Tekort aan entstowwe by landbou, bosbou en visserye

Foto: Voisin/Phanie/Rex Features

Die parlement se portefeuljekomitee oor landbou, bosbou en visserye is Dinsdag deur die departement van landbou, bosbou en visserye ingelig oor die uitbreking van siektes en peste en watter uitwerking dit op dié sektore het.

Peste kan katastrofies vir oeste en uitvoer wees wat onderworpe is aan fitosanitêre maatreëls in die lande waar die uitvoer ontvang word.

Dieresiektes soos bek-en-klouseer, voëlgriep, varkgriep en hondsdolheid vereis dat beheermaatreëls in werking gestel word, soos beperkings op die beweging van diere, kliniese waarneming en die inenting van diere.

Die uitwerking kan gesien word in ʼn verlies aan produksie wat miljoene rande kan beloop, marktoegang en ʼn afname in verbruikersvertroue en boweal werkverlies.

Die komitee is vertel die departement ervaar probleme met finansiering wat die tesourie se dringende aandag verg. Ook ervaar die departement ʼn tekort aan professionele amptenare soos veeartse, entomoloë en vleisinspekteurs wie se kritieke poste gevul moet word.

Vir dié afdeling het die departement ʼn begroting van R2 miljard, maar die departement kort R600 miljoen vir entstowwe wat duur is en waarvan sommige uit Botswana moet kom en waarvoor in dollar betaal moet word.

Die departement strewe daarna om ʼn entstofbank op te bou sodat wanneer siektes uitbreek, die departement dit nie tot skenkers hoef te wend nie omdat skenking met voorwaardes en bepalings gepaardgaan, het die voorsitter van die portefeuljekomitee, Rosina Semenya, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Lourens ·

Onderstepoort is seker ook nie meer een van die wereld leiers
soos jare gelede nie.

Ellisras ·

Wat van Snotsiekte. Ons het reuse beloftes gekry. Nou is die regering besig om voete te sleep. Daar is ‘n entstof. Dit moet net ‘n handtekeninge kry en vrygestel word.

Nossob ·

Maak jou self reg vir nog 2 jaar. Intussen hou jou diere maar weg van jou buurman se Wildebeeste.

Peet Schabort ·

Wat kan jy verwag van ‘n land wat nie eers sy rioolafval ordentlik kan bestuur?

Chrisjan ·

Ek is van nature baie positief ingestel, maar ek moet blatant onnosel wees as ek nie die tekens sien hoe alle sektore in mekaar foeter nie. Sowat n jaar gelede toe ons agbare prez openlik sy rug op Israel gedraai het, het ek vir vriend en vyand verkondig dat dit die begin van supermegahiper moeilikheid vir SA is. Nou-ja … vas en bid vir ons kosbare land – dis my bydra.

Hanna Hoekom ·

Hoe enige iemand nog kan boer, weet ek nie. Vandag haal ek my hoed vir elke boer (nie daardie tipe met 10 hoenders, twee bokke en n lappie mielies nie) in ons land af. As dit nie natuurrampe is nie , is dit misdaad of n paar dikpense in die regering wat net nie n dooie duit omgee nie. En tog bly boerdery julle passie. Ek stuur n spesiale gebed vir ons boere op!

John ·

2 miljard is baie geld. Waar is dit heen? Nou soek hulle R600 vir hierdie erge krisis met ‘n laaang storie oor hul groot drome vir die toekoms. Miskien is ‘n vleuelklavier eerste op die lys. Ons buurland is skynbaar meer gerat as ons en bedel ook nie die heeltyd so skaamteloos soos die ANC- regering nie, en dit terwyl die tv daagliks al hul skandes uitblaker. As die ANC voortploeter op sy dwase weg kan hierdie land binne ‘n jaar in ellende verval wees met pessiektes en tekorte… tekorte…. tekorte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.