Teleurstelling oor regering vasklou aan ‘e-tol-mislukking’

Argieffoto van ‘n betoging teen die e-tolstelsel. (Foto: Twitter/@ANCJHB)

Die Organisation Undoing Tax Abuse, oftewel Outa, sê hy is verbysterd oor die minister van finansies se vasberadenheid om vas te klou aan die mite dat die e-tolstelsel ʼn doeltreffende finansiële gebruiker-betaal-oplossing is.

“Die tolhekke gaan dalk bly, maar nie die e-tol-invorderings nie,” het Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van Outa, gesê.

Tito Mboweni het Woensdag in sy mediumtermynbegrotingsrede gesê die gewraakte e-tol-projek sal voortgaan en gebruikers gaan verantwoordelik gehou word vir die koste. Betaling gaan ook voortaan sterker afgedwing en gereguleer word.

Net nagenoeg 20% van gebruikers vereffen hul e-tolrekeninge. Uitstaande skuld aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) beloop nagenoeg R11 miljard.

Duvenage het gesê dit is onverstaanbaar dat die regering klou aan ʼn stelsel wat wêreldwyd as van die duurste beskou word, vrot is van bewerings van korrupsie en waarvan die wins ʼn buitelandse maatskappy verryk.

Die minister in die presidensie, Jackson Mthembu, gaan na verwagting later vandag by die ná-kabinetsvergadering meer inligting oor die besluit bekend maak. Die minister van vervoer, Fikile Mbalula, gaan na verwagting daarna ook ʼn aankondiging doen.

“As die onlangse opmerkings deur verskillende ministers ʼn aanduiding is, verwag ons allermins dat hy die stelsel gaan skrap. Dít, al het die burgerlike samelewing en sakeondernemings in bykans alle vergaderings met die regering gevra dat die stelsel laat vaar word.”

Outa sê egter hy gaan ook nie nou bes gee nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het Mbalula, Mboweni en David Makhura, die Gautengse premier, vroeër vanjaar beveel om met ʼn oplossing vir die e-tolstelsel vorendag te kom.

Hulle moes al sowat twee maande gelede terugvoer hieroor gegee het.

Die minister van finansies, Tito Mboweni, tydens Woensdag se mediumtermynbegrotingstoespraak. (Foto: GCIS)

Duvenage het gesê hulle verwag dat die regering wanbetalers nou op die een of ander manier gaan probeer aanspoor om te betaal. “Outa meen dit gaan ʼn groot fout wees, veral omdat die burgerlike samelewing en sakeondernemings reeds die stelsel veroordeel het en veel eerder ʼn doeltreffende finansieringsmodel sou wou sien wat in bestaande wetgewing ingesluit word.”

Die VF Plus het intussen gesê die regering hou Suid-Afrikaners steeds in die duister oor wat presies sy planne met die stelsel is, met die enigste versekering dat maatreëls verskerp gaan word om agterstallige e-tol-skuld in te vorder.

“Die ANC skep sodoende groot verwarring oor die aangeleentheid en is besig om kiesers te mislei. Die laaste aankondiging oor e-tol was van premier David Makhura wat aangedui het dat e-tol afgeskaf sou word,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-leier in Gauteng, gesê.

Alberts sê in sy toespraak Woensdag het Mboweni van sy oorspronklike, geskrewe toespraak afgewyk en gesê Mbalula sal later ʼn aankondiging oor die aangeleentheid maak.

“Dit maak dit duidelik dat die ANC nog geen finale besluit oor e-tol geneem het nie. Oënskynlik wil die ANC e-tol behou, maar hy ervaar groot druk van die publiek om dit af te skaf. Sou die ANC wel e-tol behou, sal dié party finaal inplof in Gauteng. Die VF Plus bly intussen steeds daartoe verbind om e-tol te beveg totdat dit finaal afgeskaf word,” het Alberts gesê.

Die ANC in Gauteng het in reaksie gesê hy verwelkom die feit dat die kabinet, ná verskeie opsies oorweeg is om die dooiepunt rakende die e-tolstelsel te besleg, hom verbind het tot ʼn aangepaste plan.

