‘Teesakkies’ toe eintlik renosterhoring

Argieffoto

Doeane-beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het vandeesweek op 7 kg se renosterhoring by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg beslag gelê.

Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, het gesê die stukke renosterhoring is Woensdag in ʼn besending ontdek wat van Doha, Katar, af gekom het. Die besending is by die doeane as “teesakkies” verklaar.

“Nadat die besending geskandeer is, het beamptes iets op die skerm gesien wat soos renosterhorings gelyk het. Die inhoud van die boks is deursoek en agt stukke renosterhoring, wat in foelie toegedraai is, is binne-in gekry. Die renosterhoring is tussen pakkies lekkergoed en sjokolade versteek,” het Memela gesê. Hy het gesê die besending was op pad na Hongkong.

Volgens Memela is die goedere aan die SAPD en die Valke oorhandig wat die saak verder sal ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marous ·

Daai tee sal sekerlik ‘n teelepel laat regop staan … so sterk is dit

GR ·

Hoekom mag renoster boere,soos enige ander boerdery, nie die horings oes en verkoop nie? Dit is mos baie beter om in die toekoms ‘n renoster sonder horing te sien as om geen renoster te sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.