Tekort aan slangteengif knou SA’ners

Argieffoto (Foto: Lowveld Venom Suppliers/Facebook)

Die oënskynlike tekort aan slangteengif in Suid-Afrika begin nou sy burgers knou wat skarrel om dié middels betyds in die hande te kry.

Die DA sê ondanks die minister van gesondheid se versekering dat die tekort aan slangteengif in die land gemonitor word, wys die stryd wat talle mense deurmaak nadat hulle deur slange gepik is, die omvang van die probleem.

“Dit is onaanvaarbaar dat die land se voorraad van vyf jaar in so ʼn mate uitgeput is dat dokters en veeartse spook om hul pasiënte te red in gevalle waar hulle deur ʼn slang gepik is,” sê Michele Clarke, die DA se woordvoerder van gesondheid.

Die DA beplan nou om skriftelike parlementêre vrae aan die minister voor te lê om vas te stel wat gedoen is om die tekort by die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens (NHLS) op te los en watter gesondheidsfasiliteite en praktisyns van teengif voorsien is.

Clarke sê die laboratoriumdiens se pogings om die skuld op beurtkrag en “uitdagings om die produk te bekom” te pak, toon die departement se chroniese en sistemiese versuim om basiese gesondheidsorgdienste te bestuur en in stand te hou, asook hul onvermoë om langtermynbeplanning te doen en probleme te identifiseer .

“Die tekort aan slangteengif het nie oornag gebeur nie,” sê Clarke.

“Waarom het die departement en die NHLS nie aandag aan die dalende voorraad gegee voordat dit ʼn krisis geword het en gepaste stappe gedoen om dit af te weer nie?”

Die NHLS het voorheen aangevoer hoewel beurtkrag ʼn invloed het, dat daar geen rede tot paniek is nie, aangesien “produksie [van die teengif] sedert Desember verlede jaar verhoog het”.

Volgens die NHLS het hy as sodanig tussen 1 Desember verlede jaar en 31 Maart vanjaar altesaam 1 422 dosisse teengif oor die land heen versprei en is daar steeds dosisse wat tans in die produksiefase is.

Kenners meen egter ʼn moontlike krisis dreig al amper ʼn jaar lank, met veeartse wat waarsku dat veral troeteldiere weens ʼn tekort aan teengif kan sterf.

ʼn Slanggifprodusent in die Laeveld moes selfs vroeër vandeesmaand sy laaste tien flessies slangteengif aan die Mediclinic Nelspruit gegee het om die lewe van ʼn tweejarige dogtertjie te help red wat kort tevore deur ʼn slang gepik is.

“Die tekort aan slangteengif is ʼn goeie bewys van wat met Suid-Afrika gaan gebeur as die plan om nasionale gesondheidsversekering (NGV) deur te voer, slaag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Manie ·

Het die teengif instituut nie net laasweek gesê dat daar nie ‘n tekort aan teengif is nie? Iemand lieg.

Jean ·

Was dit nie een of ander minister wat dit laas week gesê het nie?

Harley Davidson ·

En dan kry jy nog die klomp wat die slange vang en weer op n ander plek vrylaat om iemand te byt,wat sê die Bybel van ‘n slang?

Kirst ·

Jou kans om gepik te word as jy ‘n slang probeer doodmaak is groter as wanneer jy ‘n ervare slangvanger bel om die slang te kom verwyder. Al wat jy hoef te doen is om ‘n handdoek of ander lap (selfs jou hemp) oor die slang te gooi en ‘n slangvanger te bel om dit te kom haal. Die slang sal onder die lap bly omdat dit veilig voel daar.

As ons egter al die slange wat ons teekom voor die voet doodmaak, gaan ons gou ‘n knaagdierplaag kry. Slange handhaaf die natuurlike balans deur hulle te vang.