(Foto: City Press)

“Die ANC in Gauteng bly verbind tot die vind van alternatiewe maniere om padinfrastruktuur te finansier op ʼn manier wat inwoners van die provinsie nie oorlaai nie.”

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het gesê hy is teleurgesteld in die aankondiging dat “e-tol hier is om te bly”.

“Ons vind dit moeilik om te glo, gegrond op voorleggings aan die regering, dat enigiemand behalwe Sanral die behoud van die huidige stelsel voorgestaan het. Ons het data wat wys dat gebruikers gaan aanhou om nie te betaal nie en dat die stelsel gedoem is tot mislukking as dit in sy huidige formaat behou gaan word,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

Volgens die AA is die huidige voldoeningskoers hopeloos te laag vir enige kans op sukses. “Toe ons met die minister van vervoer in Augustus byeengekom het, het ons gesê dat geen dreigemente van regstappe of stroop om die mond wanbetalers van plan gaan laat verander nie. Motoriste het genoeg gehad en dis vir hulle moeilik genoeg om hul boeke te laat klop.

“Die behoud van die huidige stelsel is na ons mening die verkeerde opsie.”

Die AA sê hy voorspel dat die meeste motoriste enige verduideliking oor hoekom die stelsel behou moet word, weer gaan verwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Estelle Gerber ·

Dit is n beginsel saak by my om nie e-tol te betaal nie. Solank as wat die busse en taxis nie hoef tolgeld betaal nie sal ek ook nie betaal nie.

corrupte etoll ·

Solank die busse en taxis nie etoll betaal nie sal ek ook nie.

Kan iemand asb vir my se.. met ons brandstof wat ons ingooi is daar nnseker bedrag vir ‘road maintenance’ waar kan ek n opbreek van dienpetrol prys kry om te sien hoeveel betaal ek alreeds vir die maintenance van die pad

wilma ·

Ek wens daar wil nou finaal besluit word wat met e-tol gaan gebeur en dit dan met onmiddellike effek implementeer. Ek is een van die 20% wat van dag een af betaal het en nog steeds betaal. As daar betaal moet word, sal al die agterstallige gelde verhaal moet word en indien dit afgeskaf word, sal dit niks minder as reg wees dat die betalendes al hulle geld plus rente terugkry nie. Die aangeleentheid sloer nou al hoe lank en wanneer gaan dit nou ‘n einde kry?

Griet ·

Wanneer gaan dit einde kry? Moenie jou asem ophou nie, die pret gaan nou eers begin…..!!

Arak ·

Jammer Wilma, maar as mens kyk na die regering se vorige oplossings soos die dat almal se krag duurder is om vir Soweto te betaal glo ek hulle gaan dieselfde taktiek volg. Die mense wat tans betaal se rekeninge gaan drasties vermeerder. Sterkte…

Judge Dredd ·

So jy stamp jou kop nogsteeds elke maand?
Wanneer gaan jy leer?

WitBlits ·

“Tough luck” Wilma!
Jy gaan nie jou betalings terug kry nie!
Die basiese beginsel van enige eknomiese transaksie sal geld -“gewillige verkoper en gewillige verkoper”. Toe jy geregistreer het vir ‘n “etag” het jy jouself as ‘n gewillige koper verklaar en SANRAL was die gewillige verkoper om jou betalings te aanvaar.
Spyt kom te laat en moenie nou suur druiwe hê omdat jy nie die *guts” gehad het om van die begin af NEE te sê nie.

Snowflake ·

Hello Wilma…. was mos JOU keuse …:: stem saam , vorder Soweto se agterstallige skulde!!! Maar anc sal nie roer aan hulle nie…. hush, hash…. hulle sal kwaad word

Eerlik ·

Ek stel voor om eers te bepaal wie almal vir reik is met E Tol. Die regerings amtenare wat in is met die E Tol sal als doen om die stelsil in werking te bring. Hul is in skuld met geld voor skieters.

