Tegnologie help om renosterstropery te bekamp

Argieffoto

Wildtuine gebruik al hoe meer tegnologie in die stryd teen renosterstropery en die Addo-olifant Nasionale Park in die Oos-Kaap het hom nou ook tot tegnologie gewend.

Vodacom en Celcom lewer ook bystand in die stryd teen renosterstropery deur ʼn nuwe sekuriteitsmaatreël te implementeer wat die park teen stropers sal beveilig.

Slimfone sal regstreeks inligting oor natuurbewaarders in die veld beskikbaar kan maak, wat noodsaaklik is om ʼn veilige omgewing te verseker. Die Cmore-app sal natuurbewaarders ook in staat stel om inligting in te tik soos stropery-voorvalle, stroper-besigtigings, ligging van karkasse en om ʼn patrollie aan te teken.

John Adendorff, bewaringsbestuurder van die Addo-park, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die natuurbewaringspanne moet voorvalle kan opmerk, met mekaar kan kommunikeer oor samewerking en vinnig terugvoer kan ontvang.

“Die Cmore-slimfone sal per tweemanpatrollie uitgereik word en sal outomaties die natuurbewaarders se ligging monitor, wat enige voorvalle sal kan aanmeld indien hulle op iets in die veld afkom. Bykomende magte kan dadelik en doeltreffend ontplooi word indien nodig en dit sal presies gedoen kan word danksy GPS-koördinate,” het Adendorff verduidelik.

Die app is deur die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) ontwikkel en is gebaseer op moderne web- en slimfoontegnologie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tech is oplossing ·

Ons moet onsself bekwaam in hierdie nuwe tegnologiee want dit kan ons redding teen misdaad word.

Sputnik ·

Sanparke en andere moet tog nou asb. net nie weer spog en verduidelik hoe die tegnologie werk nie. Dit behoort nie eers genoem te word waar dit geïmplementeer word nie.

Extreme conservation ·

Ek sê sny al die renosters se horings af (sodat hulle nie doodgemaak word daarvoor nie), maar sit dan weer vir elkeen n soortgelyke velkvrye staal horing in!
So kan hulle hulself verdedig, en HOPELIK nie gedood word vir n paar kilogram horing nie…
Daar kan ook gps sensors, ens ingebou word om opsporing makliker te maak.
Net n gedagte…

Kannaland ·

Baie goeie idee maar om een of ander rede word dit nie gedoen nie want die horing bly groei weer of watookal maar ek dink hulle probeer netnie hard genoeg aan hierdie oplossing werk nie.

E.K. ·

Elke keer hoor mens van “nuwe” tegnologie of dat dit ingespan word en tog duur die verdampte stopery voort. Daar moet mos ander planne wees wat die arme diere beskerm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.