Miena ·

Dankie Kirst – dis baie waar wat jy se. Ek wys altyd die mense in my dorp hoe om te maak met n handdoek tot n slangvanger opdaag. Dankie vir jou positiewe houding.
Ek was ook 2jr gelede baie bang nog vir slange en wou niks sien of weet nie. Toe gaan doen ek die kursus en vandag hanteer ek hulle. Met respek. Gelukkig is slange meer bang vir mens as wat mens bang is vir slang.

TruthDealer ·

Ek hou van nie-giftige slange hanteer. Very relaxing. Wens ek kon een as n troeteldier aanhou maar ek sou n massiewe glaskas moes laat bou en dis te duur. Want ek sou darem nie wreed wees en die slang in n piepklein kas aanhou soos sommige mense doen nie. Ek moes al 4 giftiges doodmaak, daar was niemand anders om dit te doen nie. Een was n swart Mamba, een n Pofadder, 2 was Mozambiquan spitting cobras. Nou met die gebrek aan teengif hou ek maar my houtdeure noodgedwonge ook toe, heeldag lank.

Miena ·

Dis jammer dat jy moes doodmaak – maar ek verstaan heeltemal in die 1e plek indien mens dadelik reageer vir vrees en veiligheid van jou gesin en troeteldiere. Ongelukkig mag n wilde (wild captured snake) slang nie in aanhouding bly en wees nie. Indien mens gevang word mag jy dalkies net n heftige boete in die gesig staar. Soos jy tereg noem ja – hou maar deure toe. P.S: gooi n hanndoek / laken voor deur op grond om die gleuf toe te maak. So bly slang ook buite die vertrek.

Miena ·

Harley – Ek is 1 van “die klomp van wat die slange vang en weer op n ander plek vrylaat” omdat 1 my permit dit vereis, 2 slange word nie almal op dieselfde plek vrygelaat nie want sommige slange eet ander en 3 my diens as slanghanteerder in my dorp – Bronkies – is gratis. Dis my tyd weg van gesin af en my veiligheid. So ry ek km’s om slange te vang en nog verdere km’s om hulle vry te laat sodat mense en hul diere veilig is en lekker kan slaap in hul huis. Ondersteun jou lokale vangers asb.

Miena ·

Wie is hulle?
Ons het n tekort aan teengif in SA. Ek is n slanghanteerder wat saam met 3 van SA se bestes (Herpetoloee) werk wat teengif vervaardiging betref en ONS SIT met n KRISIS.

Anel ·

En so verval alles. Verder word ons belieg en bedrieg. As ons lewens nie in gevaar is agv misdadigers nie, is almal van ons mens en dier oorgelewer aan moontlike slangpik. Wat gaan aan? En dan wil die wonderlike regering die nasionale gedondheidsorg op ons afdwing!!! Behoede ons!!! Dit werk nie oorsee nie, so wat gee hulle die indruk dat dit hier sal werk? Kyk maar hoe gaan dit nou in Engeland. Die verpleegpersoneel staak. So daar kan geen operasies of noodgevalle hanteer word nie. Nie dat dit hier beter gaan nie. Maar dit kan dan net slegter gaan. Hoeveel kindertjies en troeteldiere gaan nie nou sterf agv ons regering se slegtigheid nie?????

TruthDealer ·

Dis my vrees ook en dit maak my Woedend. Mense en diere gaan onnodig sterf. Hopelik sal hulle deur hierdie komende winter werk maak van hierdie katastrofiese situasie. Mens kan nou in die Laeveld nie eens meer n houtdeur ooplos vir n koel briesie nie want dit kan jou of jou kinders se lewe kos. A preposterously outrageously pathetic situation created by a preposterously pathetic government!!

