Te min wittes sluit by die weermag aan, sê minister

Argieffoto

Argieffoto

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediding, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag aangesê om meer witmense by die weermag te laat aansluit.

“As ek na die intreevlakke in die leër kyk, as mens in ʼn saal instap, dan kan jy letterlik tel hoeveel jong witmense by die mag aansluit,” het Mapisa-Nqakula Dinsdag gesê. “Dit is ʼn saak van kommer, want ons wil die weermag hê wat oor vyf jaar nog steeds die demografie van ons samelewing sal reflekteer.”

Mapisa-Nqakula het die SANW aangesê om ʼn aanstellingstrategie te ontwikkel wat groepe sal teiken wat onderverteenwoordig is. Sy het gesê die land moet nooit in ʼn situasie wees waar die weermag ongebalanseerd is nie.

Sy het terselfdertyd aangekondig dat die aftreeouderdom vir SANW-lede van 60 na 65 verhoog word. “Ek weet nie hoe ons ooit ʼn maatreël ontwikkel het waarvolgens persone in die ouderdom van 60 aftree nie,” het sy bygevoeg. Sy het gesê die wet hoef nie te verander nie, maar sy sal die maatreëls wysig wat die nuwe aftreeouderdom reflekteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

scalla ·

hulle moet mos self daarvoor blameer word, eens magtige weermag beteken nou niks, doen die regte aanstellings met kundigheid/dissipline in die regte range wat verdien is en nie gratis en politiesverkry is nie, n vis vrot van sy kop af. nog n bewys van onbevoegdheid.

Stefan ·

Wel, ek het 4 jaar lank by elke tak van die weermag probeer aansoek en is ‘n jong wit suid afrikaanse man. Was by talle seleksies en almal geslaag maar was nooit gekies nie. En het tot fisiese wetenskappe,inligtings tegnologie en wiskunde gehad en op ‘n 80% matriek gemiddeld geval. Ek sit tans in Fraanse Vreemde Legioen want hulle het my gevat nadat my land nie wou nie.

T van der Walt ·

Die vroumens het moontlik een of ander psigotropiese middel ingeneem voordat sy hier gepraat het. Om watter rede sal enige jong blanke aansluit by ‘n organisasie waar daar vir hom/haar geen toekoms is nie.

Gert ·

ek stem..niks om aan te sluit nie maar wat le die toekoms in vir jou as n lid?wat van mense wat range kry wat nie eers matriek het nie soos die sapd?

Dave ·

Waarvan praat jy tog Gert. Range sonder matriek in die SAPD? Dit is nie eens nodig om laerskoolopleiding te voltooi om die hoogste rang in die land te beklee. Dan praat jy van matriek vir polisielede met sterretjies. Jy hoef nie eens enige hoërskoolopleiding te doen om staatspresident te word.

chris ·

Ek dik sy moet dalk gaan kyk daar bo ,van ons “ou manne”is mos hoeka besig met boggom maar hy’s arm?
Sy wil hulle mos aankla ook hoor ek.Ek dink sy het gehoor hoe lank dit die”ou” manne gevat het om die ters op hul m-er te gee nou skrik sy.Want haar ou sadf was daar vir baaiee langer sonder sukses.Of was dit CAR?
Die arm tannie besef nie eers dat hierdie manne 50 + is nie en uit die ou SAW kom nie .Dink net 21 jaar van daardie opleiding en wat sou ons nou gehad het?
Ons en ons kinders stel nie belang in julle 5 de rangse pogingkie vir ‘n weermag nie

.Dankie Tannie.Tatta

chris ·

Jacques.
Ek was maar baie sarkasties en tong in die kies hier.Gaan lees gerus by onderstaande skakels en sien wat ek bedoel.Of gaan vra enige ou SAW lid of ou man wat gedien het in ons eens puik magte.Wees egter op jou hoede vir die klomp grensvegters daarbuite. Hierdie vrou het geen benul waarmee sy besig is nie en wat hulle alles vernietig het nie.
Dit kan ook wees dat ons “magte”wat ontplooi was in Afrika so swak was en nou skielik is daar ou SAW lede wat weereens wys hoe goed hulle is.Dit skep ‘n nare verleentheid vir die vrou en die kadertrog vreters.

