Teenkanting teen inperking, druk op Ramaphosa neem toe

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Te midde van al meer oproepe dat die inperking en gevolglike regulasies verslap word, word daar bespiegel dat pres. Cyril Ramaphosa die week nog ʼn aankondiging in die verband kan maak.

Die ramptoestand verval op 15 Augustus ná Ramaphosa dit op 12 Julie verleng het. Ramaphosa het tydens dié aankondiging ook met onmiddellik effek ʼn aandklokreël in werking gestel.

Die bevelsraad en kabinet het toe besluit om die land op vlak 3 van die afsonderingsregulasies te hou te midde van oproepe dat sekere gebiede weer na vlak 4 en vlak 5 moet beweeg. Daar is egter besluit dié stap sal nie noodwendig ʼn aansienlike afname in die oordrag van die virus tot gevolg hê nie en sal teen ʼn groot en buitengewone ekonomiese koste wees.

Met die ramptoestand wat Saterdag verval, word daar algemeen verwag dat Ramaphosa vandeesweek weer die land sal toespreek oor die jongste stand van sake. News24 berig die kabinet en die nasionale Covid-19-bevelsraad is aangeraai om die alkoholverbod sowel as die tabakverbod, wat reeds sedert die aanvanklik aankondiging van die afsonderingstydperk einde Maart in werking is, op te hef en om die land na vlak 2 van die afsonderingstydperk te laat beweeg.

Intussen is daar daagliks al meer oproepe vir die onmiddellike beëindiging van die sogenaamde harde inperking.

John Steenhuisen, DA-leier, het Woensdag opnuut versoek dat die alkohol- en tabakverbod opgehef moet word, die toerismebedryf, skole en grense oopgestel word, die aandklokreël opgehef word en die ramptoestand tot ʼn einde kom.

DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Armand Hough/ANA)

“Dit is hoogtyd dat Ramaphosa ʼn ruggraat kry, teen sy party opstaan en begin om Suid-Afrika eerste te stel.”

Die land se daaglikse Covid-19-infeksiekoers is besig om af te neem en die herstelkoers staan op 75%. “Hoewel dit geen rede is om nie op ons hoede te bly nie, is dit genoeg rede om die ekonomie weer ten volle te open. Dit moet onmiddellik gebeur.”

Volgens Steenhuisen is daar ʼn algemene konsensus dat ʼn tweede vlaag van die pandemie onwaarskynlik, maar nie onmoontlik is nie. “Hoe dit ook al sy, ons kan nie vir ewig vir hierdie virus wegkruip terwyl ons lewens en bestaan uitmekaar val nie. Ons moet leer om daarmee saam te leef, want dit gaan waarskynlik nog maande, miskien selfs jare, met ons wees.”

Die Solidariteit Beweging is ook een van die organisasies wat eis dat die totale inperking geskrap word.

Die hofsake teen die regering in verband met die alkohol- en rookverbod raak ook by die dag meer met talle van die sake wat reeds ver gevorderd is.

Batsa en Fita werp alles in die stryd om die tabakverbod opgehef te kry terwyl talle organisasies, insluitend Saai, die alkoholverbod wil laat ophef, veral weens die vernietigende effek op die wyn- en gasvryheidsbedryf.

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, staan al die hofaansoeke teen en veg egter verbete voort om die tabak- en alkoholverbod in plek te hou. Dlamini-Zuma het in al haar hofstukke aangevoer dat die tabakverbod en die jongste alkoholverbod ten doel het om die gesondheidsorgstelsel te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Persheks Adri ·

Hier sien ons self wat die feite is oor die rook verbod! Moet nie ons intelligensie onderskat nie en dis oor sy en haar kinders geld maak op swart mark en word steeds nie vervolg nie!!! Korrupte klomp en die verbod beter vinnig gelig word!

“Die minister het self erken dat die mediese dokumente, waarop sy steun, toon nie ʼn beslissende verband tussen rook en die erns van Covid-19-simptome nie, en sy kan dus nie die hof oorreed dat die verbod noodsaaklik is nie.”

