Tekortkominge in staatsdiens kry aandag, sê Ramaphosa   

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Kopane Tlape/GCIS)

ʼn Beroep in die staatsdiens moet gesien word as ʼn loopbaanbestemming vir diegene wat ʼn verskil wil maak in hul land, en nie net as ʼn gemaklike nege-tot-vyf werk of ʼn plek om met minimale inspanning ʼn salaris te verdien nie.

Daar is slegs ʼn paar roepings wat meer belangrik is as die oproep tot openbare diens, skryf pres. Cyril Ramaphosa in sy jongste nuusbrief.

“Dit is ʼn geleentheid om mense se lewens te verbeter en die samelewing ten goede te verander. Dit gaan met groot verantwoordelikheid gepaard en vra dikwels baie van individue en hul gesinne.”

Ramaphosa wys daarop dat staatsamptenare die eerste koppelvlak is tussen die regering en ʼn land se burgers en dat die interaksie, hetsy positief of negatief, van kritieke belang is vir die manier waarop die staat deur die bevolking waargeneem word.

“Ons belangrikste prioriteit is om ʼn bekwame staat te bou. As ons ʼn beter staat wil opbou, moet ons die tekortkominge in die organisasie en die vermoë van die staatsdiens ernstig en dringend aanpak.”

Die siening dat die staatsdiens opgeblaas is, is volgens Ramaphosa misplaas. Hy meen die werklike kwessie is of die staatsdiens presteer soos dit moet, gegewe die grootte en koste daarvan en die behoeftes van landsburgers. “Ons mense ervaar dat die staat op verskillende gebiede nie aan verwagtinge voldoen nie.”

Daar is fundamentele probleme wat aandag kry, sê Ramaphosa. Dit sluit onder meer in aanspreeklikheid wat op die mees senior vlakke van die staat vervaag het, onbehoorlike politieke inmenging en senior aanstelling wat dikwels op politieke oorweging in plaas van kundigheid gemaak word.

Volgens Ramaphosa manifesteer patronaatskap deur die aanstelling van mense in senior posisies op grond van ander oorwegings as hul vermoë om die take uit te voer in die amp waarin hulle aangestel is.

“Om ʼn staatsamptenaar te wees, is ʼn eer en ʼn voorreg. Dit vereis toewyding, onselfsugtigheid, professionaliteit, toewyding en die grootste getrouheid aan die beginsels van ‘batho pele’, om die mense eerste te stel.”

Staatsamptenare word toevertrou met die bestuur van staatshulpbronne tot voordeel van die publiek en moet toesien dat dit nie misbruik word nie.

“In ʼn tyd waarin ons gekonfronteer word met ʼn reeks skandale wat dui op duidelike medepligtigheid deur sekere staatsamptenare in korrupsiedade, behoort hierdie Staatsdiensmaand ʼn geleentheid te wees vir die mans en vroue wat met hierdie gewigtige verantwoordelikheid getaak is om hulself te onderskei – om hulself aan hul roeping toe te wy en ten volle te begryp wat dit werklik beteken om ʼn dienaar van die mense te wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Pieter ·

Weet die ou kan net soveel praat soos sy party- All talk no action. Die land word beheer deur rasiste soos eff en karakters in cANCer. DInge gaan nie beter word nie. Net bid en glo dat GOD genade sal stuur en almal met goeie harte en geloof sal bystaan in die dae. (Ongeag kleur).

Jr ·

PRACTICE WHAT YOU PREACH. BE AN EXAMPLE MR SO CALLED PRESIDENT. TO MY FELLOW SA’s BLAH BLAH BLAH

Johan ·

Sowat jy in werklikheid se Rampspoedig is dat BEE onmiddelik gestop moet word sodat bekwame persone aangestel kan word ag baie dankie man jy is n yster.

Sarel ·

Wat…..stem die Vakbonde saam…
Mediese en Nooddienste wat STAAk. Indien hy ernstig is en nie net leë beloftes soos in die verkede nie gasn sy Vakbonde hom uit die stoel lig.

Persheks Adri ·

Wel ou Cyril julle presteer glad nie! Al waarin julle presteer is om korrup te wees, julle wang te draai vir moord en dood, rassisme aan te hits, vertraagde besluite te maak en aanstellings te maak met mense wat onbevoeg verby is! Julle maak beslis NIE die land beter NIE inteendeel net erger en jou korrupte kaders sit nou nog nie in oranje pakkies nie

Stefan ·

Tekortkominge? Watse tekortkominge??
Dit gaan mos lekker met die kaders!

