Teenkanting teen daggawet

(Foto: Sakchai Lalit/AP)

Saai het Donderdag dokumente ingedien om beswaar te maak teen elemente van die Wetsontwerp op Kannabis vir Private Doeleindes.

Dié organisasie wat die regte en belange van familieboere beskerm, voer aan dit is irrasioneel dat terwyl die private gebruik, verbruik en verbouing van dagga vir ontspanning deur volwassenes gewettig is, ingevolge die reg op privaatheid, feitlik alle private handel in dagga deur die dagga-wetsontwerp verbied word.

Die Konstitusionele Hof het in September 2018 die parlement opdrag gegee om grondwetlike gebreke in die Wetsontwerp op Kannabis vir Private Doeleindes binne 24 maande reg te stel. Ná 44 maande is daar egter nog geen antwoord hierop nie.

“Die dagga-wetsontwerp maak sake nog erger deur feitlik alle kommersiële aktiwiteite te kriminaliseer en terselfdertyd algemene kommersiële aktiwiteite wat met kannabis verband hou, te magtig”. Hierdie teenstrydigheid skep verwarring wat die oppergesag van die reg ondermyn, meen Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai.

“Daarbenewens sal die dagga-wetsontwerp die gereelde misbruik van dagga in groot hoeveelhede laat toeneem eerder as om die aankoop daarvan in klein hoeveelhede toe te laat. Die Konstitusionele Hof het gewys op mediese bewyse dat dit veilig is vir volwassenes om af en toe ’n daggasigaret te rook, maar dat dit gevaarlik is om dit gereeld en in oormaat te doen. Tog dwing die dagga-wetsontwerp iemand wat net een daggasigaret per maand wil rook om ’n hele plant te kweek wat 500 daggasigarette per oes kan lewer. Dit is so irrasioneel as wat dit sou wees om alkoholverbruik te wettig, maar slegs indien individue hul eie mampoer in 100 liter-vate brou.”

Rossouw sê die absurde, teenstrydige regulasies moet in die konteks van Suid-Afrikaners se twee grootste uitdagings – werkloosheid en korrupsie – verstaan word.

“Hoe meer teenstrydighede daar in die wet is, hoe meer diskresionêre magte word aan amptenare gegee; hoe stadiger met eenvoudige wetgewing gevorder word, hoe meer geleentheid is daar vir staatsamptenare om besighede af te pers om lisensies te bekom en vir besighede om die verkryging van lisensies te omseil. Dit is nie aanvaarbaar nie.

“Om dit te vermy, moet die dagga-wetsontwerp sonder versuim gewysig word om wettige handel toe te laat. Amptenare moet geen sê daaroor hê nie, en laboratoriums moet onafhanklik deur produsente gebruik word om produkte vir toksisiteit te toets.”

Rossouw sê ’n groot voordeel van eenvoudige wetgewing is dat hulpbronne wat tans vermors word op die polisiëring van volwassenes wat een daggasigaret koop, aangewend kan word om ernstige misdade te voorkom en om te keer dat dagga in die hande van minderjariges val.

“Met meer as 12 miljoen werklose volwassenes, kan die ry Suid-Afrikaanse werkloses van Kaapstad tot Kaïro strek. Werkloosheid is veral problematies in landelike gebiede. Die regering se belofte van 130 000 wettige werksgeleenthede in die plaaslike daggabedryf word waarskynlik oorskat. Maar as die dagga-wetsontwerp volgens Saai se voorstel gewysig word, kan tienduisende werksgeleenthede geskep word, veral deur familieboere en ander tradisionele produsente. Werkskepping moet ʼn prioriteit wees.

“Net soos met tabak en alkohol, wil nie almal dagga gebruik nie. Maar sodra verbruik gedekriminaliseer is, moet die volgende stap wees om die mark te laat werk. Die wet moet boere toelaat om grond, saad, sonskyn en arbeid te kombineer om ’n produk te verskaf wat sommige volwassenes privaat en verantwoordelik wil geniet. Saai beoog om dié punt vinnig te bereik.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Waarnemer ·

Francois Rossouw ek weet nie waar kom jou kennis vandaan dat om dagga te rook gesond is nie maar my logiese verstand se vir my om dagga te rook is soos enige sigaret of pyp dat jy jou longe besoedel….of jy nou aaptwak rook of wstse twak ookal dit kan nie goed vir jou longe wees nie……

Grens ·

En die gerookte spul gaan met voertuie rondry, met gerookte kop by huise inbreek vir nog geld om dagga te bekom. Hierdie hele ding vorm ‘n bose kringloop wat groot verdriet gaan bring. Maar nou staal ek myself om reggestel te word hoe goed dagga nou eintlik vir jou is.

De Villiers ·

Ek rook elke dag van my lewe dagga. Ek het nog nooit enige behoefte gehad om by huiste in te breek vir geld om dagga te koop nie, ek het sommer my eie dagga geplant.

JohnnyS ·

Probleem is dat die meeste dagga koppe nie eers kan onthou wat hulle in hul gerookte toestand aanvang.

