Teleurstelling oor AngloGold Ashanti se aankondiging

AngloGold Ashanti se Mponeng-myn. Foto: JMK/Wikimedia Commons

AngloGold Ashanti se aankondiging dat hy oorweeg om sy Mponeng-goudmyn, sy enigste oorblywende myn in Suid-Afrika, te verkoop, is volgens Solidariteit teleurstellend.

AngloGold Ashanti het Donderdag aangekondig dat hy met ʼn proses begin het om verkoopsopsies vir sy oorblywende Suid-Afrikaanse bates te hersien.

Volgens die maatskappy glo hy Mponeng, die diepste goudmyn in die wêreld, sal nog vir die volgende agt jaar goud kan lewer, maar ʼn beduidende kapitale belegging sal nodig wees om sy leeftyd langer as dit te verleng.

Die vakbond Solidariteit het in reaksie hierop gesê die aankondiging kom nie as ʼn verrassing nie. Die vakbond meen egter dat dit nogtans teleurstellend is dat dié maatskappy beter groeigeleenthede buite Suid-Afrika geïdentifiseer het.

“Dié aankondiging bring nie net werksekuriteit in die gedrang nie, maar gaan geweldige onsekerheid onder die werknemers teweegbring. Dit gaan ʼn direkte uitwerking op die moreel van die werknemers hê,” het Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, gesê.

Volgens Du Plessis het AngloGold Ashanti die afgelope paar jaar reeds sy bedrywighede in Suid-Afrika drasties begin afskaal, maar die maatskappy word steeds geken aan die verantwoordelike wyse waarop hy soortgelyke prosesse bestuur, asook aan die hoë standaarde wat hy in arbeidsverhoudinge daarstel.

Du Plessis sê voorts Solidariteit hoop dat dié oorweging van die moontlike verkoopproses op ʼn verantwoordelike wyse sal geskied en dat dit ʼn voorwaarde van die transaksie sal wees dat die nuwe eienaar alle betrokke AngloGold Ashanti-werkers op dieselfde diensvoorwaardes oorneem en dat dieselfde arbeidsverhoudinge en veiligheidstandaarde steeds gehandhaaf sal word, indien dit sou realiseer.

“Dit beteken dat die volgende eienaar ʼn bewese rekord sal moet hê en oor die kundigheid en kapitaal sal moet beskik om die myn vir sy orige leeftyd van potensieel 37 of meer jaar suksesvol te bestuur,” het Du Plessis gesê.

Du Plessis wys daarop dat AngloGold Ashanti se uitvoerende hoof, Kelvin Dushnisky, die oorweging om die mynbedrywighede te verkoop, deeglik aan die vakbonde verduidelik het. Solidariteit sal ten nouste met die maatskappy saamwerk om te verseker dat Suid-Afrikaanse mynboukundigheid nie in die proses verlore gaan nie en die dienste van mynbouspesialiste, wat tans by die maatskappy se hoofkantoor in diens is, behoue bly, indien AngloGold Ashanti besluit om voort te gaan met die verkoopproses.

“Solidariteit sal deurentyd op die hoogte bly van sake, dit fyn dophou en indien ons lede se belange nie in die proses beskerm word nie, sal ons vir seker by die mededingingstribunaal beswaar daarteen maak,” het Du Plessis dit saamgevat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johanna Botha ·

Met al die beleidsonsekerheid en stakings wat kan mens verwag …..presies dit ! Wie het nou lus om so te sukkel …maar die unies staak en demand tot hy in die grond is …en wie wen ? Dalk kan die unies die myn koop en verder werk verskaf aan sy lede ????

Chinese plan ·

Die mynonluste is beplan sodat Chinese kopers die myne teen n lae prys kan oorkoop. Chinese werkers sal meestal aangestel word.

Marika ·

Daar gaan binnekort geen myne in Suid Afrika wees nie. Soveel het al net toe gemaak. Vakbonde en alewige maandelange stakings mergel die myne uit. Ek blameer glad nie die eienaars dat hulle wil verkoop en gee pad nie. Die Land is besig om met rasseskrede ten gronde te gaan, en niemand gee meer om nie. Kyk hoe lyk die Stede en dorpe! Vuil, gevaarlik en bankrot! Ek is verbaas dat hier hoegenaamd nog buitelandse besighede is. Net soos almal destyds ge-geepad het as gevolg van sanksies, gee hulle nou weer pad as gevolg van die swak, korupte Regering waarvoor die meerderheid steeds stem!

MCS ·

Wel Sout 32 ontrek hul ook uit die steenkool bedryf. Oorsese beleggers het genoeg gehad van die gemors wat in die land aangaan. Die Unies is ook ‘n groot probleem wat beleggers wegdryf.

De Villiers ·

Die ‘moraal’ van die werknemers is laag, nie die ‘moreel’ nie.

