Tehuis-staking: Pasiënt sterf

Sowat 200 pasiënte in die tehuis is aan hul eie genade oorgelaat nadat nagenoeg 90 personeellede, wat onder meer versorgers, kosmakers en skoonmakers insluit, Vrydag oor lone en bonusse begin staak het. (Foto: Mia Spies/eNuus)

Die staking by die San Michele-tehuis in Brakpan aan die Oos-Rand is Maandag tydelik opgeskort ná die dood van ’n pasiënt van dié tehuis.

’n 56-jarige vrou is Sondagaand in dié tehuis vir psigiatriese en gestremde pasiënte dood. Dit is in dié stadium egter onduidelik of die staking ’n rol in haar dood gespeel het.

Marius Bosman, administrateur van San Michele, het Maandagoggend aan Maroela Media bevestig dat ’n “hoësorg-pasiënt” dood is. “Dit is verskriklik. Dit is egter nog te vroeg om te sê of die pasiënt se afsterwe aan die wegbly-aksie toegeskryf kan word.”

Bosman het verder gesê dat hy nie in dié stadium verder wil spekuleer of die afsterwe weens die tekort aan personeel was nie. “Dit is onmoontlik om te sê.”

(Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig sowat 200 pasiënte in die tehuis is aan hul eie genade oorgelaat nadat nagenoeg 90 personeellede, wat onder meer versorgers, kosmakers en skoonmakers insluit, Vrydag oor lone en bonusse begin staak het. Lede van die publiek het Sondag ingespring om hand by te sit om pasiënte te bad, te voer en te versorg nadat die personeel van dié tehuis begin staak het.

Die staking is ʼn beskermde staking aangesien onderhandelinge by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) op ʼn dooiepunt uitgeloop het.

Bosman het bevestig dat die pasiënt se naasbestaandes reeds van haar dood ingelig is. Tans wag die tehuis op mediese terugvoer wat moontlik eers Dinsdag beskikbaar sal wees.

Volgens Phillip Bruwer, woordvoerder van Helpende Hand, is ’n volledige ondersoek van stapel gestuur. “Sodra ons al die feite ontvang het, sal Helpende Hand oor verdere stappe besluit. Voorlopig wag ons op die uitslag.”

Stakers sal na verwagting Dinsdag terugkeer werk toe. “Ek vertou dat hulle Dinsdag sal terugkeer, ons hoop daarvoor,” het Bosman gesê.

Daar is egter wel voorbereiding getref indien die werkers nie Dinsdag opdaag nie. Talle vrywilligers asook ’n aantal gehuurde spesialiswerkers sal Maandag na pasiënte omsien. “Daar is miskien klein goedjies wat vandag in die slag sal bly, maar na die belangrike dinge word omgesien. Daar is ook reeds voorbereiding gedoen vir nagdiens vanaand,” het Bosman gesê.

(Foto: Verskaf)

Hannes Noëth, besturende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het Maandag sy kommer uitgespreek in ’n video wat deur Helpende Hand uitgereik is. “Hoe kom ’n samelewing tot ’n punt waar nie net bejaardes nie, maar ook nou gestremdes gebruik word as die middelpunt van onderhandelinge, die wapen vir jou loongeskille? Dis tog onaanvaarbaar.”

Bruwer het bevestig dat Helpende Hand in die nabye toekoms ’n gebeurlikheidsplan van stapel sal stuur “sodat so iets nooit weer sal gebeur nie”. Bruwer het gesê die besluit is geneem ná ’n onlangse voorval van bejaardes en gestremdes wat tydens stakings aan hul eie genade oorgelaat word. Nog so ’n geval is die staking by Huis-Davidtsz, ’n private ouetehuis in Pretoria se middestad, vroeër vanjaar.

Bosman het gesê dat die San-Michele-tehuis Sondagoggend besoek ontvang het van die departement van gesondheid.