http://www.news24.com/Africa/News/Ex-SA-soldiers-playing-major-role-in-fight-against-Boko-Haram-20150305
http://sofrep.com/40342/south-african-contractors-take-fight-boko-haram/

chris ·

Jacques.
Ek probeer weer,my skrywes gaan nie deur nie
Ek was maar baie sarkasties en tong in die kies hier.Gaan lees gerus by onderstaande skakels en sien wat ek bedoel.Of gaan vra enige ou SAW lid of ou man wat gedien het in ons eens puik magte.Wees egter op jou hoede vir die klomp grensvegters daarbuite. Hierdie vrou het geen benul waarmee sy besig is nie en wat hulle alles vernietig het nie.
Dit kan ook wees dat ons “magte”wat ontplooi was in Afrika so swak was en nou skielik is daar ou SAW lede wat weereens wys hoe goed hulle is.Dit skep ‘n nare verleentheid vir die vrou en die kadertrog vreters.

http://www.news24.com/Africa/News/Ex-SA-soldiers-playing-major-role-in-fight-against-Boko-Haram-20150305
http://sofrep.com/40342/south-african-contractors-take-fight-boko-haram/

J.Z ·

Mapisa, jy laat my lag,of het jy van julle nuwe ANC apartheid vergeet.

SNEL ·

No sh!t Schurlock, wie wil nou deesdae soontoe gaan. Daai dae van trots in die weermag en polisie wees is verby. Dis n sirkus. Hou verby, keep it dark.

THEA SWART ·

julle verstaan nie die vrou so lekker nie!!! sy soek eintlik die mense wat hom se werk vir hulle kan doen sodat hulle die bevordering kan kry – dit werk oral so die blanke generasie doen die hardste werk omdat hulle nie hulle werke wil verloor nie – maar die ANDER kry die bevordering en verplasings na wonderlike poste toe – dis wat sy eintlik in gedagte het!!!

solene ·

Was self daar so 10 jaar terug en toe al was ek oorgekyk vir kursusse wat bevordering sou gee… so geen toekoms. Bly maar weg, ons moet lae range beklee sodat hulle kan bevorder word… nee dankie

Blikskim ·

My seun het ook met hoë verwagtinge aangesluit. Hy was by 1SAI Tempe. Na vyf jaar waarin hy elke kursus, elke ontplooing en selfs 6 maande in Soedan deurgegaan het is vir hom gesê hy kan waarskynlik eers oor vyf jaar in ag geneem word vir korporaal. Hy het die Weermag gelos en is nou baie gelukkig by sy nuwe werk.

chris ·

Hoekom gaan van my skrywes nie deur nie .Ek probeer Jacques nou al 3 keer antw?

Sune van Heerden ·

Dagsê Chris

Jou kommentaar het in die mandjie beland waar dit per hand goedgekeur moet word omdat dit skakels na eksterne webwerwe bevat het. Dit is maar die stelsel se manier om seker te maak dat niemand ons webwerf kan kaap nie. Jou kommentaar is nou goedgekeur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

chris ·

Baie dankie Sune.Ek sal maar volgende keer meer geduldig wees!
Dit maak sin.

Cindy ·

Dit is seker die grap van die jaar. Moet die wittes nou die werk doen en geen bevordering kry nie want daar is regstellende aksie.. Ag asseblief moet nie aansoek doen want julle gaan nerengs kom, gaan liewers oorsee en word iets daar…..SAW julle laat ons lag…

Marietjie ·

Niks te doen met “demografie van ons samelewing nie”. Ons land is in sy dinges as hier ‘n oorlog moet uitbreek, want die Weermag funksioneer nie behoorlik nie en glo ek is nie in staat om enige weerstand of beskerming vir sy land se mense te gee nie. Al rede hoekom hulle die Wittes wil terughê is om te kom regmaak en op te bou wat hulle afgebreek het tot amper niks. Hoekom bring hulle nie Diensplig terug nie? Ons het ‘n Weermag en Polisie gehad om op trots te wees…en nou wat het oorgebly??

chris ·

Marietjie.
Ek verstaan jou gedagte van diensplig maar ek moet se dat dit asb nie moet gebeur nie.My seuns sal verseker nie daaraan deel nie.Dink net aan watter invloede standaarde en persoonlikhede jy die seuns blootstel.Daar is dan juis ‘n meisie verkrag in Bloem op die basis.