Sarel ·

Mr. Rhsmaposa Talk is Cheap.
Ek dink die Buiteland is geskok oor bedrig en diefstal van hulpbronne, nou keer hy vir sy wickets. Maar dit is nie ANC en Vakbonde se beleid nie.

Nie Verbaas ·

Lip service mnr Ramaphosa. Wat van oormatige personeel by alle staats entiteite. Gaan hulle aan vaardigheids toetse onderwerp word en dan gesif word om net die “beste” te behou en ander afgedank word? Of moet belasting betalers aanhou betaal vir staat se salaris rekening. Ons sal glo wanneer korrupte amptenare after tralies is en hulle bates wat deur korrupsie en plundery verdien is terug is in staats koffer.

Werner ·

Dink hulle kan maar by hom begin deur hom en die hele kabinet te vervang

Kokerboom ·

Op watter planeet lewe Ramaphosa. As privaatsektorman behooert hy goed te weet dat enige besigheid waarvan die topstruktuur te swaar, ondoeltreffend asook ongemotiveerd is is die besigheid gedoem is tot ondergang. Die Staat is ‘n besigheid mnr Ramaphosa. Dis te lomp, salarisrekening te groot, dis korrup en ongemotiveerd/ondoeltreffend en die produktiwiteitsvlak regverdig by verre nie die koste van dit kunsmatig aan die gang hou!!!Praat nie eers van kaderaanstellings!!

Sonia ·

Wat misplaas is m r Ramaphosa is die inhoud van al jou sogenaamde nuusbriewe, in geeneen van dié nuusbriewe is iets die moeite werd gewees om te lees nie en nog minder in hierdie jongste een, wie probeer jy beindruk. Ons Afrikanervolkie glo nie meer ‘n woord wat jy of jou ander kaders sê nie. Maar nou besef ek skielik jy en jou kaders gee nie om wat ons dink nie solank jy jou onnosel onderdane kan belieg en bedrieg hou dit jou gelukkig want hulle slurp elke woord op en glo jou. Eers wanner jy van jou sitvlak opstaan en iets daadwerkliks doen soos jou korrupte kaders in die tronk gooi en plaasmoorde misdaadprioriteit gee, sal ons vir jou begin respek kry, tot dan moet jy liewers in jou paleis sit en jou mond styf toe hou want jy praat, praat, praat en dinge gaan net al erger. #voetsekANC

marius ·

Daar is baie goeie woorde in die HAT om die man en sy gevolg te beskryf .

Yolandie ·

Ongelukkig Cyril glo ons jou nie meer nie. Te veel mooi broodjies bak en beloftes maak wat tot niks gekom het nie. Om nie eers van die korrupsie en vermorsing van belastinggeld te praat nie. Al wat ons nou voor kan bid is dat die ANC se bewind tot ‘n einde kom terwyl daar nog iets is wat gered kan word. Die pandemie het julle bloot gestel aan alle Suid-Afrikaners en ek hoop en bid hulle sal van hulle hoor by die stembusse….kom stemdag.

Johann ·

Whahahahhaaaaaa… Nee wat oom Rampapoza, jyt heeltemal.te veel tyd en DATA om te mors. Die een na die ander kamptige insig oor werks etiek en standaarde maar die realiteit is: “your people” met die lekker meljins en meljons pay poste, werk teen n negatiewe kurwe as dit by WERK kom. Absurd dat jy dink iemamd glo n woord wat jy kwyt raak?

AndréF ·

‘n goeie plek om te begin is by Bheki Cele, NDZ, Magashule, die lys gaan aan en aan ????

Porseleintjie ·

Beroep in die staatsdiens moet gesien word sê hy. Wat van hersien word eerder. Staatsdiens is 1% werk en 100% korrupsie. Kom op grondvlak cyril en haal jou oogklappe af. Kom kyk hoe pateties die staatsdiens is. Na 26 jaar het ‘n diens wat eens ‘n voorreg was, ‘n skande geword. Karakter is nie die kriteria daar nie. Nee jou vlak van korrupsie is. Gee jy nou die eerste tree in die regte rigting cyril en bedank.

LANA is ELANè ·

Werk asb eerstens aan hulle kommunikasie met die publiek want daar is geen maar geen toeganklikheid van staatsdiensamptenare met die publiek nie. Hulle is bot, ongeskik en baie onbehulpsaam terwyl hulle baiekeer meer aandag aan hul selfone gee, as om diens aan die publiek te lewer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.