Dries ·

Hoekom e-tol uitsonder om betaal te word?
Daar is baie ander instansies wat ook ni betaal word ni…

Alta ·

Dis n wonder dat DA en Zille nie weer die skuld kry vir alles nie………

Marlene ·

Die Etoll is op ons afgedwing. Geen gewone belastingbetaler kan voortbly met die betaling daarvan nie. Dis geweldig duur. Hoe moet mens by die werk kom om jou brood en botter te verdien. Hulle belas ons op alles en hopeloos te veel. Mense raak moedeloos. Die in die hogere kringe voel dit nie eens in hul sakke nie. Mense moet net aanhou om nie te betaal nie sodat die stelsel vou. En Outa ondersteun

P J Fourie ·

Miskien kan dit lei tot die finale strooi waar belasting betalers besluit om glad nie meer belasting aan die ANC regering te betaal nie! Hulle ondersteuners kan maar betaal.

Leon ·

Hulle skuld Oostenryk te veel geld. Hulle kan nog nie bekostig om die koste te bataal nie. Hulle betaal nog af aan die rente.

Jaco ·

Wilma…dis oor mense soos JY…dat hulle nog n “hoop” het…nou soek jy nou geld terug? Grap van die jaar.

Betaal ·

Ek stem 100% saam met jou Nico.

As jy die pad wil ry, betaal die E-Toll. Hugenote Tonnel in die WesKaap vra al vir jare tol en almal betaal dit sommer om dit te bekla. As jy nie wil betaal nie, is jy welkom om oor die berg te ry.

Wicus ·

Die Hugenote tonnel het ‘n tolhek, nie tolpunte elke paar km nie. Nie heeltemal dieselfde nie…

KrokodilBotha ·

Gauteng is nie die Kaap nie?! Jy praat van een tol, Gauteng het baie tolhekke. Suid Afrika bestaan nie net uit die wes kaap nie.

Alex ·

Die verskil is dat ons vir dieselfde paaie waar voorheen geen tol was nie, nou wel tol moet betaal. Hulle het ‘n ekstra baan bygesit – hoekom tol hulle dan nie net die een baan nie?

Dirk ·

Ons betaal al reeds deur brandstof heffings en blasting van plus 35% op nuwe voertuie ens. Maar belasting geld word gebruik om SAL met biljoene te subsidieer.

Nee ·

Jy verstaan glad nie!! Ons het ook Tolhekke wasrdeur ons daagliks ry ons betaal dit. ETol is elektroniese hekke elke paar kilometer. Kan n mastskappy tot R70 000 kos per maand. Jy betaal reeds die tolhek vir instandhouding die elektroniese hekke is om die rowers se sakke te vul. Ek weier!!!

EKKE ·

Ek stem saam met Wilma. Ons is ook van die “min” wat wel betaal vir E-tol.

Judge Dredd ·

…..ek sou dit nie so adverteer aan almal as ek jy was…..

Mense kan nou sien wie is die ………….

Anoniem ·

Sorry ek sal nie betaal nie. Het nie ge vra daar voor nie. Finish en klaar.

Cherokee ·

Het jy gevra vir inkomstebelastingwet? Betaal jy dit? Het jy gevra vir koopbelasting? Betaal jy dit? Het jy gevra vir al die heffings op petrol? Betaal jy dit? Julle praat agtermekaar aan met ‘sal nie betaal nie want nie gevra daarvoor nie’ maar intussen betaal julle ‘n magdom heffings waarvoor ook nie gevra is nie. Gebruik dus ‘n meer sinvolle teenargument.

Koos de Meyer. ·

Ons betaal alreeds vir tolhekke op ons hoofweë. Waar gaan ons lisensie geld en heffings heen. Almal ry op ons Gauteng paaie. Ons mede lands burgers betaal nie, dit sluit Taxi’s en busses in. Ek sal nie betaal nie. Jy kan nie sekondêre paaie gebruik nie want baie is onbegaanbaar.

Werner ·

Ek dink ons land is by bankrot verby as die regering terug draai na e tol nadat hulle gesê het hul gaan dit skrap

Gansie ·

Ek betaal 2 tolhekke om van my huis af werk toe en terug te ry wat R30 per dag is, dan is daar 3 oorhoofse etoll hekke ook. My finansies laat net nie meer al die goed toe nie. Die Minister van Finansies wat niks van die goed betaal nie (ons belastinggeld betaal alles vir hom), in sy R100 per maand huis bly en lekker lewe besluit ons MOET dit betaal. Ons kry nie jou salaris en voordele nie Meneer Finansie, so sterkte!!!!!

