Tekort aan entstof kan tot leë winkelrakke lei

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Levin/Unsplash)

Tensy die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling nie vinnig ingryp nie, kan die tekort aan entstowwe vir vee die land se winkelrakke leeg laat.

Die voortslepende tekorte en produksieprobleme beteken ook dat entstowwe ten duurste elders aangekoop moet word, wat die land nog verder gaan lamlê.

James Faber, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO), het vroeër gesê kommersiële en opkomende produsente ly ernstige verliese weens uitbrekings van bloutong wat tot 50% vrektes onder kuddes veroorsaak.

In Junie moet perdeboere ook hul perde teen Afrika-perdesiekte begin inent, maar die DA sê hy het reeds klagtes ontvang dat boere nie die broodnodige entstof kan bekom nie.

Noko Masipa, die DA se woordvoerder oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sê die departement het onderneem om 40 000 dosisse van die entstof teen einde April te bekom, maar dit het glo nog nie gebeur nie.

“Daar is geen duidelike aanduiding of die beloofde entstof gou aan boere beskikbaar gestel gaan word nie,” sê sy.

In antwoord op ʼn parlementêre vraag van die DA, het min. Thoko Didiza gesê die departement en Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) werk saam om ʼn “volhoubare entstofproduksiestrategie te implementeer”.

Hierdie strategie is nodig om bekwame entstofvervaardigers te vind wat entstowwe namens OBP kan vervaardig.

“Entstowwe wat geredelik beskikbaar is, sal die uitdagings wat boere ervaar, verlig,” het Didiza gesê.

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Antonio Grosz/Unsplash)

Gideon Joubert, uitvoerende hoof van die openbaredeelnameplatform DearSA, is van mening dat bekwame en gewillige private entstofvervaardigers die “ramp wat ons land in die gesig staar, kan oplos”; die regering moet hulle bloot net toelaat om dit te doen.

“Die departement moet hierdie vervaardigers die nodige lisensies en permitte gee om belangrike entstowwe in te voer of te vervaardig,” sê hy.

Volgens Masipa vertrou die boere egter nie meer die minister of OBP se uitlatings of beloftes oor entstowwe nie.

Entstowwe teen veesiektes kan slegs deur OBP – ʼn staatsbeheerde instelling – vervaardig word en by OBP is daar nou al maande lank ʼn tekort aan sekere entstowwe. Dit word onder meer toegeskryf aan OBP se onvermoë om entstowwe te vervaardig weens toerusting wat nie in stand gehou word nie en breek. Die stukkende toerusting word ook nie herstel nie.

In ʼn poging om die druk te verlig, het Didiza aangekondig dat die departement entstowwe vir bek-en-klouseer bekom het. Die entstowwe vir hierdie siekte is egter teen altesame R78 miljoen van Botswana gekoop.

Die DA het reeds ʼn petisie van stapel gestuur waarmee hy die parlement vra om OBP en die minister te dwing om ook entstowwe vir bloutong en Afrika-perdesiekte aan die private sektor beskikbaar te stel. Die petisie het reeds byna 12 000 handtekeninge.

Masipa sê sy sal binnekort die petisie aan die parlement oorhandig.

“Voedselsekerheid is onder druk omdat die belangrike elemente van die voedselstelsel – soos entstowwe teen dodelike siektes – oor die jare heen nooit die nodige aandag van die regering ontvang het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

TruthDealer ·

Ons kan dit soms bekostig maar ek is nogal versigtig daarvoor, weens al die hormone en entstowwe. Ons eet maar meesal hoender van n boer wat free range hoendervleis verkoop. Ons eet so een of twee keer n week rooivleis, nooit meer as 2 keer n week nie. Al was dit spotgoedkoop, dit raak nou net te ongesond.

Piet parys ·

Free range beteken net dat daai hoender die reg het om n paar bekke vol gras kan eet . As jy praat van pasture raised bevoordeel dit jou gesondheid in n ander .klas

Piet parys ·

Ja teen die tempo is vleis nog steeds waarde vir geld tenopsigte van al die ander inkopie goedere.

Rudolph ·

As die rakke vir mishandelde diere se liggaamsdele leeg staan pla dit my glad nie. Ek loop al vir jare by daardie rakke verby nadat ek opgehou het om iemand anders se kinders te eet. Grootvleis sal nie vir die publiek die waarheid vertel nie. Dat daar goedkoper en gesonder plantvoedsel op elke supermark se rakke staan wat in al ons voedingbehoeftes kan voorsien.

Piet parys ·

Het jy al die duisende goggatjies en hulle kinders gesien doodgaan agv gifspuite. Dis hoekom ek my vleisies geniet wat hormoon en antibiotika vry is en die groente rakke verby loop

Republikein in die Wes Kaap ·

Deel van die plan. Oor 1 miljard is ons weer reptiele, oor 2 miljard weer visse, en oor 5 miljard net selle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.