Persheks Adri ·

Gister se artikel en ek hoop van harte dat die verbod gelig word! Genoeg is genoeg nou hoor! Ons is nie ninjas nie en kopdoek kan loop vlieg of af tree. Whatever blows her scarf away!

Oujongvrou ·

Hoe daai vrou nog al die jare geloofwaardigheid het weet nugter. Sy wat mense vertel het om beet te eet vir vigs. Het sy ooit n sertifikaat wat enigsins se sys n gekwalifiseerde arts.

Jacques ·

Sy het geen geloofwaardigheid nie. Dis in elk geval nie ‘n vereiste in die ANC nie.

Charles ·

Die lenings fondse is seker op, nou moet n alternatief gekry word.

Jaco ·

Amper al die instansies en groepe in hierdie berig wat kla oor inperking, is of as geheel hoofsaaklik wit of het wit leiers. So al hulle gekla gaan NIKS help nie. Onthou net, ramaphosa het ‘n paar maal reeds gesê inperking wys hoe ongelyk alles in SA is en dat “wit beheer” oor die ekonomie moet stop.
So hy gaan nie na wit klaers luister nie. Hy hou nie van ons nie. 90% van die inperkingsmaatreëls het in elk geval NIKS met bekamping van Covid-19 te doen nie. Dis ingestel PRIMÊR om wit besighede te laat ondergaan en om wit werkers werkloos te maak.

Pieter ·

Ons rokers sal beet eet as ons siek word dit help dan vir vigs.

Inkpot ·

Ons moet vir Zuma sê ons floreer onder al die inperkings, dan sal sy dit ophef.
Vir haar s dit net ń magsspeletjie

Scalla ·

Antie kopdoek, hoedeman en oom swemkeps sal daarteen skop.

Magda ·

Ruggraat -Wie ramaphosa – Moet nie laat ek my doodlag nie.

Heinrich ·

Ramaphosa – leier van die ANC – ja. leier vand die land – nee.

Pappa Beer ·

Ramparra het nie n greintjie leierskap in hom nie, hy word aan die “short and curlies” gehou deur kopdoek en haar mag van skelm agterbakse kaders. Hy is n rugraatlose pop wat heeltemal vou onder groepsdruk.

Alleen Wolf ·

Ek kan nie se wat in my gedagtes is nie, hulle sal dit nie publiseer nie en ek sal in die tronk beland.

MrMagic ·

Die ANC regering kon in al die jare dit nie eens regkry om die gesondheidsorgstelsel te hou soos dit gedurende apartheid was nie. Geen manier dat hulle enigsins iets beter kan maak nie. Die klomp is in vir ‘n groot verrassing.

Prikkie ·

Dit hang alles af wanneer Tannie Kopdoek weer vir hom “airtime” gee!

Thinus ·

Was positief getoets vir COVID 19, is tipe 2 diabeet, hoë bloedruk en kolestrol en het slegs matige simptome gehad soos griep. Soos met enige siekte moet die virus behandel word om nie soos ‘n long onsteking te raak nie. Verder is dit ook maar ‘n feit dat as jy onderliggende siektes het, soos aids, met ‘n swak immuun stelsel kan dit jou dood veroorsaak. Moet asseblief nie kom met die Bollie storie van nikotien en rook nie. Mamma Kopdoek….ek het daa COVID 19 weg gerook en nogal met cheap RED & BLACK sigarette. Die swak kwaliteit versmoor seker die virus….

koos10 ·

Ek wonder oor een ding. As CR nie ‘n afkondiging teen Saterdagaand 23:59 gemaak het nie, verval alle regulasies dan ook?

Johan D ·

Ek sal bly wees as ons kan wegbeweeg van “Advanced level 3 (X) 55C iii” af na Level 2.999 toe!

Piet ·

DZ beskerm net haar eie belange in die smokkel van sigarette en sjibeens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.