Ekke ·

Met die swak bestuur wat Mponeng die laaste paar jaar gehad het asook hulle swakker vermoë om hulle projekte te lewer is ek glad nie verbaas nie. Gooi BEE en Employment Equity in die mandjie en ons begrawe maar die diepste myn in die diepste gat in die wereld.

Heksie ·

Beleggers begin al seder 2015 om hul te onttrek uit die land, wie kan hul blameer?
En nou met die verkiesing wat weer ‘n gemors is met die anc wat weer aan bewind gaan wees, kan dinge nie verbeter nie en meer mense gaan die land verlaat en meer buitelandse beleggers hul geld onttrek.

Db ·

En so gaan alle oorsese beleggers uit die land hardloop want hierdie wesens hier kan nie dink nie en wil nie werk nie. Dit is net demand en nog demand in hulle verstand in. Stem dat hulle wonderlike unies maar die plekke moet oorkoop sodat dit heeltemal in die grond gekry kan word

Elna ·

Daar is dit nou! So gaan RSA verder sink met die regerende party aan bewind. Rus in vrede RSA. Alles gaan nog duurder word en dit gaan nog moeiliker wees om te oorleef.

Joe ·

Hey staak nog ‘n bietjie. Miskien maak hulle nog vinniger toe

IK ·

Ek stem saam, hierdie is ‘n gulde geleentheid vir die vakbonde om die myn te koop. Sodoende kan aan ‘n eie galg gebou word soos verkies.

GM ·

Dis ‘n uitstekende idee, Johanna. Dalk gaan die werkers se oë dan ‘n bietjie oop oor hoe hul deur die meeste van die unies misbruik word.

Karlie ·

Dit is nou ‘n geleentheid vir Andile en Malema om die myn oor te neem en te wys hoe moet daar gemyn word, met al die geld wat hulle daar gaan maak kan hulle dan al die myne ook koop en sie daar al die land se probleme is opgelos.

Pieter du plessis ·

Anglo is seker maar besig om al sy belange in die piesang republiek te verkoop ,dit maak seker maar sin as mens kyk na die land se vryval die afgelope jare en nou lyk dit asof die anc verder gaan regeer.

arthur v vuuren ·

Die “BELEGGERS” het al die rykdom oor die laaste eeu geplunder en versuim om hul myngrond te rehabiliteer. Noudat daar min goud en ander edelmetale oor is, wurm hulle hulself uit hul wetlike verpligtinge, ten koste van getroue werknemers…… dis ook reeds te laat om hulle tot verantwoording te roep, want hul geld en bates is lankal landuit! Nasionaliseer liewer die bietjie wat oor is….

John ·

miskien moet unies hand in eie boesem steek. Eise en nogmaals eise lè maatskappye lam. Niemand mag ook ooit afgedank word nie al is hy die grootste lamsak. Ondankbaarheid oor die feit dat hul ‘n inkomste het, terwyl baie ander mense arm en werkloos is, is ‘n groot probleem. En baie van die werkers kom uit ander lande maar soek hul menseregte plaaslik. Baie van die uitlandse werkers het 2 huise en meer beeste as die uniebase self.

fred ·

lae produktiviteit,stakings,te strenge wette ,BEE vereistes,die swaard van nasionalisering ,hoë investerings….ens…..die tyd van grootskaalse myne is vir Suid-Afrika verby…

Eben ·

Daar bestaan geen redes meer oor hoekom maatskappye nog in SA belê. Die onluste en agresiewe unies maak dit onmootlik om ‘n toekoms in die land te bewerkstellig.

Anglo Ashanti sal ook binnekort sy noteering oo die JSE opgee en London of New York toe skuif. Ons land het te veel probleme en sal nooit genoeg kapitaal kan trek om groei te bewerkstellig nie. Ons het ‘n Margerate Thatcher nodig in SA.

Boerboel ·

Duitsland het reeds aangekondig dat hulle nie in SA sal bele nie. BEE moet afgeskaf word ek ook die militante unies. Ek dink daar is baie goed wat hierdie mense nou afskrik. Verkoop eerder nou as wat jy met probleme sit. Die EFF se dreigemente on grond te vat. Eskom ens maak hierdie belegers bang ek dit plaas geen vetroue in die ANC regering.

BBA ·

Korrek Eben. Net vir die rekord. Anglogold Ashanti is reeds op die NYSE genoteer.

marous ·

Vlug is altyd ‘n goeie ding ….as jy betyds begin . Niks anders as dit nie .

Veronica ·

Tereg sê hulle dié besluit is nie n verrassing nie … ons het geweet dit kom!
Redes en oorsake spruit uit n aantal faktore die laaste 25jaar.
Wat hartseer en n ramp is is die toekoms van die werknemers!
Daar was tye wat n werk in die Myne groot voordele gebring het alhoewel die werkers wat eintlik die werk verrig het n skandelike salaris getrek het teenoor Skofbase en Mynkapteine en GM’s se buitensporige inkomstes en byvoordele….
Wat bly nou oor , die diepste Myn in die suidelike halfrond wat nog 8jaar kan myn?
Dis hartseer …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.