Kokerboom ·

Daar is nie ‘n enkele faset van die SA samelewing waar die ” chroniese en sistemiese” versuim/nalatigheid van die ANC regime nie alle orde reeds vernietig het nie!Dit alles sonder ENIGE gevolge vir ANC

Stephen ·

Waarom die bohaai? Jy kan nie enige teengif aan die pasient toedien as jy nie die tipe slang kan identifiseer nie.
Die beste raad is om onmiddelik baie sterk oplossing suikerwater aan die pasient te gee. Dit verlig die skok wat baiekeer die hoofoorsaak van dood is. Dit kalmeer die pasient en gee daardie ekstra tyd om by n dokter uit te kom.
Ons weet van gevalle waar skoon petrol op die wond ook help as niks anders beskikbaar is nie.
Bosraad maar kan dalk iemand se lewe red.

Miena ·

As opgeleide slanghanteerder en 1st Aider vir Slangbyte is jou raad soos bo – n baie groot NEE. Jy bind nie n ledemaat af nie, sny nie die bytplek nie, smeer niks op nie, bel n ambulans vir vervoer as jy verafgelee is, hou pasient kalm en gaan so gou moontlik na die naaste hospitaal. Simptome word behandel en indien nodig word intubasie gedoen en dit is die uiteinde wat mens se lewe red. Feite is ja – monovalent kan nie vir polyvalent byte gebruik word nie. 10% van pasiente nodig antivenom.

TruthDealer ·

Beste is seker om in Hierdie land iemand soos n buurman/ nabye bure te kry om die persoon hospitaal toe te neem. Ambulans sal heel moontlik te lank vat. Miena, wat word vd pasiënt wat teengif nodig het as die hospitaal niks het nie? Weet jy van enige ander protokol wat die hospitaal kan gebruik?

Miena ·

Indien Maroela Media sal toelaat dan kan ek die 3 persone se name en nommers verskaf – met permissie van persone. In GP is daar 2 hospitale wat uitstekend is met slangbyt gevalle omdat daarn Professor werk wat spes in slangbyte. Dit is die Wilgers en Unitas Hospitale. In KZN is Empangeni Hospitaal die beste keuse. Ek weet ongelukkig nie van ander provinsies se hospitale nie. Interessant genoeg nogal – ek sal bietjie die experts vra om n lys te stel van hospitale vir slangbyte.

TruthDealer ·

Baie dankie Miena,ek waardeer dit baie. Naaste aan ons is die Nelspruit MediClinic.

Miena ·

Jy is welkom. Laai gerus die ASI app gratis af op jou foon vir meer slang info

Blikkies ·

Laat daar nou net ‘n hoog geplaaste Minister of ‘n ding deur ‘n slang gepik word………wat dan?

Elize ·

Die nuwe vloekwoord wat hierdie regering uitgevind het is “monitor”. Apartheid en monitor word in een asem genoem en gaan die vernietiging net aan

Andries ·

“Waarom het die departement en die NHLS nie aandag aan die dalende voorraad gegee voordat dit ʼn krisis geword het en gepaste stappe gedoen om dit af te weer nie?” Eemm, waar het jy al ooit gesien dat die subspesie kan vooruit beplan.

Miena ·

Net ter info – gewone burgers kan nie hul hande op teengif kry nie of aankoop nie. Dit word slegs toegedien deur n Dr. teen n spesifieke spoed op spesifieke tye. Te vinnig – te stadig – te veel – te min – te koud – te warm en die verkeerde teengif gaan nie werk nie. Dit word teen n sekere temp. geberg en het n rakleeftydperk van net 6 maande. MM julle bewoording moet dalk verander word in berig dat burgers tesame met Dokters skarrel om teengif te kry om die regte stand van sake weer te gee. Ek het 3 weke gelede d.m.v. A. Naude gereel om teengif vir n pofadder byt behandeling in Pta te kry. Die oom was oornag in hosp en weer vrygelaat na 5- buisies teengif met minimale weefselskade. Sy gesin was histeries en nie geweet herwaarts of derwaarts nie. Maar d.m.v. opgeleide en ingeligte persone is hulle geholpe. Gaan leer meer oor slange – jy sal aangenaam verras word deur sekere info van hulle. Ondersteurn jou lokale slangvangers. Ons is opgelei om jou te kan help met beide situasies.

