Tekort aan onderdele vertraag herstelwerk

Probleme met die verskaffing van onderdele sal waarskynlik nog maande voortduur. (Foto bloot ter illustrasie: Sam Loyd / Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Motorherstelwerk (Sambra) waarsku dat motoriste vertragings met die herstel van hul voertuie kan verwag, weens ’n ernstige tekort aan motoronderdele landswyd.

Richard Green, Sambra se nasionale direkteur, sê die probleem is hoofsaaklik die gevolg van produksievertragings wat deur die Covid-19-pandemie meegebring is. Dit word verder deur dramatiese stygings in die koste van internasionale vraghouer-logistiek oor die afgelope jaar vererger.

Sambra verteenwoordig sowat 1 000 duikklopondernemings in die land, wat meer as 80% van alle versekeringseise vir herstelwerk uitmaak. Volgens Green het dié ondernemings kennisgewings van verskeie oorspronklike toerustingvervaardigers ontvang dat die huidige verskaffingsbeperkings waarskynlik nog maande sal voortduur.

“Dis onvermydelik dat voertuigherstelwerk baie langer as normaalweg sal neem, terwyl vervaardigers spook om die voorsieningsketting van onderdele te herstel.”

Hoewel Green motoriste verseker dat Sambra-lede alles in hul vermoë sal doen om klante ingelig en op hoogte te hou, sê hy dat die situasie heeltemal buite hul beheer is.

“Die beperkte aanbod het die produksie van alternatiewe onderdele op dieselfde manier beïnvloed en ons ondervind dat dit ’n uitwerking op die gehalte van beskikbare alternatiewe onderdele het.”

Sambra sal voortgaan om nou met versekeraars en oorspronklike toerustingvervaardigers oor die status van sekere kernonderdele te skakel en waar moontlik betrokke onderdele eerder te herstel as te vervang.

“Ontwikkelings in hersteltegnologie het oor die afgelope jare aansienlik gevorder. Dit het die vermoë van geakkrediteerde Sambra-lede om metaal- en plastiekpanele op ’n motorvoertuig te herstel, beduidend verbeter.”

Green beveel verder aan dat motoriste wat nie huurmotordekking op hul motorversekeringspolisse het nie, dit dringend hierby insluit.

Green says the further dramatic increases in the cost of international cargo container logistics that increased 4-fold over the last 12 months, have exacerbated the supply crisis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johan ·

Korreksie, die C19 pandemie het te min mense dood gemaak om enige ontwrigting te veroorsaak. Dit is agv die regerings se c19 regulasies. Plaas die blaam waar dit is, by regerings se oor reaksie weens mense se paniek omdat die media saam met die mediese megahuise paniek gesaai het.

Miskruier ·

Ja, oorsterfte in die lande waar die vaksiene eerste gespuit is, maar regerings bly stil.

VaalDonkie ·

Ek bestel onderdele uit Kanada of Amerika teen 25% die prys wat Masterparts en kie vra, en dan doen ek die werk maar self.

Blikkies ·

Stem saam, maar jou initiatief gebruik en self sien kom klaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.