Teenstand teen Aarto is weens ‘misleidende inligting’

Argieffoto

Die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer het sy kommer uitgespreek oor die voortgesette teenstand teen die Wysigingswetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto).

Mosebenzi Zwane, voorsitter van die komitee, meen die teenstand teen Aarto is weens “misleidende inligting”.

Hy het gesê hy het kennis geneem van die besware teen en bekommernisse oor Aarto. Volgens Zwane is daar egter gedetailleerde deelnemende prosesse gevolg waar die bekommernisse wat geopper is, behoorlik oorweeg is.

“Albei parlementshuise het omvattende en uitputtende deelnemende prosesse onderneem nadat die wetsontwerp ingedien is. Soortgelyke prosesse is deur die regering onderneem en belanghebbendes het ruim geleentheid gehad om die prosesse te beïnvloed,” sê Zwane.

Aarto is verlede week deur pres. Cyril Ramaphosa bekragtig. Dit is egter nog nie duidelik wanneer dit van krag sal word nie.

Verskeie organisasies en instellings het egter hul teenstand teen Aarto uitgespreek en gedreig om dit tot in die Konstitusionele Hof te beveg.

Zwane het egter gemaan dat aktivistegroepe nie gekant moet wees teen die regering se pogings om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter nie.

“Die teenstand teen Aarto is weens misleidende inligting, veral die kwessies wat hulle op hersiening wil neem. Geen belanghebbendes is uit die openbare deelnameproses gesluit nie, en alle insette is in ag geneem tydens die finalisering van die wetsontwerp,” het hy gesê.

Suid-Afrikaners moet eerder probeer om Aarto doeltreffend te maak en saamwerk om dit te verbeter sodat dit die breër samelewing kan bevoordeel, het Zwane bygevoeg.

“Die komitee is steeds van mening dat die implementering van Aarto sal help om die bloedbad op ons paaie te verminder, en wetstoepassers die nodige hulpmiddels sal gee om diegene wat nie die wet nakom nie aan die pen te laat ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

45 Kommentare

jongste oudste gewildste
cc

ZWANE ….met daai redenasie,,,,dan moet ons geen misdaad en korrupsie in SA he nie!
Ons het die beste wetgewing ter Wereld….kom net bietjie kort by die uitvoering!!! Ons parlement sal met ‘n personeelomset probleem sit as wette behoorlik uitgevoer word.

Leon

Die probleem is, die oorsaak van die dood op die pad, vragmotors en busse en taxis is vrygestel van AARTO.

Johan

Die grootste probleem is nie hierdie wet self nie., maar die toepassing daarvan. Dit sal lei tot korrupsie op ‘n wye skaal. En dit gaan nóg ‘n mislukte “blink plan” van die staat wees wat misluk!

Dane

Seblief word wakker want hoeveel gaan nou eers ry soos hulle wil,korrupsie

Phil

Ja-nee dis een van die tekens van die eindtyd : daar sal mense wees wat julle opsetlik onnosel sal jou… Het enige iemand al probeer om vertoe te rig tov ‘n Aarto boete? Of probeer om jou saak in die hod te verdedig? Absolute lomp proses! Ek wil ‘ n voor spelling waag: hierdie gaan ‘n nog groter fiasko as die e-tol word.