Teenveldtog poog om afbrekende kunswerk te oorskadu

Die uitstalling.

Die vakbond Solidariteit het vandag sy veldtog teen die afbrekende “F*** white people”-kunswerk deur Dean Hutton van stapel gestuur. Die veldtog het ten doel om hierdie “kunswerk” toe te plak – met positiewe, opbouende woorde waarmee elke Suid-Afrikaner kan identifiseer.

Dit volg nadat Solidariteit verlede week in ʼn aanlyn meningspeiling die publiek gevra het wat hulle van die berugte “F*** White People-kunswerk” dink. Duisende mense het aan hierdie peiling deelgeneem en sowat 85% mense het aangedui dat die “kunswerk” hulle grief. Na aanleiding van hierdie uitslag het Solidariteit besluit dat daar ruimte is vir ʼn positiewe alternatief vir hierdie kunswerk.

Volgens Juran van den Heever, hoof van kommunikasie by Solidariteit, glo die vakbond egter dat dié uitstalling kortsigtig is in tye waar rasseverhoudinge in Suid-Afrika uiters sensitief is. “Hierdie ‘kunswerk’ saai verdeeldheid en in vandag se tyd verdien dit dus geensins enige uitstalruimte nie,” het hy gesê.

Van den Heever voer aan dat die rassespanning in Suid-Afrika nie verder aangeblaas moet word nie, maar dat daar eerder maniere gevind moet word om te wys dat ons nie in negatiwiteithoef te verval soos wat deur hierdie “kunswerk” weerspieël word nie.

Solidariteit benodig jou hulp om die negatiwiteit wat deur die “kunswerk” aangeblaas word, met positiwiteit te beveg. “Kom ons bou eerder almal saam aan die dinge wat werklik belangrik is in ons land: beter onderwys, produktiewe werkplekke en veilige gemeenskappe,” het Van den Heever beklemtoon.

Landdros D.M. Thulare het vroeër in die hofstryd tussen die Cape Party en die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad gelas die werk is nie haatspraak nie maar eerder ʼn uitdrukking van kuns. Volgens Thulare is die werk van Dean Hutton nie onbillike diskriminasie op grond van ras nie.

Die uitstalling bevat net die woorde “F*** white people” wat in swart en wit gedruk is, saam met ’n stoel en goue stewels. Die uitstalling is sedert begin vanjaar by die museum te sien en is in Januarie deur lede van ʼn politieke party geskend.

Lees meer oor die teenveldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dovaz ·

Kuns se m%$#!!!! En dit nogal a wit persoon (hoop die Dean Hutton is a wit persoon) wat teen sy eie ras, kleur en nasie rasse wraak en haat aan huts!!! Hoekom kan daaraan niks gedoen word nie?

johnny_walker ·

ek dink sy kuns is briljant , die houding teenoor blankes in die land (en die wereld) is al lankal juis soos die kunswerk uitbeeld , en wat doen ons daaromtrent ? ons huil oor n kunswerk maar oor die werklike beledigings wat die staat en ander volke daagliks aan ons doen sê ons nie n woord nie

Adam ·

Dankie Johnny Walker. Dit is net jy en Miss Demeanour wat kon raaksien dat daar ook ‘n ander interpretasie vir die kunswerk se boodskap is. Ons leef juis in ‘n tyd waarin ons as tweederangse burgers beskou word en daar is niks fout om uit te beeld wat beleef word nie. Ongelukkig is daar organisasies wat die reaksie op hierdie kunswerk, net soos die in die Spur geval, sal “kaap” om ‘n bietjie ekstra ledegeld in die spaarvarkie te kry.

Swartkat ·

Die stoel simboliseer die wittes se rusplek voordat hulle deur die ANC regering met ‘ n goue stewel onder die agterstewe geskop word. Zimbabwe het ook gedink dit is kuns toe hulle die witmense se grond, werk en land gevat het. Dit wat deur dekades opgebou is word deur die kuns van bedrog en diefstal en plaasmoorde daagliks vernietig.

SNEL ·

Swartkat, bhahaha, hoe lekker lag ek nou vir jou verduideliking van die kunswerk met stoel en stewels, en ja, dis wraggies so. Kan net nie dink dat in n land waar dinge juis so sensitief is dat sulke neerhalende en vieslike goed van n groep gesê mag word nie. Met sulke goed sal daar nooit vrede in die land wees nie….of moet ons ook wys hoeveel kuns ons in ons het?

Annette Stander ·

Die sogenaamde kunstenaar is ‘n breinlose vermorsde witvel

Dean ·

Dean Hutton sal doodeenvoudig weghol oorsee indien die massas sal begin march. Lafaard. Mag jy dan verantwoordelik gehou word.

Johann Marx ·

Gaan Google Images bietjie vir Dean Hutton….en besluit self of sy die moeite werd is om oor te huistoe te skryf…..Shame, man…

Helena ·

Ek het die naam gegoogle en sjoe dit is beslis nie ‘n mooi prentjie nie. Glad nie die moeite werd om tyd en geld op so-iets te vermors nie.

adriana ·

Dis duidelik dat die arme Dean aan ‘n minderwaardigheidskomplek ly – in ‘n baie erge graad. Ek kan ook sien waarom.
Maar soos alle libs en anti – witmense sal hy ook eendag maar stert tussen die bene die pad vat wanneer dit te warm in die kombuis gaan word. Hy sal op die eerste bootjie beskikbaar vertrek.
Ek groet hom sommer nou al.
Ons het groter probleme as ‘n stukkie “kunswerk” in die land. Ignoreer dit en dit sal baie gou verby waai. Ons gaan ook later al die libs ignoreer en hulle gaan- soos ek se- die eerste skippie neem en vertrek – hulle is nie die moeite werd om te bespreek nie. Hoe gouer hulle vertrek hoe beter – ons het nie sulke bagasie nodig nie.

Eish ·

Mooi so Solidariteit. Dit is presies hoe ek julle ken. Rangeer al die energie van die konflik na n positiewe en produktiewe uitkoms. Ek is eenvoudig mal oor jul styl!!!!!

HPV ·

Nuwe kunswerk bewoording.

Love white people. They are rainmakers.

Anira ·

Ek hou baie van jou voorstel maar dit sal waarskynlik rassisties wees om Blankes aan voorspoed en vooruitgang te koppel

Dovaz ·

Het die “bus” wat hom a artist noem gegoogle. Dit sal hom niks goed doen om die witmense te haat omdat hy so lyk nie. Miskien sal hy beter voel as hy a diet pil gebruik en na sy eet gewoontes oplet. Miskien a bra!!? Grillerig!!!!

Michael ·

Assumption is the cause of all major …….miskien het die kunstenaar n ander mening en betoog hy teen die verdrukking van wit mense het iemand hom al gevra??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.