‘Tekort aan infrastruktuur in skole nie meer verskoning’ – SOS

Die bestaande skool is omskep in ‘n skool vir leerders met spesifieke behoeftes. (Argieffoto: Unsplash)

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) sê ʼn ernstige tekort aan klaskamers, puttoilette wat steeds nie met spoeltoilette vervang is nie, en asbesskole wat oorgebou moet word, is van die probleme wat nog nie deur die departement van onderwys opgelos is nie.

Volgens Angie Motshekga, minister van onderwys, is infrastruktuur een van die grootste probleme wat die departement in die gesig staar. Sy erken ook dat die departement nie finansieel in staat is om die probleme te hanteer nie.

Luidens ʼn verklaring van die SOS, wys voorleggings van die departement oor infrastruktuur skokkende agterstande wat by skole landwyd ondervind word en talle provinsies wat onder infrastruktuur-uitdagings gebuk gaan. Volgens die voorleggings ondervind altesaam 1 228 van die 2 071 openbare skole in Gauteng probleme met instandhouding, terwyl 566 skole ablusie-probleme ondervind.

Die voorleggings dui ook die agterstand met die bou van nuwe skole aan. Daar is ʼn tekort aan 5 554 klaskamers by 723 skole in Gauteng – 3 166 daarvan by laerskole en 2 388 by hoërskole.

Melanie Buys, hoof van ontwikkeling by die SOS, sê die impak van die Covid-19-pandemie op leerders en die skoolstelsel gaan nog vir jare gevoel word. “Verskonings gaan dié probleme nie laat verdwyn nie en moet dringend hanteer word. Dit is tyd vir daadwerklike planne om leerders op ʼn voltydse basis te laat terugkeer skool toe. Die land kan nie bekostig dat meer onderrigtyd in die slag bly nie,” sê Buys.

Buys sê die rotasie-roosters waarvan skole gebruik maak, het tot gevolg dat leerders vanjaar nog meer onderrigtyd gaan verloor. Ursula Hoadley, verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, beaam dit in haar verslag “Schools in the Time of Covid-19: Impacts of the Pandemic on the Curriculum” wat aandui dat 72% van skole steeds byna die helfte van hul kontaktyd verloor weens rotasie-roosters.

Buys sê daar is geen sprake dat hierdie agterstande gou ingehaal sal word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nico ·

Die ANC regering is al 26 jaar aan bewind nou kom hulle en sê daar is nie geld vir die onderhoud van skole nie, die skoolhoofde word verantwoordelik gehou vir die swak toestande by skole asook die Covid19 epidemie.

Anel ·

Hoe sê hulle, dood het ook ‘n oorsaak. Plaas die regering die geld gebruik waarmee hulle gratis universiteitopleiding gee en skole eers op standaard bring. Bou genoeg skole en hou hulle in stand. As die skole nie op standaard is nie, kan daar mos nie gratis universiteit toe gegaan word nie. Alles in hierdie land is agterstevoor.

donsie ·

Plaas ‘n beperking op die aantal kinders was ‘n gesin mag he en dan is die probleem oor 10 jaar opgelos, gehalwe as daar nog ‘n paar 9 linge gbore word soos nou in marokko se hospitaal

anko ·

Stem saam. kinders kry kinders en dit als om onderhoud te kry. Beperk tot drie max en onderhoud vir een kind.

John ·

Hierdie probleem kan maklik opgelos word….. Maak soos daar al klaar gedoen word……Stoot die Engels sprekende Swart skoliere in Afrikaanse skole en siedaar ! ……die skool word dubbel medium….vir ‘n tyd…. en dan is daar soveel engelse leerders dat die skool nou Engels word. Gaan doen maar ondersoek..
Nie lank nie dan is daar nie meer plek vir Afrikaanse onderrig en so sterf die mooiste taal…..

Herman ·

Ten spyte van die sg tekorte, het die regering niks gedoen om ‘n fantastiese skool fasiliteit van ondergang te red nie, en almal kyk verslae na die fasiliteit wat nou naby Lanceria in onbruik staan? Dis pateties en ‘n duidelike bewys dat die regering se belange nie by sy mense is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.