Te veel bestuur dronk in Nelspruit

Argieffoto

Lt.genl. Mondli Zuma, polisiekommissaris in Mpumalanga, het sy kommer uitgespreek oor die aantal klagtes van dronkbestuur wat teen motoriste in Nelspruit ondersoek word.

Net op Saterdag 4 Januarie is meer as 20 bestuurders binne agt ure toegesluit omdat hulle in Nelspruit onder die invloed van alkohol bestuur het. Op 21 Desember is 28 mense om dieselfde rede in hegtenis geneem.

“Ten spyte van noodlottige ongelukke wat daagliks op ons paaie plaasvind en die deurlopende oproep deur die regering en polisie vir motoriste om nie te drink en te bestuur nie, wil dit voorkom of motoriste hul hieraan afsmeer,” sê Zuma.

Hy sê dié boodskap geld nie net vir die feesseisoen nie. “Die skole open amper weer en die polisie doen opnuut ʼn beroep op motoriste om nugter te wees wanneer hulle bestuur. Kinders sal van dieselfde paaie gebruik maak en ons moet ander padverbruikers in ag neem ten einde padongelukke te voorkom,” sê hy.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

koos ·

In my opinie is daar drie redes dat die aanhou gebeur:
1. Mense voel niks vir ons wette nie. In die 80’s was mense aangemoedig om die land onregeerbaar te maak deur nie wette na te kom nie, nou pluk ons nog steeds die (suur) vrugte daarvan.
2. Ons dwing nie wette af nie. Wetstoepassers het so veel werk om moorde ens. te probeer voorkom en te ondersoek dat die “kleiner” oorterdings maar kan glip.
3. Skuldigbevindings vir dronk bestuur is baie laag en gewoonlik net ‘n boete. Dit skrik mense nie af nie, en daar is baie wat die kans sal waag.

André André ·

Ek is van hier en ek kan jou ‘n brief gee dat die VF Plus en DA se mense is wetsgehoorsame burgers.

koos ·

Andrè Andrè, ek glo jou 100%, maar ek kan ongelukkig nie ‘n graaf, ‘n graaf noem nie, anders word my kommentaar verwyder.

André André ·

Ou vriend, jy moet kom kyk hoeveel lamppale en stoptekens staan nou skeef, party ‘n paar voet bo die grond afgery, briekmerke, sulke langes in die middel oor verkeerssirkels, op een plek is ‘n konkreetgeboude afdaksitplek vir busse langs die pad op sy kop maak laat staan, stukke lê nog vandag paar meter verder in ‘n sloot aan die agterkant.

Lewis ·

Koos

Ek verstaan nou eers jou graaf, graaf storie. maar dit verander nie die feit dan bestuurders wat drink ek bestuur potensiele moordenaars is nie en hulle moet dien oor een komstig aangekla word, maak nie saak wie hulle is nie. Die ander padgebruikers is “sitting ducks” Laat die wat die waarheid tov die oortreders doelbewus onderdruk, skaam kry..

Irma ·

Tydens ons verlof oor die kerstyd was dit so duidelik dat elke persoon homself die reg aanmatig om te doen wat hy wil vir solank as hy wil tenkoste van ander mense. As daar aksie geneem word val hulle onmiddellik terug op die verlede en raak onaangenaam. Met getalle is hulle besig om alles wat moontlik goed kan inhou dood te druk. Kyk om jou rond. Ek sien geen lig met sulke mense wat die omstandighede beheer nie.

Niklaas ·

As dit baie warm is hier by ons , is heelwat koue biere sommer baie aangenaam. Maar dis onwys om dan te bestuur. Ongelukkig gebeur dit nou net te dikwels en daar is nie voldoende strawwe as afskrik middel nie.

Topster ·

Ek was die 26ste Desember op Kaapse Hoop net buit Nelspruit en tot my verbasing was die hele verkeersdepartement daar vir n partykie en self hulle het met staats voertuie gery en gesuip so nou hoekom sal dit dan nou verskil van ons normale landsburgers
Ek dink daai Zuma wat nou so kla was seker self daar
Lekker op die belasting betaler se geld gesuip

Hoekom ·

Nou hoekom sou my kommentaar verwyder word??

Niks gesê, net dat meeste Nelspruiters wel verskiklik bestuur, onder die invloed of nie..

Het al ‘n paar gesien drink terwyl hul bestuur, asof dit koeldrank is, Dan is dit nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.