Teenstand teen Aarto is weens ‘misleidende inligting’

Argieffoto

Die parlementêre portefeuljekomitee oor vervoer het sy kommer uitgespreek oor die voortgesette teenstand teen die Wysigingswetsontwerp op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe (Aarto).

Mosebenzi Zwane, voorsitter van die komitee, meen die teenstand teen Aarto is weens “misleidende inligting”.

Hy het gesê hy het kennis geneem van die besware teen en bekommernisse oor Aarto. Volgens Zwane is daar egter gedetailleerde deelnemende prosesse gevolg waar die bekommernisse wat geopper is, behoorlik oorweeg is.

“Albei parlementshuise het omvattende en uitputtende deelnemende prosesse onderneem nadat die wetsontwerp ingedien is. Soortgelyke prosesse is deur die regering onderneem en belanghebbendes het ruim geleentheid gehad om die prosesse te beïnvloed,” sê Zwane.

Aarto is verlede week deur pres. Cyril Ramaphosa bekragtig. Dit is egter nog nie duidelik wanneer dit van krag sal word nie.

Verskeie organisasies en instellings het egter hul teenstand teen Aarto uitgespreek en gedreig om dit tot in die Konstitusionele Hof te beveg.

Zwane het egter gemaan dat aktivistegroepe nie gekant moet wees teen die regering se pogings om die lewens van Suid-Afrikaners te verbeter nie.

“Die teenstand teen Aarto is weens misleidende inligting, veral die kwessies wat hulle op hersiening wil neem. Geen belanghebbendes is uit die openbare deelnameproses gesluit nie, en alle insette is in ag geneem tydens die finalisering van die wetsontwerp,” het hy gesê.

Suid-Afrikaners moet eerder probeer om Aarto doeltreffend te maak en saamwerk om dit te verbeter sodat dit die breër samelewing kan bevoordeel, het Zwane bygevoeg.

“Die komitee is steeds van mening dat die implementering van Aarto sal help om die bloedbad op ons paaie te verminder, en wetstoepassers die nodige hulpmiddels sal gee om diegene wat nie die wet nakom nie aan die pen te laat ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

cc ·

ZWANE ….met daai redenasie,,,,dan moet ons geen misdaad en korrupsie in SA he nie!
Ons het die beste wetgewing ter Wereld….kom net bietjie kort by die uitvoering!!! Ons parlement sal met ‘n personeelomset probleem sit as wette behoorlik uitgevoer word.

Leon ·

Die probleem is, die oorsaak van die dood op die pad, vragmotors en busse en taxis is vrygestel van AARTO.

Elna ·

Ek stem saam Leon
Die AARTO sisteem sal net geld vir ons gehoorsame landsburgers. Taxis busse en vragmotors sal vrygespreek word daarvan. Hoe kan ons as verbruikers n vertoë rig teen hierdie belaglike korupte stelsel?

Alex ·

Waar kom julle daaraan? Busse en vragmotors word juis swaarder gestraf vir dieselfde oortreding volgens AARTO.

Johan ·

Die grootste probleem is nie hierdie wet self nie., maar die toepassing daarvan. Dit sal lei tot korrupsie op ‘n wye skaal. En dit gaan nóg ‘n mislukte “blink plan” van die staat wees wat misluk!

Dane ·

Seblief word wakker want hoeveel gaan nou eers ry soos hulle wil,korrupsie

Phil ·

Ja-nee dis een van die tekens van die eindtyd : daar sal mense wees wat julle opsetlik onnosel sal jou… Het enige iemand al probeer om vertoe te rig tov ‘n Aarto boete? Of probeer om jou saak in die hod te verdedig? Absolute lomp proses! Ek wil ‘ n voor spelling waag: hierdie gaan ‘n nog groter fiasko as die e-tol word.

marous ·

Inligting kom van die misleidende mislike regering wat niks anders kan doen as om alles in die grond in te vertrap nie . Dis die waarheid.

Julius ·

As alle belangegroepe hulle insette gehad het, hoekom is daar nou teenkanting? Ek het nie enige inset gehad nie en sou ek iets sê word dit net verwerp.

