Tekort aan swembadsuur het SA’ners raadop

(Foto: Joe Calata/pixabay)

Winkelrakke staan leeg nadat Sigura Suid-Afrika, vervaardiger van swembadonderhoudsprodukte, aan Maroela Media bevestig het dat daar ʼn landwye tekort aan soutsuur vir swembaddens is.

Dié suur word tipies in plaaslike en private swembaddens gebruik om pH-vlakke te handhaaf.

“Weens landwye vervaardigingsprobleme van dié suur sukkel ons om hth Easy Acid aan winkels in Suid-Afrika te verskaf. Ons doen egter alles moontlik om toegang tot die suur te verkry om produksie te versnel,” het Sigura gesê.

Die maatskappy het Donderdag erken dat die tekort geweldige probleme vir swembadeienaars skep. Een verbruiker het aan Maroela Media gesê dat hy reeds drie weke op soek is na swembadsuur.

“Ek was na tien hardewarewinkels en supermarkte in my omgewing en kon niks kry nie. My swembad word groen en daar is niks wat ek daaraan kan doen nie.”

Sigura het intussen aanbeveel dat swembadeienaars gebruik maak van alternatiewe swembadsure om die pH-vlakke in hul swembaddens te verminder.

“Produkte soos hth Dry Acid, Dry Acid Weir Tabs en hth Cloudy to Clear sal ook die pH-vlakke stabiliseer en is dikwels makliker hanteerbaar as suiwer soutsuur. Gelukkig breek die wintermaande binnekort aan en dan is die bestuur van ʼn swembad baie makliker.”

Die omvang van die tekort en hoe lank dit gaan neem om soutsuur weer op die rakke te kry, is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andries ·

Maak die swembad toe met ‘n seil. Jy bespaar 90% aan chemikalie en 100% aan werk. Een 5 kg chloor hou my amper 2 jaar. En geen suur nodig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.