anne ·

Marietjie, my seuns sal beslis ook nie deel wees van die huidige weermag nie, laat Mapisa & kie maar hulle eie gemors uitsorteer. Ek kan nie dink dat ek as ‘n ma my seuns kan blootstel aan wat huidiglik in die weermag gebeur nie. Jou idee van bring diensplig terug ‘suck’

Marietjie ·

Chris en Anne – my vraag oor die Diensplig was eintlik sarkasties bedoel want dit sal nooit realiseer nie, want hulle weet dan sal hulle kinders ook daaraan onderwerp word en foei tog, dit sal darem ‘n swaar dag wees as hulle iets vir hulle land moet doen wat konstruktief en opbouend is en inderdaad ‘n bietjie werk is wat verrig moet word. Jammer as ek julle bietjie warm onder die kraag gehad het. Dit was nie my bedoeling nie.

chris ·

Marietjie.
Nee wat suster ek het jou so raakgelees(nie die sarkastiese deel nie) daarom my poging tot ‘n ‘n verduideliking.Deur die res van jou kommentaar kon ek jou hart duidelik sien.Ons stem eintlik saam

anne ·

Marietjie, malema het so tydjie gelede voorgestel dat diensplig weer verpligtend gemaak word.
Goed om te hoor jy ondersteun nie die belaglike idee nie, so amper gedink daar is fout. Goed gese (natuurlik nou nie die sarkastiese deel nie?) :)

Berhalet Beukes ·

Kom ons doop die minister liewer Minister van Onkunde. Wie het die wittes uitgeskakel, NOU is dit skielik ‘n probleem omdat die huidige, dik, onfiks, lui SANDF lede ‘n leemte in ons diensplig laat? Nee wat, hulle moet maar aanhou oorneem, misbruik van alles maak en dit geniet solank dit hou!

Gerhard Bezuidenhout ·

Wie sal sy toekoms waag by n instansie waar bevorderingsmoontlikhede byna nie bestaan nie en kaders voorrang geniet. As soldaat van die destydse trotse SAW wil ek net vir die minister se dat sy kan aanhou droom.Wie wil inelkgeval dien in n weermag waar die meeste soldate met HIV besmet is en dit is feite.

Moeggepraat ·

Ek het elke kommentaar gelees op die berig en ek glo dit is soos ons almal voel. Sy is ‘n spreukende voorbeeld van wat ‘n militêre leier juis nie moet wees nie. Oorgewig, en ‘n totale vernedering vir enige militêre instansie. In 1984 het sy glo het opleiding ontvang in Angola en die Soviet Unie en dit maak haar nou ‘n leier? Asseblief!

Weet wat werklik aangaan ·

Ek weet wat in die weermag gebeur met die Afrikaans sprekendes! Ek is een van hulle!! En het al lankal gesien wat doen hulle met die kinders wat inkom. Die nuwes se kontrakte word net nie hernu nie en die oues sit in range vir jare sonder enige hoop van bevordering. En dan bedank hul! Nou is die SANDF in die moeilikheid want die ouer gades (wat uit gehou het) moet nou begin aftree.

Leon ·

Ek is self in die Weermag. Maar as siviele lid. Jong, die klomp (en dit sluit die bree “public service”in) se belangrikste oorweging is “Representivity”. En hulle gebruik ‘n kwotastelsel om dit te bereik. Meerderheidsgroepe kry voorkeur. Eers swart mans, dan swart vroue (met spesifieke verwysing na die laer vlak aanstellings), en dan die res. Ek sien gereeld advertensies van staatsdepartemente waarin gese word “coloureds/Indians/women/disabled people are especially invited to apply”. Maar by die tyd wat ek as ‘n gestremde kan aansoek doen vir bevordering, dan het ek nie die kwalifikasies en/of ervaring wat vereis word nie. Met die gevolg dat ek vir die afgelope 14 jaar in een plek bly sit. Sulke invitations””word net gemaak nadat hulle ‘n “stock take” gemaak het van hul personeelkorps.

Lorrette ·

Waar is ons bruin mense dan ons kry dan nooit n kans om enige plek aansoek te doen nie

sherie ·

ons soek meer inligting vir ons jong sterk seuns wat nou klaar gemaak het matriek wat ook n kans wil he in die weermag,waar begin n mens wie kontak mens ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.