Emma ·

Liee vader wat op cr se tafel beland word bekragtig, deurdink die mense wat die gevolge gaan wees van alles wat hulleself sommer besluit. Jan publiek word nerens geken in sulke drastiese sake nie. Daarom is alles n mislukking als gebeur te vinnig te gou. En die regering is nie te vertrou nie.

Johan ·

Wat van die 38% voetgangers wat deel is van die ongelukke, gaan hulle ook op die punte sesteem wees, albei bene verloor as hulle punte op is

anton ·

Hulle doen huidiglik niks om die wat die pad reels oortree te beboet of vas te vat.
Nou hoe gaan julle dit met Arto doen?
Ons het die beste wette in die land maar die probleem is dat dit nie toegepas word nie!!!
Nee wat, ons polisie en metro…….Monitor alles net op n afstand.
Net nog n sinnelose stelsel wat net mooi niks gaan beteken nie en meer korrupsie gaan veroorsaak.

Salamander ·

Was dit nie dieselfde argument t.o.v. die weerstand teen e-tol nie?

Deloris ·

En betaling van boetes gaan geignoreer word soos tans die geval…..

ChrisE ·

Die proses, ondersoeke en evaluering is reeds jare aan die gang. Dit is ‘n kombinasie van die stelsels wat deur die Britse en Australiese regerings toegas word. Dit is baie eenvoudger en makliker uitvoerbaar. Korrupsie word juis deur die stelesel beperk. (Ek sê nie dat dit nie gaan plaasvind nie). Al die belange , druk en anti regerings groepe is meer as genoeg tyd gegee om daarteen besware te maak. Die taxi eienaar sal twee keer dink voordat hy ‘n bestuurder aanstel wat nie ‘n geldige lisensie het nie. Die taxi eienaar is nou ook aanspreeklik vir boetes wat sy bestuurder maak. Sy taxi kan geskud word of sy permit kan verval. As jy ‘n verkeersboete kry is jy skuldig aan ‘n oortreding. Hetsy parkeer, spoed of oor geel streep ry. Jy gaan nou daarvoor moet betaal. Indien jy nie betaal nie gaan jy punte teen jou laat opstapel. Die dag wanneer jy jou lisensie wil hernu gaan jy dit nie kan doen nie. Eenvoudig soos dit. Maw jy gaan nou twee keer dink meneer/mevrou om met jou 4X4 op die sypaadjie te parkeer. As jy 12 punte teen jou naam het, gaan jou lisensie opgeskort word. As boet of sus met pappie se wa jaag, gaan pappie vir die boete verantwoordelik gehou word. Ek raai mense aan om hulself eers te vergewis van iets alvorens kritiek gelewer word. Enige ding wat die regering besluit word met minagting bejeën, maar maak eers seker voordat jy ‘n oningeligte besluit maak.

Human ·

In eerste wêreld lande werk dit en word dit deur eerste wêreld mense toegepas, ongelukkig is SA nie deel van bogenoemde nie en enige iemand wat dink en hoop, dat dit hier gaan werk, lewe in lallaland, want gesindheid en lewensuitkyk is defnitief nie Suid-Afrikaners se sterk punte. Huidige wetgewing kan en word nie eers behoorlik toegepas en om te praat en te hoop, dat met nuwe wetgewing gaan dit regkom of verbeter is soos om nog `n kommisie van ondersoek aan te stel en dan te dink nou gaan al die probleme soos mis voor die son verdwyn. Dream on !

McG ·

Ek hoor wat jy sê Chris maar met die huidige toestande op regeringsvlak en wetgewing kan ek nie sien hoe hierdie stelsel sonder baie probleme gaan wees nie. Om dit met die in die UK en Aussieland te vergelyk waar daar bietjie meer orde is, is bietjie vergesog.

Gerrit ·

Ai Chris. Waar die gemiddelde omkoopbedrag tans sê R200 is (byvoorbeeld), gaan dit nou verhoog na sê R500 (byvoorbeeld). So waar kom jy daaraan dat mense boetes gaan kry?

