Te veel swart mense op OVK-kortlys, sê Zuma

President Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma het Dinsdag gesê die kortlys vir kandidate om ʼn vakante pos by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) te vul, het te min vroue en wittes op.

Zuma se kantoor het in ʼn verklaring gesê Zuma het hoofregter Mogoeng Mogoeng gevra om die lys wat voorgelê is deur ʼn keuringspaneel, waarvan Mogoeng die voorsitter is, te laat hersien.

“Waarnemende speaker, mnr Lechesa Tsenoli, het die president in kennis gestel die nasionale vergadering het besluit om nie ʼn kandidaat voor te stel om deur die president aangestel te word nie, omdat die lys nie genoeg keuse bied met betrekking tot ras en geslag soos deur die Grondwet vereis nie,” het Zuma se kantoor gesê.

“Die lys van kandidate wat aan die nasionale vergadering deur die keuringspaneel voorgelê is, bestaan uit agt name, waarvan sewe swart mans en vroue is en een ʼn wit vrou.”

Die pos by die OVK het vakant geraak nadat Raenette Taljaard in Februarie vanjaar uit haar pos as kommissaris bedank het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Landie ·

Waar val die domkop nou weer uit!!! Dis dan wat hulle wil hê!!!!

jacques ·

Mense kan verander Landie niemand wil hom n kans gee in die land nie,almal probeer hom afbreek ons witmense moet ook net probeer besef daar sal nooit weer n witman aan die stuur kom van die land nie.Hy is die beste wat ons het ,wil julle regtig so graag he Mal ema moet oorvat,dan sal julle nie eens meer iets sleg mag se van die ou in charge nie..Dit is wat gaan gebeur as Zuma met geweld uit gehaal gaan word.Gelukkig voel hy iets vir sy mense en is nie soos die westerse presedente wat hulle eie mense uit verkoop het nie.
Europe wil ek nie bly nie want daai mense gaan een van die hierheen vlug deur hulle presedente wat buig voor Obama.

Vissie ·

Ek stem 100% met jou. Ons gee nie vir hom kaans nie en dit is mos nie reg nie.

Gert Petzer ·

Jaques en Vissie. Ek verstaan dat julle goedhartig is. Net soos die wat JA gestem het in die 1994 verkiesing. Daar was geglo dat almal nou sou saamwerk maar dit het ontaard in rassehaat teen die witte. Daai Zuma het bewys hy is goddeloos en agteraf. Hy staan in die openbaar vir niks goeds nie. Hy het net voor die vorige verkiesing wit kerke besoek en gevra dat ons moet saam bid dat dit sal beter gaan met die land terwyl hy nie in God glo nie omdat hy weet dat die meeste van ons christene is. Dit was tot op die Rhema netwerk uitgesaai. Nou speel hy ons weer met die een. Ek sal hom i kans gee indien hy BEEE skraap. Afrikaans weer sy plek in die land gee en ophou om biljoene van ons belasting geld te mors op friende en famillie en grootliks homself. Hy verneuk ons met ons goedhartigheid. Hy moet ook plaasmoorde begin hanteer soos i werklike probleem in die land. Ek hoop net nie dat jul dalk ANC gaan stem oor hierdie klein nikwerd berig nie. Om hom i kans te gee is deur vir die ANC te stem met die volgende verkiesing. Hierdie ou OVK kort lys is soos i klein kersie wat brand in die ANC hel geskep vir die witte.

Henk Celliers ·

Kan jy nou meer,”jakkals sê vir die hennetjie,kom sit hier styf teen my,sodat ek jou kan warm hou”

Francpois le Cochon ·

Al die boeke en leers in Zumpie se boekrak, is dit eg, of “props”?

elmarie ·

Dis nou skynheiligheid. Daars nie n manier dat n wit persoon daai pos sal kry nie. Soek hy nou erkenning of wat.

candice ·

OF hy het dalk nie net opgestaan nie… dalk het hy eers wakker geword en toé opgestaan…

Peet Schabort ·

Dis hoe die grondwet (wat dit werd is) werk. Die demokrasie skop weer in om die minderheid ‘n kans te gee om deel te neem aan hulle eie ondergang.

CR ·

Dis net ‘n person wat nie werk nie wat se lessenaar so netjies is

MJL ·

Wees versigtig! ‘n Jakkals verander van hare maar nie van streke!

Gert Petzer ·

Hy speel nou net bietjie op ons veld om van die onnoseles onder ons se stemme te werf met die volgende verkiesing.

Tjoks ·

Jacques en Vissie,wat van R260milj. vat vir eie gebruik,wat van voer staal in ,baie goedkoper as wat ons dit voor maak[want hy kry n cut] so kan ons aangaan,wat se kans praat jy van wat niemand hom wil gee nie.asseblief man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.