Bosman het sy dank uitsgespreek vir die departement se ondersteuning.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Elsabie ·

Die hele personeel en wie ookal moet aangekla word, dis hul nalatigheid en selfsug wat dit veroorsaak het.

zoom zoom ·

Alida.
Aaron is in rusland op siekverlof. Ou CR het gesê hy kan ook daar gaan rus voordat hy die gesondheidsplan weer aanvat

riaan ·

Dit is moord en moet so hanteer word!

Ons almal betaal belasting op bonusse. Wat maak hierdie moordenaars enigsins spesiaal???

As hulle nie wil werk nie gaan sit by die huis en krepeer daar is genoeg ander mense wat die werk wil en sal doen en nie sal moor om ‘n punt te bewys nie!

Word hulle nie as ‘n noodsaaklik diens geklassifiseer nie?

Ag asb ·

Ag kom nou Riaan, word wakker! Hoekom moet die meerderheid BELASTING BETAAL? Dis mos net n {@{ kolonialistiese instelling wat blankes dekades lank betaal her sodat swart mense minimum pensioen kon kry.

Magrietha ·

Nou wie gaan die skuld kry.Volgens my mag dr brandweer saps verpleegsters weermag nie staak nie.Leker sa ne

Lientjie ·

So is dit, maar dit word van 1994 af nie meer toegepas nie.

Jos ·

Hierdie tipe dienste mag nie geduld word nie. Ontslaan al die personeel. Mense word sonder kos gelaat en mediese versorging, dit is teen die wet.

Kla aan en laat hulle betaal ·

KLA DIE UNIE VAN DIE STAKERS AAN VIR MOORD ASB … VERDER moet die familie ook uitbetaal word soos LIFE ESIDIMENI slagoffers sn..

Lizelle Wessels-Hendriks ·

Kla hulle aan! Wens ons het vir Margaret Thatcher gehad. Sy sou niemand toegelaat het om te strike nie.

Sune ·

Indien haar dood agv die staking is, hoop ek hierdie mense word aangekla vir moord!

Daan Erasmus ·

Iemand moet net ‘n klag by die SAPD gaan lê. Om hier te klets is goed om stoom af te blaas. Maar DOEN IETS.

Boet ·

Betaal die hele spul af en kry ordenlike mense wat nie kan werk kry nie agv hulle ras of kleur. Waarom wag tot iemand dood is voor die staking opgeskort word. Dit is moord.

Sê-MaaR-Net ·

Ek wil so graag vloek…Ek het matriek en nagraadse kwalifikasies tog werk ook vir ‘n minimale basiese salaris. Ek het twee werke, een op kantoor Maandag tot Vrydag en dan werk ook deeltyds van die huis naweke en na-ure. Ek word ge-TAX het ook uitgawes, sien jy my bande brand en my toys uit die kot uit gooi omdat ek nie tevrede is met my salaris nie. Ek het nog ‘n werk aangevat om meer te verdien as wat die een salaris betaal omrede ek uitgekyk het vir ander werk en nie kon kry wat beter betaal nie. Ek sien swart voor my as ek hierdie berigte lees. Ek het nie gegoed groot word nie. Ek het van 14 jarige ouderdom af werkies vir sakgeld gedoen om my studies te betaal. Verdomp weet……..AS JY NIE TEVREDE is met jou omstandighede nie doen iets produktiefs om dit te verander. Hou op om ander mense se besittings, lewens en wat nog alles in gevaar te stel en te verwoes. Ek is regtig moeg gewerk en opgebou dat ander net kan plunder en letterlik wegkom met moord.

RHG ·

Margaret Thatcher het unies verbied! Hulle lê ‘n land lam. Onthou die chaos waarin hulle stakende steenkoolwerkers Engeland gehad het. Geen sentrale verhitting in hul wonings nie.
Ek is nie regtig kundig oor die betaal van bonusse nie, maar ek dink dis ‘n vergunning vir goeie diens en nie regtig iets wat ‘n werker se outomatiese reg is nie. Ek verstaan nie hoe iemand wat elke dag met hierdie afhanklike mense werk, hulle so sonder enige deernis kan versaak nie.