Thinus ·

Zwane, met jou en die regering se track record, sal enige iemand teenkanting teen julle implimenteerings he. Julle kan en sal nooit vertrou word nie omrede julle te onbevoeg en korrup is. Als wat julle doen het ‘n verskuilde agenda met’ n korrupte ondertoon. Gaan vat die taxis en busse eerste vas dan is meeste van jul kopsere weg en los die gewone motorris wat orals belas word uit.

Andre ·

Zwane praat bog. Die hoofdoel van Aarto is om inkomste vir die Staat te bekom. Aarto gaan nie konsekwent toegepas word nie; taxibestuurders en dies meer hoef nie vir Aarto te vrees nie. Net nog ‘n truuk om fondse te bekom vir verdere korrupsie

Judge Dredd ·

Teenstand teen AARTO is weens ‘misleidende politici/staatsamptenare/owerhede’

– Julle het geen integriteit oor om die regte ding te doen.

Manie ·

Soos dit vir my lyk is punte straf vir doodsveragtende optrede soos sperstreep verbysteek ver te min. sulke oortredings verdien n 12

Suzette Geringer ·

Zwane jy het nie ‘n idee waarvan jy praat nie. Jy gaan nie mense se lewens verbeter nie – jy gaan help om bodemlose sakke vol geld te maak. Kan glad nie sien hoe julle mense wat die padverkeersreels oortree gaan vasvat nie. Puntestelsel of nie. Julle kan dit nou nie eens regkry nie.

NEels ·

Die wet is net vir die voorheen bevoorregtes om hulle nog verder te melk. Die res van die bevolking kan maak net soos hullr wil en sal nie vervolg word nie. Werk net soos met Tv lisensies die in beheer is te bang om op te tree want dan is die nasie ontstig , staak en voer die stof dans uit

Trojaanse Donkie ·

100% reg. die skaal van korrupsie gaan ongelooflik wees soos ons reeds sien van enige iets wat die staat aanpak.

Alida ·

Julle vergeet wie is minister van vervoer. Narre maak die wette wat verwag julle?

Stofdonkie ·

Is die nou soos die publiek inset gehad het met die straatnaam veranderinge in Pretoria? Ek was daar, en die oorgrote meerderheid van deelnemers was daarteen gekant, maar steeds is dit deurgevoer. Hulle hou net hierdie “insette” oop om te sê hulle het, maar eintlik maak dit nie ‘n hel saak aan hulle wat die insette van die publiek is nie. Belsuite word geneem in lethuli-kaya, en die res van die land moet dit maar net so aanvaar.

Andre ·

Twak. Daar is genoegsame wetgewing oor verkeer daar is net nie behoorlik opgeleide VERKEERSBEAMPTES om die wette toe te pas nie. Almal is mos nou Polisie en niemand om na die verkeer om te sien nie. Daar is wetteloosheid op die paaie.

LK ·

Ons moet net betaal en betaal en wie loop weg met alles. Niks is meer goedkoop nie, ons werk vir ‘n salaris maar betaal dit net so aan daaglikse behoeftes. Jy kan nêrens gaan nie want petrol is te duur, nou moet ons betaal vir iemand se slim plan om nog geld vas te lê. Kan niemand sien wat aangaan nie.

Matt ·

Hasie, die verval van alles waaraan die huidige regering hul hande gesit het.

Veer ·

Ons land het die beste wette ter wêreld, maar dit help zero as dit nie toegepas word nie. Goeie konsep, maar good luck met die Aarto Faarto en die implimentering daarvan!

chrisjan ·

Hopeloos TE MIN wets toepassers op ons paaie is die grootste oorsaak.Die owerhede is te onnosel om dit raak te sien.Daar is reeds padverkeersreels en wette maar dit word selde toegepas en afgedwing want daar is net nie wets toepassers op die paaie nie!Maak spoedlokvalle 100 maal meer op nasionale paaie en sit wetstopassers OP DIE PAAIE en net by dorpe se ingange nie.Sluit sperstreep oortreders op die plek toe sonder die keuse van ‘n boete dat die regter hom ‘n keuse van tronkstraf(vir poging tot moord met ‘n motorvoertuig) of ‘n reuse boete-so R10,000 plus gee.Vergeet van ARTO dit sal nie die gewenste uitwerking he nie.Meer wetstoepassers kan wel.

