ʼn Gerug dat ʼn vliegtuig van SA Airlink onderweg van Kaapstad Internasionale-lughawe na Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria, gekaap is, is glo deur ‘n tegniese fout veroorsaak.
SA Airlink het bevestig dat al 72 passasiers en vier bemanningslede aan boord vlug SA8678 veilig is. Volgens die lugredery is die kapingswaarskuwing per abuis uitgestuur.
‘n Betroubare bron by die Wonderboom-lughawe het aan Maroela Media gesê die transpondeerder het glo verkeerdelik ‘n kapingsein uitgestuur. Die polisie en nooddienste was blitsig op die toneel.
Die polisie kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Is dit nou wat die rekenaarboffins ‘n “id10t error” noem?
Moet wees.
Skerp Kandas
PEBCAC
Problem Exists Between Computer And Chair
Auk, may day may day, sorry wrong s.o.s
Jislaaik. En hoe lank hou hul toe die mense in vliegtuig.
Dit is soos om van die toilet af op te staan sonder om te “wipe”, groot ……..
Iemand of iets moet altyd die skuld kry – al is dit tegnies. Die skuldige is altyd onskuldig. Hoe lagwekkend!
He he dis nie ongewoon vir ons slim mense in die land nie.
Dit is veroorsaak deur ‘n T-Tail virus.
Die inligting weerspreek mekaar.
Dan is dit n rekenaarfout ,ander wat ek gelees het was n passasier wat buite beheer geraak het en in hegtenis geneem is.
Iets ruik na vis.
Neelsie- Jy is reg, verskillende bronne -verskillende berigte. My denke is dat daar wel ‘n situasie was wat laat die bemanning die die knoppie laat druk het. So iets gebeur nie net sommer nie.
Ia dit nou weer n ou wat n bril gekry het en dink nou weet hy alles …..sorry big mistake ….ja sure
Die kaping sein kan slegs deur die loodse geaktiveer word. Iemand gaan hier bietjie moet verduidelik.
Dankie Aubrey Vermaak vir inligting wat SIN maak…!!!!
Aubrey
Jys reg. Maar EISH!!!! sorry wrong signal.