Tekort aan kragtoerusting in GP – Eskom

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

Daar is tans ’n tekort aan kragtoerusting in Gauteng weens die hoë koers waarteen mini-substasies en transformators in Gauteng onklaar raak.

Eskom het Woensdag in ’n verklaring gesê die hoë aantal voorvalle waar kragtoerusting oppak, plaas druk op die energieverskaffer se vermoë om dié toerusting te vervang en kragtoevoer na geraakte gebiede in Gauteng te herstel.

“Eskom ervaar uitdagings met beperkte voorraadvlakke van mini-substasies en transformators weens die groot aantal onklaarrakings omdat die kragnetwerk oorlaai word.

“Oorlading word veroorsaak deur onwettige koppelings, ’n gepeuter met kragmeters, ongemagtigde bedrywighede op die netwerk, vandalisme en diefstal.”

Eskom sê die maatskappy het tot op hede 116 van 181 beskadigde mini-substasies suksesvol vervang of herstel, en 1 326 uit 2 314 transformators teen ’n koste van R152 miljoen.

“Die verskaffer word egter steeds deur ’n hoë aanvraag vir die vervanging en herstel van toerusting in die gesig gestaar, wat dit moeilik maak om aan die aanvraag te voldoen.”

Voortslepende voorvalle van protesoptrede en die versperring van paaie maak dit ook toenemend moeilik om gebiede te bereik waar herstelwerk gedoen moet word, wat tot verdere vertragings bydra.

“Toegang tot ons kantore word dikwels versper terwyl werknemers in sommige gevalle aangerand, geïntimideer en, in uiterste gevalle, ook deur gemeenskapslede gyselaar gehou word. Dié soort teistering en intimidasie word ook deur werknemers reg oor die provinsie ondervind wat na gebiede moet ry en in die veld werk.

“Die veiligheid van ons werknemers is ons eerste prioriteit en ons sal ons dienste onttrek daar waar ons werknemers se veiligheid in gedrang is. Ons het hierdie gevalle ook al by wetstoepassingsagentskappe vir verdere ondersoek aangemeld.”

Eskom sê hul verskaffers bly egter daartoe verbind om Eskom te prioritiseer, aangesien hulle die uitwerking van kragonderbrekings op Gauteng as ekonomiese kern en op die gemeenskap besef.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Chris dupreez ·

Dit is maar moeilik as jy op n nar soos Cele en sy troepe moet staatmaak vir beskerming

Di ·

ja want die “tuinjong” is te besig om twak op plekke kwyt te raak waar hy in die eerste plek nie HOORT nie. Hy moet hom bepaal by sy werk wat die bekamping van misdaad is, dan sal dit beter gaan

H.A. ·

LANDSKAPING, dit is wat hier gebeur met Eskom wat alles moet deurmaak.

Samuel ·

Die regering laat hierdie landskaping willens en wetens toe.

domheks ·

Andre – hulle wil jou nie in daardie stoel he nie! Hulle wil nog bietjie plunder…..

My siening ·

Was dit nie vir André dan was dit permanent nag in die land maar hy kan nie Cyrel en kaders alleen aanpak nie! Korrupsie het by Mandela begin toe hy kopdoek Zuma oorgesien het vir haar korrupsie!

Johann101 ·

Andre is een v.d probleme… ja hy het al geld terug gekry van korruptes…
Maar terselfde tyd wil hy nie geld beskikbaarstel vir herstelwerk aan ou steenkool kragopwekkers nie… Dit moet gaan vir renewable energy…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.