Tekstielwerker se arm beland in masjien

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Fabriekswerker is Woensdag in Hammersdale in Durban beseer toe sy arm in ʼn industriële tekstielmasjien beland het.

“Die man het ernstige beserings aan sy arm opgedoen,” het Robert Mckenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, in ʼn verklaring gesê. “Die man se hand het glo onder een van die masjien se rollers beland.”

Die man se kollegas het hom reeds uit die masjien se kloue bevry toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Mckenzie het maatskappye versoek om die veiligheid van hul werknemers as ʼn hoë prioriteit te beskou en soortgelyke ongelukke te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.