Tekort aan verpleegsters ‘’n ramp wat dreig’

Foto ter illustrasie. (Foto: pixabay)

Die Solidariteit-beroepsgilde vir verpleegkundiges het gesê groter samewerking is dringend nodig as die opleidingskrisis in die bedryf opgelos wil word.

Hennie Bierman, hoof van Solidariteit-beroepsgildes, het gesê Suid-Afrika het kritieke probleme met die opleiding van verpleegkundiges. Volgens hom het die ondoeltreffendheid van die SA Raad op Verpleging (SARV) ʼn negatiewe uitwerking op die finalisering van regulasies oor verpleegopleiding, die akkreditering van nuwe instellings vir verpleegopleiding, -praktyk en -programme asook die herakkreditering van bestaande instellings en programme vir verpleegonderrig.

“Die grootste probleem is dat daar gesloer word met die akkreditasie van alle verpleegkursusse en die goedkeuring van private verpleeginstansies wat al sedert 2014 aan die gang is. Die gebrek aan kommunikasie tussen die SARV en die departement van hoër onderwys en opleiding is verantwoordelik vir die vertraging,” het Bierman gesê.

Die strategiese plan vir verpleegopleiding, wat voorsiening maak vir nuwe kwalifikasies, is in 2013 al ingestel, maar nie die private opleidingsinstellings, óf die nuwe kurrikulums is al goedgekeur of geakkrediteer nie.

“Geen private instansie het die afgelope drie jaar goedkeuring vir opleiding ontvang nie en die SARV het heelwat van die kursusse wat by bestaande private instansies aangebied word, reeds in 2015 opgeskort. Dit beteken dat daar selfs nog minder verpleegsters opgelei word, wat ekstra druk op die bestaande verpleegsters in die beroep plaas wat weer ʼn impak op dienslewering het,” het Bierman gesê.

Volgens hom word tot 60% van die land se verpleegopleiding by private instellings gedoen en daarom sal die akkreditering van dié instellings veel doen om verpleegtekorte te voorkom.

Bierman het gesê die SARV, die departement van hoër onderwys en die departement van gesondheid moet dringend beter begin saamwerk.

“Die SARV en die departement van gesondheid moet dringend hul raamwerk vir die opleiding van verpleegkundiges prioritiseer en seker maak hulle praat dieselfde taal om ʼn dreigende opleidingsramp te voorkom,” het Bierman gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Duppie ·

Dit is verseker ‘n ramp wat dreig. Die problem is dat alle verpleegsters mos swart en engels sprekend moet wees soos dit die nuwe Suid Afrika verteenwoordig. Die arme verpleegster kan nie eers behoorlik engels praat en verstaan nie, wat nog te sê van afrikaans. Nou kom daar natuurlik foute in met ‘n pasient se opname en verkeerde inligting word op die vorms neergeskryf wat tot noodlottige gevalle kan lei. Indien ‘n persoon bv allergies is vir jodium en die verpleegster skryf dit verkeerd op die toelatings vorms neer, is die kanse baie goed dat sy en die hospitaal vir moord aangekla gaan word. Kom by verkrampte regering, julle speel nie net met wittes se lewens nie, julle speel met julle eie mense se lewens ook. Dit net om ‘n paar idiote se menings te regverdig

Thinus ·

Hulle moet se die tekort aan goeie opgeleide en vaardige verpleegsters want die wat vandag in meeste hospitale werk is nie een van die bogenoemde nie. Hulle kan nie behoorlik ‘n drip insit of bloed trek nie. Nog ‘n suksesvolle mislukking van die staat se regstellende aksie en transformasie beleide wat in hul gesig ontplof. Dom mense wat dom besluite maak, dis waar die fout le.

