Tegniese kolleges gou tot stilstand gedwing

safetsa

SAFESTSA se bestuur spreek die media toe tydens ʼn konferensie in Pretoria. Die studentevereniging beplan om TVET-kolleges die week tot stilstand te bring. Foto: Nasionale persklub/Twitter.com

Die studentevereniging SAFETSA dreig om die land se 50 tegniese en beroepsgerigte opleidingskolleges (TVET) van Donderdag tot stilstand te bring as daar nie dringend aandag aan die probleme in dié sektor gegee word nie.

Yonke Twani, president van SAFETSA, het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê die vereniging gaan nie meer die wanadministrasie en swak bestuur van die 50 kolleges se 265 kampusse duld nie. Twani sê die vereniging is sedert 2013 in samesprekings met die departement van hoër onderwys oor verskeie uitdagings wat die kolleges in die gesig staar, maar daar het net dadels van beloftes oor verandering gekom.

Een van die vereniging se grootste bekommernisse is finansiering van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) wat net nooit uitbetaal word nie. “As ons navraag by NSFAS doen sê hulle die geld is reeds aan die kolleges uitbetaal, maar ons studente sien nie ʼn druppel van hierdie geld nie. Hulle ontvang ook nie die beloofde vervoer- en verblyftoelae nie. Hulle werklose ouers en grootouers moet jaarliks lenings aangaan om vir hul studie te betaal terwyl ander studente hulself al tot prostitusie gewend het om vir hulle verblyf en vervoer te betaal,” het Twani gesê.

Die vereniging het ook geëis dat die uitstaande sertifikate en resultate wat sommige studente sedert 2010 nog nie ontvang het nie, nou uitgereik moet word. “Hulle mors met ons studente se toekoms. Studente kan nie verder studeer of aansoek doen vir werk nie want hulle het nie die nodige bewyse van hulle kwalifikasie nie,” het hy gesê.

Gebrekkige infrastruktuur is nog ʼn knelpunt op die studentevereniging se agenda. “Ons studente moet in koshuise bly wat soos ashope lyk. Daar is nie studiesale, biblioteke, kombuise of toegang tot internet nie. Boonop bied sommige van die kolleges kursusse aan, maar daar is geen geriewe vir die praktiese been daarvan nie.

“Onopgeleide lektore, korrupsie, nepotisme en wanadministrasie is ook besig om die sektor verder te kelder. Dit terwyl daar reeds ʼn gebrek aan goed opgeleide vakmanne in die land is,” het Twani verder gesê.

Alet Rademeyer, onderwyskenner verbonde aan die burgerregte-organisasie AfriForum, sê die minister van hoër onderwys, dr. Blade Nzimande, het al in 2014 onderneem om die bestuur en beheer van dié instellings asook steun aan studente en infrastruktuur by die kolleges te verbeter, maar drie jaar later het daar nog niks van gekom nie.

Sy meen die studente se dreigemente moenie te ligtelik geneem word nie. “Kyk maar wat het verlede jaar by die land se universiteite gebeur. Hierdie kan maklik in ʼn krisis ontaard want daar is probleme en hierdie studente voel al ʼn geruime tyd hulle word afgeskeep omdat die regering op universiteite fokus.”

Rademeyer reken die probleme word vererger omdat die gemeenskap die TVET-kolleges as minderwaardige instellings met minderwaardige kwalifikasies beskou.

“Hierdie probleme kan net voor die deur van die regering gelê word. Dit het begin toe die oorspronklike 100 beroepskolleges gerasionaliseer en saamgesmelt is. Kundige kollegehoofde en bestuur is gevra om pakkette te neem. Baie van die huidige bestuur het eenvoudig net nie die vaardigheid of nodige kennis om kolleges met vier kampusse te bestuur nie.”

Rademeyer sê die regering het miljoene rande se beurse vir kollegestudente geoormerk, maar dit word swak bestuur. Die kolleges het almal ook Afrikaanse onderrig afgeskaf.

Die regering het egter ʼn doelwit is om teen 2030 opleiding aan 2,5 miljoen studente aan kolleges verskaf.

