Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Maandag sy geskeduleerde besoek aan die Oos-Kaap gekanselleer weens ʼn tegniese probleem met die vliegtuig waarmee hy sou reis.
“Adjunkpresident Ramaphosa sou die 31ste herdenkingsdiens van die Uitenhage-slagting in die Oos-Kaap bywoon,” het die presidensie in ʼn bondige verklaring gesê. “Die vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugmag waarmee die adjunkpresident sou reis, het egter tegniese probleme ondervind en die besoek aan die Oos-Kaap is gekanselleer.”
Volgens die presidensie is alle belanghebbendes, insluitend die organiseerders van die byeenkoms, in kennis gestel. “Adjunkpresident Ramaphosa se gedagtes en gebede is met die families van die slagoffers van die Uitenhage-slagting in 1985 en wens die organiseerders van vandag se herdenkingsdiens alle sterkte toe.”
En is dit nou enigsins nuus waardig. Who cares.
Die Vliegtuig wat deesdae so baie “tegniese” probleme ondervind? Eerstens het hulle deur BEE ontslae geraak van gekwalifiseerde Tegnieie. Tweedens betwyfel ek baie van die “tegniese” probleme want hulle wil ‘n nuwe vliegtuig koop Sien jy diens nie ‘n vliegtuig nie, jy wag tot hy breek dan koop jy nuwe een. Hulle betaal mos nie daarvoor nie.
Dalk moet hulle met regstellende aksie begin in die lugmag. Huidige prestasie val vêr kort van die standaarde wat die SALM vir ongeveer ‘n eeu gehandhaaf het.
Nou sal ons dalk vir twee nuwe vliegtuie moet opdok!
Die laaste groep van die oorspronklike Mannekrag-kontrak het sopas afleggingsbriewe ontvang en maak einde April ’16 klaar…. Sterkte SALM! Julle gaan dit beslis nodig hê!!!
Nou verstaan ek nie maand of 6 weke gelede was almal in ekstase omdat ramaposa ekonomiese klas èrens heen gevlieg het in SA kan nie onthou waarheen nie hoekom dan maar nie besigheids klas vlieg seker goedkoper as nuwe vliegtuig Koninging Elizabeth vlieg British Airways
Altyd gedink ons Lugmag het darem meer as één vliegtuig! Wat gaan ons doen as ons aangeval word? Vir die aanvallers sê hulle moet eers wag, ons vliegtuig is stukkend?
Retief julle word alreeds elke dag daar in SA aangeval. En dit sonder vliegtuie.
Kon hy nie maar toe SAL gevlieg het nie?
Ek sou dit stil gehou het dit is ‘n belediging vir die eens magtige lugmag om so te verval dat dit eintlik lagwekkende is
Swak, swak, swak…..Het die “lugmag” net EEN vliegtuig waarmee ou Cyril’tjie kon vlieg? Hy moets met JZ gepraat het…..sy gatgabba het baie vliegtuie…en hulle land sommer op Waterkloof ook…..en wie weet wat laai hulle op as hulle vertrek? Want daar’s nie doeane nie…
Cheers, laat hy val waar hy wil . . . .
Hy kan met n 2 sitplek Cesna vlieg………Geen vogies en kos……Lyfwagte
Is dit die waarheid of is dit politiek? Laat my nie vertel vliegtuie raak so gereeld onklaar op ‘spesiale’ afsprake!