Anoniem ·

Thinus, jy is reg. Ek is onlangs geopereer. +- 2 ure voordat ek teater toe is, het ‘n swart dametjie vir my ‘n drup kom opsit. My deksels seer gemaak in die proses. Toe ek wakker word van narkose, was die drup op ‘n ander plek. Duidelik was die eerste drup nie ‘n sukses nie. En dit in ‘n vooraanstaande hospitaal in Pretoria.

marous ·

Daar is geen infrastruktuur om die beroep te huisves nie ! Gaan kyk hoe lyk dit by staats hospitale . Mense sterf in die wagkamer omrede diegene wat daar werk te sleg is om agter die tafels op te staan . Dis die waarheid.

Jacques ·

Dit is agv die regring se arogansie om regstellende aksie in te stel dat ek nie bloed skenk nie . Een van die redes behalwe die feit dat my gesondheid dit nie toelaat nie is die feit dat die bloebank gese het hulle wil 100% swart wees ? As jy na n hospitaal toe gaan en moet n drup kry lyk jy soos n sif as hulle klaar is , want hulle weet nie regtig hoe om dit te doen nie .
Verpleeging is n roeping nie net nog n beroep nie .

honourable member ·

Afgesien van regstellende aksie, hierdie vuil septiese hospitale sal enige iemand afskrik.

ne ·

Stem saam, hulle kan nie eers ‘n drup behoorlik in sit nie. Jy is vol blou kolle en gaatjies soos hulle na die are soek. Maar dit is maar SA…

ZIS ·

Ek sal nooit weer in `n hospitaal gaan werk as `n Verpleegkundige nie,die meeste van die Verplegings personeel (nie almal) werk net vir geld, verder beteken hulle niks en moenie in `n saal gaan lê as wit en daar is net swart personeel nie,dis `n ramp. Die eed wat `n verpleegkundige aflê beteken niks meer nie. Pasiënte sorg is kommer wekkend.

Robertson ·

Ek kan net met lof praat van Robertson se staatshospitaal. Doen so voort! My kosbare seuntjie is daar gebore en al die personeel doen hul bes en hulle hardloop om by noodgevalle uit te kom. Baie dankie aan suster Drill sergeant en dr Kroukamp en al die ander personeel asook die veiligheidswagte.

Bianca ·

Dis so waar .ek het altyd gese vir die verpleeg student as jy die beroep doen vir die geld dan is jy in die verkeerde plek.ek geniet my werk en is so lief vir my pasiente

Judge Dredd ·

Totdat jy in SA hospitaal beland – dan is dit nie meer so nice nie.

Sê maar net. ·

Hulle kla oor te min verpleegsters maar as jy aansoek doen om verpleegkunde te studeer word julle eenvoudig afgekeur. Met die verskoning daar is nie plek nie.

Rian ·

My vrou werk nou al 32 jaar as professionele suster en is eenheidsbestuurder ook. Sy is die guru van drips insit en sy nog daagliks ook opleiding in haar saal. My groot probleem is dat haar salaris minder is as ‘n Tshwane busdrywer en sy werk nogals by ‘n privaat instansie!

Ek stem saam dat die mensies nie bevoeg is nie, hulle kry hul salaris so job well done om net by die werk te wees! Die lus en die ywer om verpleeging te doen is net nie daar nie!

Varkie ·

Kan jul presie se hkm.. my moeder is n verpleegster, n ingskrewe een wat geleerd in medisyne is, maar was in die pad gesteek oor vel kleur so paar jaar terug agv BEE. Nou is daar n oorvloed van assistente en hulle ken net basiese noodhulp, mag ook nie medisyne uitgee nie.. viva ANC

Fielies ·

Die grootste krisis wat nêrens in die media gerapporteer word nie is die feit dat agv Minister van Gesondheid wat nie regulasies onderteken nie daar GEEN spesialis Verpleegkundige opleiding van 2020 gaan plaasvind nie. In essensie beteken dit onopgeleide personeel gaan in intensief, klinieke, teater ens na pasiente moet kyk. Minister het ook n probleem met universiteitsopleiding. Dit is die hoofrede vir die huidige gemors!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.