Nici ·

Dagga is ‘n baie groot trigger vir mental health probleme soos paranoia en schizophrenia. Dis verskriklik gevaarlik en skep massiewe sosiale en gesinsprobleme., asook kriminele aktiwiteit. Niemand weet voor die tyd of hulle dagga rokery hul mal gaan maak of nie. Party mense is ok en ander verloor hul gesonde verstand. Dis die mees onverantwoordelike ding wat hierdie ignorant mense gewettig wil he in elke vorm.

De Villiers ·

Vir party mense, nie vir almal nie.

Ek rook al vir 20 jaar en het nog al my varkies op hok!

Rooikopheks ·

Dagga is net die eerste tree na verslawing, daarna volg ander dwelms. Die begin van ń bose kringloop.

De Villiers ·

Na 20 jaar se daaglikse dagga rook het ek nog nooit eers eendag gedink om enige ander dwelm te gebruik nie.

Ek het gesukkel met depressie op Universiteit en akademies swak gevaar. Na ek begin dagga rook het, is my depressie onder beheer gebring en ek het my vakke begin deurkom.

Ek het oorweldigend nog net positiewe van dagga ervaar.

Anonymouse ·

My oupa het gereeld sy pappegaai twak gerook en hy het nie eers gedrink nie.

Deon ·

Die geldgierigheid gaan my verstand te bowe. Alles gaan oor geld! Om die verbouing en gebruik van dagga enigsins te wettig, behalwe moontlik onder streng toesig en beheer in die vervaardiging van medisyne, is absurd. Verskeie harde dwelms word met die goed vermeng en deur dwelmhandelaars so verkoop. Ongekende vlakke van dwelmmisbruik is aan die toeneem, selfs in laerskole. Dit is n skande dat georganiseerde landbou in hierdie land enigsins aandadig wil wees aan die verbouing van hierdie verfoeilike produk.

Johan ·

Hoe kom jy daarby uit Deon, die regeeing kan NIKS reguleer nie, los die mense, wat nou aanhou karing met n disfunksionele regering mag gee.

Marius ·

Dagga is ‘n dwelm punt. As jy dit gebruik word of is jy ‘n dwelmverslaafde. Weet nie hoe die regering dit ooit gedeeltelik wettig gemaak het nie. As die deur op ‘n skreef oop is, is dit baie maklik om dit verder oop te stoot sonder enige weerstand.

Eltan ·

Die dronk bestuurder wat in my vasjaag…die alkohol wat hy drink is ook n dwelm…
Hulle kan die beste wette maak maar die toepassing daarvan is die probleem..
Sigarette..nikotien is ook n dwelm..hoogs verslaaf, maar ek as n roker in die hoekie pla niemand en doen niemand leed..maar tog word sigarette se reels soos n ystervuis toegepas…
Interessant hoe mense redineer..

JohnnyS ·

Die effekte, newe effekte en lang termyn effekte van alkohol, gewone sigarette en dagga verskil hemelsbreedt van mekaar.

Leon ·

Ek stem saam die polisie gebruik dagga en dwelm arrestasies om getalle op te stoot, terwyl ernstige misdade geïgnoreer word. Dekriminaliseer alle dwelms, om iemand toe te sluit wat dwelms ge ruik maak dit net moeiliker om uit dit te kom want na alles sit hulle dan met kriminele rekords jare na hulle dit ontsnap het. Gebruik opvoeding om mense te leer van die gevolge. Dekriminalisasie werk kyk na ander lande soos Portugal, want die eind gebruikers is die mense wat vervolg word, dus word die slagoffer van dwelms ‘n dubbele slagoffer want hulle is ook die enigste mense wat rekords kry baie min handelaars word gevang en vervolg.

Renier ·

Goeie werk Saai.Hoop julle kom reg. Die bedryf kan baie goeie dinge ook bring vir Suid Afrika.Lyk of baie mense dit mis kyk Die gebruikers gebruik reeds.

Anonymouse ·

Yep, en ‘n hele nuwe industrie wat baie werk kan verskaf, en belasting inbring.

Albert Kruger ·

Waar kom die erge teenkanting teen dagga vandaan?
Dis een van die mins skadelike dwelms (nog steeds ‘n dwelm, ja), maar veral beduidend minder gevaarlik as bv. drank. Die wangedrag, aggressie en vernielsugtigheid van dronk mense is tog algemene kennis; tog nie naastenby waartoe dagga-rokers in staat is nie?
Alkoholisme is ‘n reuse probleem in enige gemeenskap, terwyl dagga-afhanklikheid nie naastenby op dieselfde vlak is nie.
So as dagga ‘n verbode dwelm moet wees, moet dieselfde nie ook alkohol geld nie?
ps. Ek moet erken ek rook nie eers nie, so ek moet dalk eers eendag ‘n zol probeer . . .

sopbeen ·

Jy slaan die spyker op die kop. Hoeveel mense wat teveel drank gedrink het het al die volgende dag gesê hulle kan niks onthou nie.

Johan ·

Dankie Albert, ek wil ook graag weet waar kom die ou verkrampting vandaan.

Nommer 7 ·

Ai, ek raak nou oud. Plant deesdae goed in my tuin wat ek nie kan rook nie!

Johan ·

Waar kom die ou verkramping vandaan? Was dit n Engelse ding wat ons trots voortgesit het of n Afrikanerdom magsbeheptheid? Die regering kan niks reguleer nie hoekom nou mag aan sulke swape probeer gee, los die mense, die lewe is te kort om oor sulke twak aan te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.