
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa op 7 Februarie 2016 by die ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo (Foto: ANA)
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Maandag sy geskeduleerde besoek aan die Oos-Kaap gekanselleer weens ʼn tegniese probleem met die vliegtuig waarmee hy sou reis.
“Adjunkpresident Ramaphosa sou die 31ste herdenkingsdiens van die Uitenhage-slagting in die Oos-Kaap bywoon,” het die presidensie in ʼn bondige verklaring gesê. “Die vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag waarmee die adjunkpresident sou reis, het egter tegniese probleme ondervind en die besoek aan die Oos-Kaap is gekanselleer.”
Volgens die presidensie is alle belanghebbendes, insluitend die organiseerders van die byeenkoms, in kennis gestel. “Adjunkpresident Ramaphosa se gedagtes en gebede is met die families van die slagoffers van die Uitenhage-slagting in 1985 en wens die organiseerders van vandag se herdenkingsdiens alle sterkte toe.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
14 Kommentare
En is dit nou enigsins nuus waardig. Who cares.
Die Vliegtuig wat deesdae so baie “tegniese” probleme ondervind? Eerstens het hulle deur BEE ontslae geraak van gekwalifiseerde Tegnieie. Tweedens betwyfel ek baie van die “tegniese” probleme want hulle wil ‘n nuwe vliegtuig koop Sien jy diens nie ‘n vliegtuig nie, jy wag tot hy breek dan koop jy nuwe een. Hulle betaal mos nie daarvoor nie.
Dalk moet hulle met regstellende aksie begin in die lugmag. Huidige prestasie val vêr kort van die standaarde wat die SALM vir ongeveer ‘n eeu gehandhaaf het.
Nou sal ons dalk vir twee nuwe vliegtuie moet opdok!
Die laaste groep van die oorspronklike Mannekrag-kontrak het sopas afleggingsbriewe ontvang en maak einde April ’16 klaar…. Sterkte SALM! Julle gaan dit beslis nodig hê!!!