Tekenprent in vraestel onnodig

Die tekenprent in die vraestel op 27 November 2014 Foto: AfriForum (verskaf aan Maroela Media)

Die tekenprent in die vraestel op 27 November 2014 Foto: AfriForum (verskaf aan Maroela Media)

AfriForum gaan ʼn klag by die departement van basiese onderwys indien na aanleiding van ʼn ontstellende illustrasie in een van die vrae in vandag se departementele gr. 9-geografie-vraestel.

ʼn Onderwyseres wat verkies om anoniem te bly, het AfriForum in kennis gestel van ’n tekenprent in dié vraestel wat ʼn vet wit man uitbeeld wat deur ʼn maer swart man, wat ook as ʼn slaaf gesien kan word, gevoer word. Die vraag na aanleiding van die skets lui: Watter een van dié twee mans het ʼn hoër lewensverwagting?

“Dit is vir AfriForum ontstellend dat die vraag op so ’n wyse geïllustreer word, al is dit satiries van aard. Waarom is dit nodig dat daar volgens kleur en klas onderskei moet word om te bepaal wat ʼn persoon se lewensverwagting is? Dit is diskriminerend en onnodig,” sê Carien Bloem, hoof van AfriForum se onderwysveldtogte.

AfriForum dring aan op ʼn verduideliking oor waarom so ʼn illustrasie in die eerste plek in ʼn departementele vraestel toegelaat is. Ons sal ook graag wil weet wat minister Angie Motshekga se siening hieroor is.

“Ons gaan nooit ʼn punt van gelykheid bereik as selfs leerlinge op skoolvlak aan sulke propagandistiese materiaal blootgestel word nie,” meen Bloem.

Die tekenprent in die vraestel op 27 November 2014 Foto: AfriForum (verskaf aan Maroela Media)

Die tekenprent in die vraestel op 27 November 2014 Foto: AfriForum (verskaf aan Maroela Media)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Dorette Forrester ·

What strikes me is the pathetic questions. A Grade 5 can answer this without studying. You have to worry about the level of our education. About the picture I have long said that there is a deliberate attempt by government to create racism and division between races. It seems it is part of the agenda.

Nina ·

Foeitog. Die een wat die vraestel opgetrek het, se IK kan nie veel hoër as die van ‘n klip wees nie. Wanneer laas het hy/sy bietjie rondgekyk en raakgesien WIE die vet, dikgaaigoed om mens is? Die parlement is immers vol van hulle. Tsk.

Talita ·

Ek wil graag weet wat die memorandum se die regte antwoord is.

Marius Buys ·

Ek is al so moeg om as wit mens gedemoniseer te word. Die vraag is rassisties en hoort glad nie in ‘n skoolvraestel nie.

Robert ·

Ek stem! Die ergste van alles is dat rassisme net van een kant af kan kom…

J Z Myburg ·

Stem , ook al gatvol vir die gedemoniseer van wit mense,ook as jy jou witvel verdedig jy n rassis is.

Lizanne ·

Weet iemand wat die regte antwoord is? Is daar ‘n regte antwoord? Gaan die maer swart man dood omdat die vet witman sy kos eet of gaan die vet witman dood omdat hy te veel eet en oorgewig is en ‘n kans staan om ‘n hartaanval of ander vet verwante siektes te kry? Sal graag wil hoor en dan ook die debat voortsit met my seun in Graad 9.

Sebastiaan ·

Die spotprent is eintlik ‘n verdraaing van die feite. Nog nooit het swartmense Westerlinge gevoer nie. Inteendeel, dis Westerse reddingswerkers wat al duisende kere honger kinders in Afrika en Asië letterlik met die lepel gevoer het. Die lewensverwagting van Afrika het juis so gestyg as gevolg van goedhartige Westerlinge wat onbaatsugtig help. En dikwels is dood en marteling die loon. Belaglik.

victoria ·

Susan, toe skik jy wakker en besef Henk is nie in die bed nie, want hy loop weer rond.

Gemsbok ·

So word ons kinders van ons vervreem.

Indien jy graag in jou oudag saam met jou kinders en kleinkinders om dieselfde vuur wil sit, beveel ek aan dat jy hulle na ‘n onafhanklike Afrikaanse skool stuur of tuis onderrig.

Vicky ·

Wil graad 9 weer oor doen, seker my punte sal beter wees, as wat dit was………

Nina ·

Pop, bly jy kon lag. Ek is verby boos. En dit wat ek WOU sê sal nie gepubliseer word nie. ;)

Gerhard Bezuidenhout ·

Weereens het Maroela nuus nie my kommentaar geplaas nie . Feite maak hulle kwaad en hulle haal Nuus 24 se maniertjies uit.

Peter Says ·

Mmm, die ou aan die linker kant, lyk nes iemand se nefie wat ons ken…lekker Rond die neef…en hy Is Nie Blank nie.

christo ·

Ek weet wat die antwoord is: die een wat nie vigs het nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.