Mdikwe Mabotha, woordvoerder van die departement van hoër onderwys, het bevestig dat die departement tans besig is om ʼn amptelike verklaring saam te stel as antwoord op die studentevereniging se klagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Angle ·

Dis reg. Berei voor om af te breek en te brand.
ANC wil mos steeds die mees (on)bekamp amptenare aanstel. Men’s het mos maar net graad 5 nodig om n magtig land te regeer.
Waar voor moet ons dan duur bekamp mense aanstelling.

Johan ·

Is dit nuwe nuus..??? So gaan alles ten gronde agv ‘n gebrek aan bestuursvernuf, kennis, “competency” en belangstelling. Net solank bestuur hulle Mercs en BMW’s kan kry vergaan opleiding. Wie doen wat daaromtrent..die regering?

j pretoriys ·

Jip ons het daai kollege probeer het vi 3dae in n ry gesit totaal van 15 ure badkamers vuil moes op sement trappe sit, vi 15 ure en toe is hul rekenaars af , registrasie is n nagmerrie, het mar di privaat kollege rigting gegaan

Alida ·

Die hele regering is n rioolplaas. Wat verwag julle. Mens neem soms nie die studente kwalik vir die chaos nie. Hulle moet in opstand kom as beloftes nie nagekom word nie.

Pop ·

Snaaks hoe gou daar na koshuise wat soos ashope lyk oor gekerm word. Wonder hoekom lyk dit so. Maak skoon magtag!!!nou wil julle weer begin brand en afbreek en dan agterna kla?nee wat. Ons een dogter het laasjaar haar meestersgraad gekry en nie n dag op universiteit gesit of college nie. Gewerk en by huis studeer. Seun het nog 2 jr oor. Vat bietjie langer want dis moeilik om te werk en studeer maar as mens wil dan kan jy.

Eens-op-'n-tyd ·

Eens op ‘n tyd was daar ook die Vaaldriehoekse Technikon. Hier het beide my seun en dogter hulle opleiding voltooi. Skoon koshuise, bevoegde personeel, skoon terrein, dissipline ens. Dit was eens op ‘n tyd. Daarna was daar die naamsverandering en was technikon nie meer goed genoeg. So is die regering behep aan naamsveranderinge maar dit wat saak maak, daarmee word die pot mis gesit maar hulle wil net nie leer.

G ·

O vader, dit maak my briesend. Hier sit ek nou nog met studieskuld, en sekere mense soek alweer net alles verniet. Gaan werk, verdomp. Dis wat baie van ons moes doen terwyl ons geswot het.

Kobus 4e ·

Die probleem is, hoe verder ons in die ANC riool sink hoe minder werk is daar. Lank terug kon n mens werk kry terwyl jy swot, deesdae het alles so verrot dat dit nie meer moontlik is om werk te kry, al het jy klaar gesot.

Vlammetjie ·

Brand dit ook af dan het julle nie Universiteite of Tegniese kolleges nie. Gaan studeer dan by SOL-TECH wat die beste tegniese opleiding in die land verskaf! Van wanneer af is alles net verniet, in die ‘apartheidsera’ waarna daar so maklik verwys word was daar BAIE minder beurse vir wit kinders as wat nou beskikbaar gestel word vir anderskleuriges en as die ouers nie kon betaal nie, het die kind net eenvoudig NIE GESTUDEER nie. Baie middeljarige mense sit vandag sonder ‘n graad omdat hulle ouers nie kon beskostig om hulle te laat studeer nie en omdat hulle nie vir studiebeurse gekwalifseer het nie. Nou wil al wat ‘n student is met ‘n 40% gemiddeld medies gaan studeer en as hy nie mag nie, brand en breek hy af.

LeonR ·

Alles verniet om af te brand as die skoen druk. Toe ek begin werk en ‘n huis aankoop het my terugbetaling op my studieskuld maandeliks meer beloop as die paaiement op my huis se verband!
Maar noudat “ons geliberate” is wil on dit steeds verniet hê? Julle maak my siek!!

Ruby ·

Maar julle wou dit gehad het…en agtergekom dit van meer om ‘n plek te bestuur as lunch time and tea time.

Sorry nhé!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.