Teenkanting teen NGV neem toe

Foto: Demokratiese Alliansie/Facebook

Die DA het Maandag 87 000 besware teen die beplande wetgewing rakende die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ingedien. Dié besware is ingewin tydens ʼn aanlyn petisie en dit is Maandag, saam met hul eie kommentaar op die wetsontwerp, by die parlement ingedien.

Die DA het 25 redes geïdentifiseer waarom die NGV tot mislukking gedoem is, wat in vyf kategorieë ingedeel is:

  • Die staat is nie bevoeg om ʼn projek van dié omvang suksesvol te bestuur nie.
  • Beplande wetgewing rakende die NGV is onduidelik en vaag.
  • Suid-Afrika het nie die fondse om hierdie projek te implementeer nie.
  • Beplande wetgewing is strydig met die Nasionale Gesondheidswet van 2003.
  • Die openbaredeelnameproses rakende die NGV was tot dusver nie korrek uitgevoer nie.

Maroela Media het Sondag berig dat die ware instellingskoste van die NGV in die omgewing van R226,9 miljard sal wees, wat onbekostigbaar is, selfs indien die ekonomie teen ʼn hoogs optimistiese koers van 2% per jaar tot 2025-’26 groei. Dit volgens ʼn omvattende verslag wat Dinsdag by die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid ingedien word.

“Dit wil voorkom asof die NGV aan geen kostevoordeelontleding onderwerp is deur die nasionale tesourie of die departement van gesondheid nie,” bevind die verslag. Op grond van dié bevindings, maak Solidariteit Dinsdag stappe in sy veldtog teen die inwerkingstelling van die wetsontwerp bekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sobymykoolkop ·

Dink ons regtig hulle gee om? Hulle gaan nie daaraan blootgestel word nie. Gaan soos alle Afrika leiers privaar hospitale in ander lande besoek.

T ·

Dit is belangrik om te noem van die World Economic Forum se bevindinge, dit gee gravitas aan wat gese word.

T ·

Vra die regte vra, as hulle nie nou die staats hospitale en klinieke van voorsien van regte medikasie nie, hoe gaan hulle dit doen voorentoe, hulle het geen stelsels in plek wat mens kan sien soos in die privaat sector watter mense kry watter medisyne nie, geen stock counting stelsels wat met mekaar en die warehouses praat nie. Hulle vat medikasie en verkoop dit. Hoe gaan hulle die gedrag eers verander en stelsels in plek sit wat transparancy gee op die hele medikasie lewens siklus DAN kan ons weer praat. En HOE gaan 8% se mense vir almal dra? So verhoog nou ons tax? en betaal vir almal? nee tax dan eerder kos en goed dat almal indrek vir hulle eie medies betaal. Ons kan nie nou 55% of so betaal vir Tax omdat ons almal se medies moet betaal nie nee wat.

Chris ·

Die lede van die regering getaak met die implimenteering van die gosondheids stelsl het net wen doel voor oe en dit is hoeveel hulle vir hulle self gaan skep uot die stelsl. Die hoof diel is eintlik om hulle hande op die medies fondse se bydra te mag le. Of die stelsl gaan slaag of nie is n bysaak .

Natan ·

Die probleem met die NGV is dat dit deel is van die Nasionale Sosialistiese/Demokratiese Rewolusie. Die Rewolusie is nog volstoom aan die gang soos deur Ram (a)p (hosa) duidelik gestel voor die SAKP se onlangse kongres. Die NVG moet geïmplementeer word, sodat die boksie van ideologiese implementering gemerk kan word al wys die praktyk anderkant toe. En die sosialistiese lui stemvee keur dit goed, want geld kan net gedruk word (die ekonomiese gevare ken hulle nie want volgens hulle is politiek en ekonomie twee verskillende entiteite).

Kalahari ·

Maak nie saak of hulle weet dit gaan nie werk nie sal hulle dit nogsteeds implementeer of ons nou hou daarvan of nie

Johanna Botha ·

Wat verstaan die anc nie ….julle is BANGKROT daar is nie geld vir die NGV ….hoe dom moet jy nie wees om dit nie te verstaan nie.

Marthie Gűttner ·

Dit is onaanvaarbaar om ons te dwing om by iets aan te sluit wat nie kan werk nie, kyk na die toestand van al die staatshospitale!

Leon ·

Die besware gee die ANC net meer woema om dit te implementeer. Dit wys vir hulle hoeveel meer geld hulle kaders uit die vonds sal kan kanaliseer na hulle eie rekeninge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.