. Was by talle seleksies en almal geslaag maar was nooit gekies nie. En het tot fisiese wetenskappe,inligtings tegnologie en wiskunde gehad en op ‘n 80% matriek gemiddeld geval. Ek sit tans in Fraanse Vreemde Legioen want hulle het my gevat nadat my land nie wou nie.

T van der Walt

Die vroumens het moontlik een of ander psigotropiese middel ingeneem voordat sy hier gepraat het. Om watter rede sal enige jong blanke aansluit by ‘n organisasie waar daar vir hom/haar geen toekoms is nie.

Gert

ek stem..niks om aan te sluit nie maar wat le die toekoms in vir jou as n lid?wat van mense wat range kry wat nie eers matriek het nie soos die sapd?

chris

Ek dik sy moet dalk gaan kyk daar bo ,van ons “ou manne”is mos hoeka besig met boggom maar hy’s arm? Sy wil hulle mos aankla ook hoor ek.Ek dink sy het gehoor hoe lank dit die”ou” manne gevat het om die ters op hul m-er te gee nou skrik sy.Want haar ou sadf was daar vir baaiee langer sonder sukses.Of was dit CAR? Die arm tannie besef nie eers dat hierdie manne 50 + is nie en uit die ou SAW kom nie .Dink net 21 jaar van daardie opleiding en wat sou ons nou gehad het? Ons en… Lees meer »