Telefoonbieër koop Kyalami

Kyalami. Foto: High Street Auction Co/Facebook

Kyalami. Foto: High Street Auction Co/Facebook

Die Kyalami-renbaan is Donderdag op ‘n veiling in Hyde Park, Johannesburg verkoop.

‘n Telefoonbieër het die renbaan vir R205 miljoen opgeraap. Die veiling het slegs sowat een minuut en 50 sekondes geduur.

Daar is intussen bevestig dat Porsche SA die renbaan gekoop het. Bieërs moes ‘n R4 miljoen registrasiefooi betaal om aan die veiling te kon deelneem. Daar is gerugte dat die sakeman Richard Branson ook een van die bieërs was.

Daar was ‘n tasbare gevoel van afwagting in die stampvolsaal voor die veiling begin het. Daar was ook telefoonbieërs van ander provinsies en die buiteland.

Die plaas Bothasfontein, beter bekend as Kyalami, is ‘n 72 hektaar eiendom in Midrand.

High Street Auction Co, die afslaers, het vroeër gesê dit is Suid-Afrika se eerste renbaan-veiling.

Lance Chalwin, die maatskappy se besturende direkteur, het verlede Donderdag gesê die veiling gaan voort nadat daar ‘n hofaansoek was om dit te keer.

Elf applikante het aangevoer dat hulle sekere regte op die eiendom het. Die hof het egter gelas dat die veilig voort kan gaan.

Die hof het wel ’n hersiene reserweprys van R200 miljoen gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Griet ·

“South Africa’s world-famous Kyalami race track is safe in the hands of motorsport’s new hero. The racetrack has been sold at auction for R205-million to Porsche South Africa MD Toby Venter.”

Aldus News 24.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.