Delia ·

Dankie Miena, vir die goeie werk wat julle doen. Hoedspruit het ook n goeie kwota slangvangers

Miena ·

Baie dankie Delia. Ons probeer om mens en dier beskermend te hou teen slange. Gelukkig beweeg hulle nie in pare nie – elke slang op sy eie missie.
Ondersteun jou lokale slangvanger en gee hom / haar n donasie. Dis immers ons eie petrol en tyd wat ons uitry na publiek toe om van die “gevaar” ontslae te raak sodat die publiek kan veiliger wees. By the way – julle het baie mooi Kobras daardie kant ;)

Manie ·

Ja Miena, veral die Swart Kaapse Spoegkobra. Ons was 2 weke gelede anderkant Touwsrivier in die berge vir die naweek en my vrou en ek het die Saterdag oggend in die veld gaan stap. Na so 5km se stap moes ons oor ‘n klipperige heuweltjie en dis waar ek my trompop in die kobra vasgeloop het, Hy het sy voorlyf opgetel en mooi bakkop gestaan, gelukkig het hy in dieselfde rigting as waarin ons geloop het gekyk en later weggeseil. Oppad terug het ons ‘n pofadder ook teëgekom in die voetpad.

Miena ·

Dis seker die 2 mooiste slang species vir my – n kobra wat bakkop maak en n poffie met sy mooi ligte diamantvorm en blaar effek – kop. Wat n belewenis het jy nie ervaar nie… en jy kan die storie oorvertel. Wel gedaan.

Delia ·

My voorstel…almal wat slangserum in voorraad wil hou, skryf n brief aan die CEO van NHLS. So sal hy/sy sien wat die behoefte is. Iemand af in die pyplyn voer die CEO vals informasie.

Miena ·

Goeie idee – maar onglukkig werk dit nie so maklik so nie. Daar is registrasies en permitte nodig en die fasiliteit waar die serum gehou word moet absoluut meer steriel wees as n hospitaal teater. Dis makulu stories die serum jongie. Maar ja stem saam, erens moet daar voet neergesit word en stem dikgemaak word… en laboratorium-slange gemelk word…

Delia ·

Hi Miena ek het tot onlangs soos 2 jaar terug in n hospitaal in die Laeveld gewerk waar ons altyd slang serum gehad het in die yskas. Ons het bestel vanaf ons hospitaal apteek. Jy kan nie persoonlik slangserum bestel van NHLS, maar hospitale het daai magtiging. Maar dis nie beskikbaar en BAIE duur.

Miena ·

Dis waar wat jy se ja – nie enige persoon kan dit aanskaf en berg nie. Ek hoop regtig die labs in GP begin sommer spoedig weer met vervaardiging. Dit gaan my verstand te bowe dat monovalent (boomslang antivenom) enige iets van R6800 p/vial kos vs polyvalent antivenom van R2200p/vial. Maar die tipe slang-gif is maar wat die teengif benodig.

Charmaine ·

Ek bly op die plaas en het ook so ondervinding gehad met teengif wat nie bekombaar is nie. Kan iemand
my se is daar enige ander plek wat ons dit vanaf kan kry. Ek is nie bereid om my en my gesin weer bloot te stel as gevolg van die staat wat nie doen wat hulle veronderstel is om te doen en dit is om hierdie tipe van ding te verhoed nie

Miena ·

Charmaine – sien asb my en Delia se gesprek bietjie boontoe op m.b.t. die teengif. Ander raad wat ek wel kan gee is as volg – hou erf / plaas skoon d.m.v. verwyder bourommel, palette bakstene ens. Slange gaan kruip weg daarin. Hou gras / bossies kort om die perimeter. As bg. skoon is – dan is daar nie muise / rotte nie en dan word slange nie gelok agter prooi aan nie. Geen “repellent” of plant werk nie. Jy gaan jou geld mors.

Danie ·

Gesondheid se hulle het geen tekort nou wie lieg als in die land is n gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.