Linda ·

Wat nou van die voetgangers wat soos beeste en dom skape oor enige deel van enige pad hardloop, en fietsryers wat in teenoorgestelde rigting van aankomende verkeer ry, sonder enige reflectors en dan nog swart klere en so dra. Jy sien nie eens die ding voor hy amper onder jou wiele verdwyn nie… Maar hulle het mos reg tot alles. Kom ry bietjie die N2 in die Kaap , veral in die wintermaande as dit teen 7 uur soggens nog pikdonker is. Wie gaan punte inboek vir hulle oortredings? Kinders, en veral swart en kleurling kinders het geen respek vir padreels nie, en as volwassenes raak die probleem net erger.. Hulle karre kom ook sonder flikkerligte.. Ry oor 2 bane soos ons kaskarre gery het as kinders op die stofpad. Ry bergpasse en kyk hoe sny hulle die draaie. Geen sin vir linkshou nie.. Maar mnr Speedcop word seker opgelui om net wit raak te sien?

Judge Dredd ·

Ek vertrou my eie oe meer as die bevoegdheid van staatsamptenare om sperstrepe in stand te hou / op gepaste plek te verf.

Pieterd ·

Die grootste tekortkoming van AARTO is dat dit ons ontneem van ons fundamentele reg om ons tot die hof te wend indien die aanklag/boete onregverdig geag word. Die mag word in die hande van administratiewe personeel gelaat, selfs in geval van appél.
Ek kry gereeld E-tol rekeninge (wat nou al meer as R6000 beloop) terwyl ek nie nader as 600Km aan daardie paaie was op die gegewe datums nie en slegs een keer per jaar naby Gauteng kom. Korrespondensie word nie eens beantwoord nie.
Onder AARTO, kan ek gedwing word om dit betaal, en die hernuwing van my lisensie kan geweier word.

Schalla ·

Vir ‘n verandering stem ek eintlik nogal saam met hierdie AARTO puntestelsel. Ek deel egter die sentiment van vele kommentators of dit in praktyk effektief toegepas sal word. En indien dit wel toegepas word en die belhamels wat herhaaldelik oortree se rybewyse weggevat word en die voorspelbare anargie wat dit teweeg gaan bring begin homself uitspeel, hoe die regering van die dag daardie anargie gaan onderdruk of net gaan toelaat dat die land afgebrand word tydens “peaceful protest” wat ons weet gaan gebeur. As hulle dan bereid is om met skerppunt-ammunisie in te klim om die wetsgehoorsame burgers se lewens en eiendom te beskerm, dan sal dit miskien werk.

Alida ·

Die ANC hoor van al hierdie oulike goed wat toegepas word in n 1ste wereldland maar het nie die kundigheid om dit te implimenteer nie. Alles flop etol en baie ander. Die enigste ding wat werk is die Gautrain want dit is vooraf goed deurdink en beplan deur mense wat weet wat hulle doen.

blouapie ·

AARTO – ‘n mislukking vanaf dag een!
Swak diens. Vervalste registrasie nommers ens. ens…..

Gert ·

Vir spoed kry jy 6 punte teen jou, vir jaag oor ‘n rooi robot kry jy 1 punt. Ek het absoluut geen respek vir diegene wat hierdie snert opgestel het nie.
In Duitsland is daar geen spoedperk op die snelweë nie, en hulle het die laagste ongeluksyfer op aarde. Hoe bring jy dit by hierdie siek formule?

Karlahari ·

Sit dashcams in alle verkeers polisie voertuie wat die doen en late in die voertuie opneem. Hier in die Vrystaat sit hulle al ses uur die oggend langs die pad in hulle voertuie. Verwarmer aan en kop lê op skouer. Dan word hulle oortyd betaal.
Aarto gaan nie die dood op die pad verminder nie…..
En hoe gaan Lesotho bestuurders beboet word wat die hele Vrystaat vol ry met gekoopte lisensies en onpadwaardige voertuie?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.