Teen dié pas wag SA 15 jaar vir kudde-immuniteit

Dr. Zweli Mkhize kry die Covid-19-inenting by die Khayelitsha distrikshospitaal in die Wes-Kaap. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Suid-Afrika het Saterdag 1 387 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld. Dít terwyl slegs 603 gesondheidswerkers ingeënt is volgens statistieke wat Saterdag deur die departement van gesondheid bekendgemaak is.

Volgens ʼn entstof-berekenaar deur Mediahack sal dit meer as 15 jaar neem om 67% van die Suid-Afrikaanse bevolking in te ent indien gemiddeld 7 000 mense elke dag ingeënt word. Indien kudde-immuniteit oor ʼn jaar bereik wil word, moet Suid-Afrika gemiddeld 110 000 mense daagliks inent. Vrydag is slegs 10 000 mense ingeënt en Donderdag ongeveer 23 000.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het die afgelope week vir Maroela Media gesê dat slegs ongeveer 0,35% van Suid-Afrika se bevolking van byna 60 miljoen tot dusver teen Covid-19 ingeënt is. Die regering se aanvanklike doelwit was om meer as drie miljoen mense teen die einde van Maart in te ent. “As ons vir die regering moet wag, gaan ons regtig lank wag. Ons regeringslede het op hul hande gesit. Hulle is aan die skarrel, maar dis te laat.”

Die provinsies met die meeste aktiewe Covid-19-gevalle is KwaZulu-Natal (5 434), die Wes-Kaap (5 081) en Gauteng (2 647). Die Noord-Kaap, met ʼn baie kleiner bevolking as Gauteng, is ʼn kort koppie agter met 2 511 aktiewe gevalle.

Altesaam 46 bykomende sterftes is ook aangemeld, waarvan die meeste weereens in Gauteng (16), gevolg deur KwaZulu-Natal (14), die Vrystaat (7) en dan die Oos-Kaap (1). Die res van die provinsies het geen nuwe sterftes aangemeld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Snowball ·

Die ANC politici en hulle families is seker al almal ingeênt? Hulle sorg mos altyd eerste vir hulleself.

Pietertjie ·

As mens nie skoolgegaan en jou huiswerk gedoen het nie, sal jy maar sukkel met hierdie tipe van somme.

Johan ·

Tensy ons die natuur sy gang laat gaan en die mense wat nie kwesbaar is nie los om self immuniteit op te bou….maar wag dit sal te maklik wees.

Pieter ·

En so hou die ANC sirkus aan n mens kannie glo die brein dood ANC regeer die land nie. Als wat die ANC aan raak verander in gemors

Pieter ·

Kudde immuniteit word eerder bereik sonder inentings. Jou Goddelik gegewe immuunstelsel is in aanhoudende geveg met die virus, wat natuurlik muteer om te oorleef teen jou immuunstelsel, sonder dat jy siek word. Inentings skep gevaarliker, onnatuurlike mutasies. Het dit self toegepas in my beeskudde met uitstekende resultate. In elk geval is die inentings ‘n nuwe soort en in ‘n toetsfase.

Jedi Knight ·

Ontspan. Kudde immuniteit kan ook bereik word deur die virus net sy gang te laat gaan. Dalk met meer sterftes, maar nog steeds. En dit sal baie vinniger as 15 jaar wees.

Iwan ·

Gee die program vir privaat sektor. Dat die wat kan betaal, betaal.
Dan is daar heelwat minder om bekommer.

Mariana ·

Soos met alles, faal ANC weereens. Daar is niks maar niks wat hulle suksesvol kan aanpak nie, behalwe korrupsie.

Samuel ·

Verseker is die politieke elite reeds ingeënt en to hell with the rest!! Ek stem saam dat ons Godgegewe immuunstelsel ons beter kan beskerm as entstof.

Tjom ·

As die lot in die foto minder hande geklap en pose het, kon nog 4 persone terselftertyd inge-ent word.

Debbie ·

Our country is the laughing stock of the world. I feel ashamed to say i am a South African

007 ·

Ja en my vrou wat n dokter is in die SANW mag nie van die entstof kry nie.

Lorette ·

Miskien moet berigte eers deurgelees word voor dit geplaas word. Getal sterftes maak nie vir my sin nie. 46 sterftes, maar KwaZulu-Natal alleen wys (140)

Cherokee ·

Dit bring vir my ‘n vraag wat kompleet ander rigting inslaan.
Wàt is ‘n virus? Wanneer gekyk word na ‘n eerste variasie daarvan wat beveg word met medikasie, en daarna opgevolg word deur ‘n tweede en selfs derde variasie van dieselfde virus, wat elke keer meer bestand is teen die ontwikkelde medikasie, dan begin dit lyk asof daar ‘n mate van intelligense betrokke is. Intelligent genoeg om verbeterde weerstand te bied teen die ontwerpte medikasie.

Dirk Mostert ·

Die toets onderskei nie eers tussen verskillende coronavirusse nie, meeste al in omloop lank voor Desember 2019, daarom is ek skepties oor al die variante wat nou gerapporteer word.

petro ·

en hulle doen dit so op n slakkepas en as ek dit nou nie dit mis het nie het die griep virus ook elke jaar n ander variant so wat is nou die groot bohaai oor die virus nou weer n ander variant het in Tanzanie

Jan ·

Immuniteit word deur blootstelling gebou, nie deur menslike inmenging met eksperimente nie. Reaksie op en beheer van virusse is kennis oor eeue opgedoen wat nou ter wille van geld en mag ter syde gestel word.

Yolandie ·

In SA het mens nie ‘n graad nodig om te weet dat die inentingsprogram in die ANC se hande ‘n reuse mislukking sal wees nie. Hulle is eintlik voorspelbaar onbevoeg!!!!

Buks ·

Inenting is nie die enigste manier om immuniteit te bekom nie die tempo waarteen mense herstel wat in elk geval op 95% staan gaan ons voor 15 jaar almal imuun wees

Johan ·

Ek sal seker veroordeel word as ek sê ,dat potensieel elke persoon wat sterf agv Covid,is bloed op die hande van die regering,dalk kon elke lewe gered gewees het. En hoe voel jul daaroor? Min gepla?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.