Anoniem ·

As spoorvervoer nie jare gelede is sy maai vernietig is nie, kon baie goedere vandag nog per spoor vervoer word. As gevolg van die spoorweë se ondergang tot basies niks, word besighede verplig om goedere padlangs te vervoer. Ja daar is baie meer motors op die paaie, maar ek dink die swaargelaaide trokke berokken meer skade aan die paaie.

AJ. ·

Wag maar . Kom ons kyk wat gaan gebeur as Fikile sy plan deurgevoer het aangaande die punte stelsel. Hierdie twee stelsels is n` vangplek van die regering om ons te dwing om te betaal. Anders gaan jy punte verloor as jy nie die tolgelde betaal nie en moontlik jou rybewys ook. Al wat gaan gebeur as jy nie betaal nie, gaan hulle jou motor se lisensie skyfie terughou, en sodoende jou dwing om jou uitstaande gelde te betaal.

Jerry B ·

Mense is jare gelede, in die vorige era, aangehits met massa optrede teen die regerinde party. Nou wil die nuwe regering daaroor kla maar hulle het dit oor hulle self gebring. So deal with it.

anton ·

En hoe gaan hulle my dwing om te betaal deur my lisensie skyfie terug te hou?
Hulle kan dit maar doen en ek sal nogsteeds my motor ry!!!
En boete vir dit sal ek my ook aan afvee!!!

Wessel ·

Hulle kan hierdie e-tol kameras gebruik om spoedvrate vas te vat. Ek is seker dat hulle baie meer uit spoedboetes sal maak as om e-tol tariewe te hef.

Leon ·

Ag toggie ou Fikile, wys vir ons een afdeling waar jy al iets reg kon kry! Van sport tot SAMD was die maar een groot grap. (SAMD = SA Monitor Diens)

Johanna Botha ·

Tipies anc …..alles dui op n flop maar nogsteen stoom die anc voort ….dis hoekom die land op sy knee is ….masr nee ons leer nie …ons soek n IMF lening !

Petro ·

Jammer ek sal niks betaal tot die taxis en al daai klomp in kabinet betaal. Ons het nue gevra vir dit nie.

Hennie ·

Dis my wit ancestors se pad daai, ek wil hulle nie ongelukkig maak nie. Hulle het dit vir my gelos om te gebruik. So ek kan nie betaal nie. Sorry!

ANONIEM ·

Hoekom moet ek tolgeld betaal.Trokke en busse wat die paaie die meeste vernietig hoef nie te betaal ni,asook TAXIS en ander profinsies se motors hoef nie tol geld te betaal nie.Dit is baie onregverdig teenoor ons Gautengers . Dan moet ons maar almal ons voertuie in ander profinsies gaan regestreer

Anoniem ·

Kry asb jou feite reg. Trokke en busse betaal wel tolgeld, so ook ander provinsies se motors.

Jan ·

Sal e-toll betaal as die regering bewys kan veskaf hoe die belasting gehef op petrol vir instandhouding van paaie aan gewend word.

Tenis Teenskop ·

Ek skryf maar elke keer
” RETURN TO SENDER ”
op die e-tol koevertjie, dan gooi ek hom maar net weer in die groot rooi posbus op die kafee se stoep as ek daar verby loop…so hou ek die administratiewe siklus van werk-skepping vir SANRAL aan die gang……..julle is welkom.

Anoniem ·

Wat gaan hulle maak as ek nie betaal nie? Hulle reik nie meer jou voertuig se lisensie uit nie. So what Ek betaal my lisensie maar ry nog steeds my voertuig sonder om lisensie skyf te vertoon. Next. Hulle reik nie meer n bestuurs lisensie uit nie . So what. Daar is duisende wat ry sonder of met n vervalste lisensie. Ek het my lisensie al meer as 45 jaar dus gaan ek aanhou ry met hom of sonder hom. Gaan hy my in die trunk gooi. Owee daar gaan nog geld uit die staatskas want nou gaan hulle honderde tronke moet bou om die duisende te onderhou. Lekker ne gratis water,kos,dstv en ander aktiwiteite net omdat hulle e-tol nie wil tot niet verklaar. Dus mr mboweni start building prisons and buy plenty food as you will need it for all the e-toll prisoners.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.