Tekort aan babamelkpoeier weens beurtkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Senior beampte by die departement van landbou het bevestig dat kragonderbrekings weens beurtkrag ʼn impak gehad het op die vervaardiging van babamelkpoeier.

“Dit wil voorkom of die landbou-vervaardigingsbedryf swaarder getref is deur die kragonderbrekings,” het Edith Vries, direkteur-generaal van die departement, gesê.

Nestlé, die wêreldwye voedselhandelsmerk, het ʼn tekort in babamelkpoeier aangemeld by sy Suid-Afrikaanse bedrywighede.

“Hulle [Nestlé] het verduidelik dat, indien daar tydens ʼn sekere deel van die vervaardigingsproses van babamelkpoeier by hul aanleg in Harrismith ʼn kragonderbreking plaasvind, die invloed op die produk só erg is, dat daar nou ʼn tekort is,” het Vries bygevoeg.

Volgens Vries het Nestlé die departement versoek om babamelkpoeier in te voer om seker te maak dat daar voldoende hoeveelhede van die produk op die land se rakke sal wees. “Hulle stel voor dat ons uit Argentinië invoer, aangesien hul babamelkpoeier se tekstuur soortgelyk aan ons sʼn is. Mens wil nie ʼn krisis skep waar hulle nie babamelkpoeier kan verskaf nie, omdat ouers daarop staat maak. Hulle wil dus nou babamelkpoeier invoer totdat hulle vervaardiging weer op datum is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Herleen Potgieter ·

Net een vraag? Hoe kan so ‘n groot maatskappy soos Nestlè nie ‘n kragopwekker op bystand hê in die donker tye nie? Beplan die “bestuur” nie vir sulke gebeurlikhede nie? Nestlè dink daaroor na??

clyvia ·

Sjoe Herleen, ek dink nie Nestle is hier te blameer nie hoor. Het jy al gaan sit en dink hoe groot so ‘n kragopwekker sal moet wees en die koste daaraan verbonde? Ek verstaan 100% dat Nestle eerder aanraai dat dit ingevoer word.

elsie ·

Eskom spandeer miljarde aan kos vir hulle werkers. As gevolg van werkers se onbevoegdheid is daar krag onderbrekings. As gevolg van krag onderbrekings n tekort aan melk poeier vir babas. Wa n kontras. Skandelik

scalla ·

Danksy eksdom, herleen, as hul die job reg doen en instandhouding ens reg doen is dit dus nie nodig om te betaal vir hul foute nie.

Marise ·

Dis nie net Nestle nice my seuntjie is op Aspen she Infacare soya nr 2 wat ek NERENS in die hande kry nie en dit is n groot ongerief. Tenminste probeer Nestle aan n oplossing kom deur melk te wil laat invoer.

Christa ·

Dit hkm Lacotogen no3 al vir laaste 2 maande so skaars is ai tog en laasjaar het ons gesukkel om Nr2 S26 Gold te kry kan nie heeltyd melk verander!Die Krag raak nou n groot probleem dit wat gebeur as mense in beheer is wat nie weet wat hulle doen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.