Hanna Hoekom ·

Aangesien hierdie n “wettige staking” was, voel ek dat iemand nou moet verantwoordelik vat! Wie het die staking goedgekeur? Betaal nou asb R1,2 miljoen aan hierdie familie ook uit.

Susan ·

Waar het die organisasie en unies gefaal om die werkers in te lig dat bonusse slegs betaal word wanneer (AS) die werk goed gedoen en daar geld oor is in die bankrekening.
En wat verstaan die werkers nie van die kwessie oor belasting op bonusse nie. Dis ‘n ekstra salaris!
Die hemel weet, die meeste mense in hierdie land wil net vat en vat en vat en agteroor sit en lekker vet word op hemelhoe salarisse, sonder dat hulle moeite doen – dis dan tog die werk wat hulle gekies het om te doen.

BAREND ·

ek het 42% op my bonus betaal dit was R68000-00 WAT ek vir jan tax betaal het

ZeeBee ·

Gee vir die stakers almal Discovery Bank aandele. Ewe siek en pateties.

Allie ·

Ek se dit weereens….ons was gewaarsku dat dit sal wees so in die dae van Noag!
Wanneer gaan ons terugdraai na die Wette neergeskruif deur Moses!?
As ons die Vader se Wette en Verordeninge onderhou….sal dit reen op die regte tyd, die bome en plante sal vrugte en sade dra op die regte tyd en ons koffers sal oorvloei!? Dit is n belofte dat alles goed sal verloop.
Dit is die “deal” en klaar.

Hans ·

Nou moet die vakbondlede asook die betrokke Kvba lede deur kriminele en siviele aksies in hul persoonlike en amptelike hoedanigheid aangespreek word.

Gesiggie ·

Die probleem is.. dat hul daar is vir die geld, en nie vir die Liefde van hul werk?? as jy omgee vir die mensies sal jy werk al verg dit hoeveel… hierdie mense maak staat op iemand wat vir hul kan sorg en omgee,,, my hart gaan uit na hul. Ek hoop dat iemand sal intree en hulp aanbied, hul verdien beter. Kan die Staat nie help?? .

Alida ·

Hoekom sal die staat help. Hulle het reeds 144 mense laat sterf en baie laat “wegraak”. Die staat voel vere.

schalk ·

Stel wit mense in die poste aan hoekom jul verder laat afpers en geliefdes laat sterf nog n manier van terrorisme,dis bollie dat mens jou laat MANIPULEER deur mense.Geen geldelike verskoning vir die sterfte nie.Jul kan jul probeer regverdig voor ABBA v Vader jul sal 2de kom.ook die betaler.

Nakkie ·

“How a society treats its most vulnerable is always the measure of its humanity.”
Statement by Ambassador Matthew Rycroft of the UK Mission to the UN at the Security Council Open Debate on Children and Armed Conflict

E.K. die eerste ·

Foto is ontstellend. Dit lyk soos mense wat besig om aan hongersnood te sterf! Dit kan tog nie net agv staking wees nie. Kryhierdie mense ooit genoeg kos?? Ek dink hierdie plek moet behoorlik ondersoek word. Wie sê die werkers gaan nie nou net sekere goed net NIE doen nie,(mense bv voer ens) wie gaan kyk of dit gebeur? Hierdie skok my werklik.

Andries Kruger ·

Alle fondse en goedEre geskenkE aan San Michelle moet asb versugtig bedink word. Die bestuur daarvan en opvolg besoeke om dit te monitor is uiters noodsaaklik. Iemand wat ons ken was daar betrokke as vrywillige om en by 20 jaar gelede … alle vorme van skenkings het nooit by die gestremdes uit gekom nie. Bestuur en werkers het hulle self gehelp. NIKS het by die gestremdes uit gekom nie. Bestuur het sekerlik al verander maar asseblief wees versigtig. Verwag terugvoer en maak verrassings besoeke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.